Vuur en vlam
Van vlamme blus, dié ken ek…maar ook net teoreties. Sien, ek het die kennis al by menigte opleidings ontvang en herontvang, met komplimente van die maatskappy vir wie ek werk. Maar in 2010 het dit verander. Die gebeurtenis lui as volg:
By die opleidingsfasilitiet aangekom, word almal in ‘n klaskamer geplaas en na elke bywoner om die beurt hulself bekend gestel het, begin die kursus (Ja, dit is nogal soos ‘alcoholics anonymous’ want jy moet jou hele ‘pedigree’ daar uiter: “Hello, my name is… and I’m here to become a twenty five hour bar one man, or an Archer’s aqua guy – something for the ladies”) Dis maar nog nes ek dit onthou van my vorige sessies, met verduidelikings en sketse wat verskeie scenarios met hitsige situasies voorstel. Die hele ding speel rustig af en ek voel heel beïndruk met myself wat alles nog so fluks onthou van die vorige, eenderse kursusse.
Namate ons die einde van die langdurige teorie bereik, sien ek uit daarna om uiteindelik huis toe te gaan. Die fasiliteerder laat almal ‘n vlugtige toets skryf en daarna mag jy die klas verlaat. Ek stap heel in my noppies uit, wetende dat ek die ding met vlieënde vaandels gaan slaag. Maar nes ek my weg na buite baan word ek voorgekeer deur een van die instrukteure en word vertel dat ek vir die res moet wag. “Julle moet nog die prakties doen boet” Wat?! Prakties?! Hoe meen die man dan nou? Hierdie opleiding wyk af van die voriges! Gaan ek ‘n vuur moet blus? Ek staan verstar en wonder of die man ‘n grap maak, maar hy hou vol met dieselfde storie nes die volgende kalant uit die klaskamer tree. Nee wag, skrap die Bar One idee, ek is van nature eerder ‘n bangjan, en glo vir my ou maat, dis hoekom ek nog asem trek. Ek’s g’n waaghals nie.
Nadat almal klaar is moet elkeen ‘n brandweer uitrusting beklee, kompleet met helm en stewels. Ek kies een van die broeke, maar die ding lyk soos ‘granny pants’ omdat hy so wyd trek. Nou moet ek wat ‘n brandmaer knaap is in die wye broekspype klim. Boonop het dit nog sulke vreemde kruisband bedrywe wat oor die skouers haak, seker sodat die valskerm-broek nie per ongeluk afkruip terwyl jy staan en vlamme trotseer nie. Ek voel verdwerg en effe verneder met die uitrusting, maar sien dat die ander lede ook maar lekker sukkel. Dis soos om ‘n span dwergies in Donna Claire uitrustings te sien verdrink, en ek grinnik so onder die helm vir die boksemdais.
Soos dit maar die Suid-Afrika van hede betaam, is die meerderheid bywoners maar van die donkerder garde, en ek word in ‘n span ingedeel waarvan ek die enigste afrikaner is. Ek is voorwaar ‘n spatsel melk in die koffie-groepie en staan uit soos ‘n seer duim want ek’s lank en blank.
Ons eerste taak is om in die rookhuis te gaan en ‘n voëlverskrikker uit te dra. Die meneer weeg ongeveer 60kg en stel ‘n slagoffer voor. Maar voordat ons die oefening uitvoer, word allerlei faktore van ‘n egte brandende huis en rook aan ons verduidelik. Alles word gedek - van rookvergiftiging tot die beperk daarvan deur laag te hou. Die rook wat in die hutjie ingeblaas word is van dieselfde aard as wat in teaters en skool konserte gebruik word. Ons word in spanne van drie ingejaag en sodra die deur agter jou toegemaak word is dit stik donker. Ek is in die middel van ons groep se driemanskap en juis daarom lyk ons nogal soos ‘n Oreo beskuitjie terwyl ons in die hut ingebondel word. O my genade, ek word soos salm gerook en die dik mis koek om die Oreo trio.
Daar is menigte hindernisse en jy moet letterlik kruip om deur die goed te wurm. Ek sukkel ‘n entjie en voel-voel in die donker vir beide my pad, en die arme streepsak in nood, maar kort voor lank klem iets aan my voet vas en verstyf die greep. Dis een van my mede vuurvegters en ek laat weet met ‘n luidrugtige, “Laat los man, ek’s nie die ‘dummy’ nie!” Maar die man steur hom min aan my gegrom en druk my hele kuit area naderhand styf vas, so asof hy gevoeligheid in die donker vir my been begin kry. Die romanse is van korte duur want ek skop toe met die eindste kameelperd poot, en ek hoor ‘n snak en die klank van die vlam-veg-stewels teen sy helm - “Doemm! Dwaff!” Ja-nee, ek speel die ou se kop soos ‘n drom en oomblikke later is my been weer eksklusief myne. Ek’s vry, dankie tog, hy’t verseker besef die voëlverskrikker is uiters begeesterd met die geskoppery. Hy’t seker maar na ‘n meer gewillige en heelwat rustiger slagoffer gaan soek om te red.
