voorweek

Die tyd net voordat jy begin werk op 'n Maandag staan as die "voorweek" bekend.

Dit is natuurlik voor jou werksweek begin. Dit is ook dan die ideale tyd om vergete telefoonoproepe, fakse, emails/vonkposse ('n e-pos is 'n verhalende gedig!) en dies meer skielik te onthou.

Navorsing het aangetoon dat (as mense hierdie frase gebruik, beteken dit eintlik "ek weet nie, maar niemand sal die navorsing betwyfel nie"!) die wete van 'n naweek wat voorlê direk eweredig is aan die mate van die vergeet van administratiewe take.

En dit bring my op 'n denkende noot (nood?) uit by die groot vraag in my voorweek: gaan hierdie week regtig anders wees?
Gaan ek weer om en om hardloop en dan in die naweek herstel? Gaan ek weer in die aand gaan lê en wonder wat van die dag geword het?

Of bly ek maar net vasgevang in hierdie stotterende realiteit?

Soveel retoriek.

Mag die doodgewone my ontwyk hierdie week, en tog naby wees.