Woesterse humor tussen lyne

Gaweline: oeee ek was gisteraand uitgedraai soos 'n zol

Lorraine: Oink! Nou is ek weer so gelukkig soos 'n vark in Ploemfotein!

Piet Magriet: My bankbestuurder kruip op sy knieë voor my: Ag asseblief Mevrou, kan u nie asseblief net een ou betalingkie maak nie! Asseblief! En hy kruip SY knieë deur. Ha-haa!

Naas: My bankbestuurder sê nou die dag ek kan maar sit. Nee wat, sê ek, ek is gemaklik so op my knieë.

Moenie lat iemand dit hoor nie maar daar was 'n tyd wat ek ook my lyf probeer verkoop het. Dit hettie gewerk nie, ek moes inbetaal.

Ek is mos maar 'n depressiewe optimis en dink partykeer terug aan die goeie ou dae toe daar nog 'n noorderlig geskyn het, voor aardverwarming. (onthou selfs nog my laaste gesprekke in die hospitaal voor die dooie see sy laaste asem gelaat het.) En dan vat die verlang my aan die keel.

Soms is die ou grootsmurf so skerp soos 'n spelonkwindjie. Jy weet mos daai windjie wat uit die suide waai en deur man se broek gaan sonder om 'n gaatjie te los.

Hulle sê as jy 'n strooitjie in 'n hond se skzouz druk kan hy nie kompressie opbou om te blaf nie want sy wind gaan agter uit. Nou as ek diep maagdelik lag knyp ek alle uitgange toe en lag met ALLES wat ek het.

Gat-tussen-die-knieë se i-pod/telefoon het ook 'n draad... na sy ore waar daar ekstra niks is.

Ons het 'n persiese mat gehad. Ek wonder wat daarvan geword het want as ek op hom kon sit sou ek ook seker Persiese kwatryne kon skrywe. En as ek nou nog 'n persiese pen gehad het... en 'n persiese kat. Oeee! 'n persiese kat.

Ek hoor dan die persiese katte vry net in kwatryne

My mond water die kole dood

Nou pomp my hart sjampyn en my ogies swem vol goudvissies lat die rooi op my se wangetjies skyn.

Moet ok weer my toonnaels nuwe dulux oprol.

Ns. En my oortjies gloei asof iemand hul nounet gedraai het.

Ek hoor die Sa Posdiens het eers laasweek Paulus se briewe aan die Phillipense afgelewer.

Ek verpes Vrydagge. Hulle is hopeloos te naby aan Maandagge

Ek het in my testament geskryf as ek my laaste asem blaas moet hulle my in my bed los, die buurman se hond sal my die volgende oggend wakker kry.

Mens gooi mossie rooi koeldrank en dan steek jy jou talente onner die vaatjie weg nie. Jy moes die bure se reaksie sien. Hulle was so opgewonde ek het vanmore twee paar nuwe skoene en ons hoef vir twee maande nie weer tamaties te koop nie. (As my vrou die lees bel sy die AA)

The Gucci Handbags are the

The Gucci Handbags are the one of the most popular and luxury brand watches,although the gucci company are famous with their Gucci Handbags On Sale.Surely the gucci items are expensive ,you can just buy them from a
Gucci Outlet shop if you don't have enough money.