Einde ten laaste kry ek die uitgang en sukkel lomperig uit die gebou. Ek sien toe dat held nommer een van ons span reeds die sak uitgedra het en wonder toe of die ou agter my nog aan’t soek is. Die minute tik verby en die maarskalk skree ongeduldig in die rigting van die donker pondok: “You are dead man! The fire got you a long time ago, come, come, come!” Ons verkyk ons aan die toneel maar nommer drie kom nie uit nie. Die deure word oopgeruk en die maarskalk storm vererg binne. Oomblikke later kom hy uitgestrompel met die knaap en vir ‘n oomblik dog ek nommer drie het gebrand, maar besef dis maar net sy gelaat wat my flous, want daar was mos nie eens ‘n regte vuur nie. Sjoe, wat wou gerookte salm, die maat is nou meer iets soos ‘n bokkom – so styf en op ‘n knop getrek. Die maarskalk lê die ou op die gras neer en ons kyk hoe snik en hyg nommer drie na asem, terwyl sy oë soos nickerballs in ‘n tuimeldroër rond woel . O jinne, het ek die man so hard geskop dat hy nou epileptiese aanvalle kry? Of dalk ‘n beroerte? Harsingskudde?! Ek gaan verseker aan die pen ry! Dit gaan lyk na ‘n rasse-aanval! Hoe dan anders? Geen getuies so in die donker nie! My gedagtegang gaan op loop en ek sien al die vangwa wat my gaan wegneem tjoekie toe, en dit oor ek my been van betasting wou bevry. Maar die maarskalk draai sy kop effe skuins soos hy die ou bekyk en hy lyk erg geirriteerd. “Hey! I told you before we started this exercise that you can’t get smoke poisoning! This isn’t real smoke man!” Wil jy nou meer, die marmite-monster dink wrintiewaar hy’t rookvergifting opgedoen en uit paniek het hy aan my vasgegryp en gehoop ek gaan hom uitsleep. Ag dankie tog, my tronk vonnis is vir eers opsy geskuif en die trauma slagoffer word summier weggewys. G’n wonder die tokkelos spook so by die mense nie, hulle glo enige blerrie ding.
Die volgende taak vereis die gebruik van droë poeier brandblussers en die brandslang. (Is daar dan iets anders as droë poeier? As dit nat is reken ek kry jy deeg, of dalk is my wetenskap effe verwrong?) Almal staan in rye en ‘n vuur wat op water dans is die volgende struikelblok. Ek onthou die lesse en hulle dien my goed. Eers toets jy die blusser deur die pyp opwaarts te hou en die handvatsel te druk. Sodra die poeier dan spuit, kan jy sommer die windrigting ook bepaal. Nog ‘n spanmaat hardloop om sy heldedaad uit te rig, en gryp die blusser, waarna hy haas na die vuur. Die maarskalk wuif woes met sy arms en skree kliphard in ‘n donderende stem: “Test it first!” Die ou skrik groot, sit die silinder neer en druk aan die handvatsel. ‘Pssssshhht!’ spuit die uitlaat pyp en so ‘n wit streep vlek oor die grond. “Hey! The air is in the sky, think man! What did I tell you?!” Die arme man is so gedisoriënteerd en pluk die pyp opwaarts, dan druk hy weer teen die klep en daar spuit die poeier in ‘n stroom teen sy helm op. Meer as die helfte van sy skerm is toe gepoeier en dit lyk of hy sy kop in ‘n sak meel gedoop het. Ek is histeries van die lag en vergaap my aan die somer sneeuman. Skielik kry hy ‘n reeks tikke van ons instrukteur se stewige wysvinger teen sy helm en met dié kry hy darem weer gesien. “Huh!? What did I tell you, huh!? Go snowflake, people are burning dammit!” Die ou bestorm die vuur en spuit verbete op een plek, dan keer hy terug soos ‘n geplukte hoender, al skuddend. Ek het mooi geleer in beide die klas en die ander se foute, en het ‘n goeie sessie vlamme vegtery agter die blad met blusser en brandslang.
“Right, now for some serious firefighting” Magtag, waarvan praat die man, ek dog dan ons was op ‘n vlak van erns sedert ons begin het. “This here is Fatboy” sê hy en wys na ‘n kontrepsie wat lyk na ‘n geiser. Maar die ding is heelwat groter met sulke uitlaatkleppe wat hom nogal na iets van die buitenste ruim laat lyk. ‘Fatboy’ word vol vegvliegtuig brandstof gemaak en kan ontploffings simuleer en intense vlamme blaas. Ons word in groepe gedeel en moet met ‘n egte brandslang (Die dik tipes aan brandweerwaens) die volgende taak aanpak. Vyf-vyf moet ‘n pyp beman en ek beland heel voor. Ek hou die ding vas en nes ‘Fatboy’ vlam vat word ons water oopgedraai. Die pyp ruk in my hande en die ou agter my moet my stut, want vet weet ek stoei om die water kobra in toom te hou.
Kyk, ek haal my hoed af vir brandweermanne. Die hitte is onbeskryflik en dit slaan selfs deur die helm. Teen hierdie trant gaan ek verseker die tweede Gauteng bokkom van die dag wees. Ek spuit na ‘Fatboy’ en die dik straal water sny deur die lekkende vlamme, maar ou pokkels is soos ‘n tamaai reus met sooibrand, en sy aanslag verskerp met ‘n gesis van woedende vlamme. Ons sukkel nader en piets hom verder met fonteine, maar nes ons dink hy bedaar, vlam die reeks pype op wat uit hom spruit, en soos ‘Guy Fawkes’ skiet daar helder vlamme uit die gedoente, gevolg deur ‘n hengse ontploffing. Dis so oorweldigend, dat die fors daarvan my laat terugsteier. “Haibo!”, kom dit luidrugtig van die ou agter my en hy los die pyp en laat spaander na die skuiling van verafgeleë bome toe. Blerrie bang gat! Nou gaan ek op peetjie kry, verseker! My stutman is skoonveld en duik in die tuin rond soos Dingaan wat hael patrone probeer ontduik. Die pyp woel in my hande rond en al wat ek poog is om dit vas te hou, want kyk, hy gooi my rond hoor. Die instrukteur skree na my: “Good job! You are covering the entire fire!” Jinne meneer, eintlik lei die pyp homself want ek sukkel om dit stil te hou, en die aerobics klas knaag aan die maer armpies, maar ek kan nie eens skree om hulp nie, soveel inspanning kos die anakonda temmery. Genadiglik kom die oorlog tot bedaring en ek word verlos van die riller en die water word afgesluit. Glo vir my, daarna was ek pê, en ek strompel lendelam na die grasperk met bewende bene en my asem jaag asof ek sopas langafstande teen Chuck Norris aangedurf het. Hande word geklap en almal wat nie gevlug het nie word as edele ridders toegejuig.
My sertifikaat is bewyse van my bravade en dit verstryk darem eers volgende jaar. Maar ek wonder… Gaan daar weer van my verwag word om die nagmerrie deur te staan? Miskien speel gesondheid ietwat van ‘n rol en sal my hart se welstand oorweeg word. Nugter weet wat niggie gaan kwytraak as ek ‘n klont deur die pomp skiet, want my eetgewoontes is klaarblyklik ‘n saak van erns. So 'n frats sal eerder aan cholesterol toegeskryf word as angs.
Ek sidder maar nog ter nagedagtenis aan ‘Fatboy’, maar vir tyd en wyl sê daai stukkie papier dat ek tans ‘n volwaardige vlamvegter is.
Baie sal wonder: Is dit dan nou 'cool'? - Verseker nie, maar kom ek sê vir jou, dis blerrie 'hot'!
coach factory outlet
He is the oldest of the group and takes it upon himself to motivate his fellow Survivors. coach factory online facial features are portrayed by Darnell Rice and he is voiced by Chad Coleman.coach factory outlet has a big heart and a healthy appetite, and a wicked swing with a chainsaw. After a knee injury ended his career as a defensive lineman in college, Coach salvaged his Physical Education degree(barely)and landed a job teaching health at the local high school in his hometown of Savannah.coach factory online outlet are the representative of fashion,creative innovation,high quality,reliability and truly to provide for the distinctive American style.
louis vuitton
any louis vuitton outlet New backpack features usa a function grownup overall look. Varied piece allows that it is captivated me within the approve and also further than your body.All the LV items at the louis vuitton online shop can satisfy you needs. What you need to do is to visit it immediately,and get the products that you long for back to your home.The first inspiration for louis vuitton online shop came from the simple beauty and rugged duralility of a classic American baseball glove.
coach outlet store
If you have been to the mall lately and browsed coach outlet you may find that a high price tag goes along with just about everything in the mall.Appearance fashion, confidence and a perfect coach handbags, you must spend some time and effort to find a division has total choose what you like to for export various kinds of coach outlet store.Our Coach backpack from coach outlet online can make you elegant.The feel is luxurious, the look is stunning. The Coach backpack has enough space to carry many necessities such as umbrella, books and clothes.
coach factory outlet online
Coach is a leading American designer and maker of luxury lifestyle handbags and accessories.There is no doubt that here coach factory outlet is the exact place you should visit.Look at this golden Coach bag in the? coach factory outlet online.Those new bags with classic and fashionable design are more and more popular now!If you choose not to spend the weekend wandering about to find the handbag you really like, here are the right places for you, the coach factory online outlet.
christian louboutin uk
Wholesale christian louboutin uk are even provided for VIP members. Haven't got your own christian yet? Why not come to christian louboutin outlet.The newest style of Cheap christian louboutin uk sale, shoes & wallets are supply in christian outlet store online with free and fast shipping, High quality!There's the recent christian louboutin intended for 2011 of our own Louis vuitton outlet store shopping. Most of these bags possess the top quality & lowest cost!
Once visit, you will be
Once visit, you will be unable to restrain loving it. Warmly welcome all of you to the Summer Sales Promotion on coach factory outlet.coach factory outlet online is a fashion brand to ensure its quality. With designer coach shoulder bags, you will always attract people's attention. The bags will emphasize your personal style and taste.coach factory outlet store generally variety within the buying price of $120.00 in order to $450.00, however they perform possess little purses as well as scarfs which are below $100.00.
louis vuitton outlet
LV bags in the louis vuitton outlet are a feminine update on an urban classic. With plenty of room for all of your essentials this covetable carryall will take you through the weekend in style.Currently there is an immense kind of demand of the greatest looking louis vuitton bags. Therefore, if you are looking for unique kinds of purses cost effectively from louis vuitton outlet usa, we can surely do your job perfectly.louis vuitton usa are simple, cheap and quick start guide to help you choose, useful for many people. More and more beautiful handbags attract many people who pick up LV Handbags from our online shop.
louis vuitton outlet
LV bags in the louis vuitton outlet are a feminine update on an urban classic. With plenty of room for all of your essentials this covetable carryall will take you through the weekend in style.Currently there is an immense kind of demand of the greatest looking louis vuitton bags. Therefore, if you are looking for unique kinds of purses cost effectively from louis vuitton outlet usa, we can surely do your job perfectly.louis vuitton usa are simple, cheap and quick start guide to help you choose, useful for many people. More and more beautiful handbags attract many people who pick up LV Handbags from our online shop.
coach outlet online
The Coach bag is from the latest release of Coach Bags. Its crisp, scribble material, leather handle, perfectly complements the relaxed shape of this stylish pouch. All the items of coach outlet online Store fit all of your essentials and more.Most significantly, the coach designer purses of coach factory online industry won't deteriorate your individual fashions at all. Rather they would immediately change your overall looks marvelously.Brand new bags of this season are sold on the coach online outlet online. They are made from the hottest new Coach Poppy fabric. Great looking silver and red graffiti really stands out against the black fabric.
louis vuitton uk
You'll get full refund when the items at the
beats by dre
are not available in stock. High safety and prompt delivery is guaranteed. That experts claimdr dre beats
shopping is in the changes they are available in, which can make it well suited for benefit from to be a'luggage'bag. This pair of rhodium-platedralph lauren uk
Earrings form elegant semi-circles with a dangling element embellished in clear crystal pave. Wear them with your everyday outfit to add a touch of eye-catching elegance.coach outlet
has a zippered closure and buckles for extra security. Shiny brass hardware, rounded leather handle, and an interior pocket. It also includes a limited edition Hawaii luggage tag and lock.coach outlet online
is surprisingly patient with Ellis'naive ways and defends him whenever Nick is negative or sarcastic toward him. Both are also native Georgians, which could contribute to their friendliness with each other. if your dream is to look like a million bucks for a mere several dollars, then ourcoach outlet
store is the Jiminy Cricket of your existence. The latest fashion collection contains those bags suitable to be worn in both casual and formal environment. We provide the best qualitylouis vuitton uk
with the most reasonable price we can offer as you see in our online store. They're not chosen, so one of these ideal for you. For more flexibleness a lot more like these, there are lots of discountlouis vuitton uk
.cheap auto insurance in nj
I am often considering this kind of issue. May take a note of that. It's only things i was looking for. cheap auto insurance in nj
progressive price comparison
Valuable info ..I'm willing to look at this report..thanks for offering us this particular useful information. Great walk-through. We understand why submit. progressive price comparison
auto insurance cheapest ny
It appears just like you happen to be creating troubles your self by simply trying to remedy this matter rather than looking at why his or her is an issue to begin with. auto insurance cheapest ny
coach outlet
coach outlet online
coach outlet
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach factory outlet
coach outlet
coach outlet store online
louis vuitton sale
louis vuitton outlet
coach factory outlet
coach factory online
coach factory outlet
coach factory outlet online
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach outlet
coach outlet store
coach outlet store online
coach bags
coach outlet store
coach outlet
coach outlet store online
hermes birkin
hermes bags
gucci uk
gucci uk sale
louis vuitton outlet
louis vuitton bags
Nice show to have it bay
Nice show to have it
bay area rhinoplasty