Hierdie skryfvorm is presies wat dit sê, daar is 'n verskuilde titel tussen die saamgestelde verse en elke leser sal/kan self kies watter woord(e) hy/sy sou gebruik as die titel. Ek het my keuse gemaak (vetgedrukte woorde) Besluit nou self hoe jou titels vir elke gedig sou lyk :)
Meraai vannie baai
Vasgevang in die hel
van 'n woord-tronk
knaag die wipplanksiekte
as 'n gediagnoseerde woordkwaal
aan my hongersnood
van kreatiewe denke
Om my siel se hals
skitter die woordpêrels
in hulle afwesigheid
lê my hande
ink-loos-bevlek
onwillig ...
Smagtend na die baringspyn
as 'n aanduiding
van 'n woordgeboorte
steun ek swaar met wolke-knieë
op die krukke
van woer-woer-gedagtes
© Meraai vannie baai
*Met dank aan al die woordbouers
Piet Magriet
Soms het 'n mens skille oor jou oë.
Dinge gebeur reg onder jou neus
en jy is salig onbewus daarvan.
Jy leef binne in jou eie sfeer,
maar net 'n tree van jou af,
agter die glasskuifdeur,
is daar 'n ander wêreld.
~~~~~~
Ek jubbel! Ek leef my uit! Ek is sooooo gelukkig!
Ek is 'n mens mens en mense doen dit vir my!
Vergete is alle eensaamheid, alle alleenheid,
ons kekkel en ons praat, ons hou konsert op straat! .
Gee vir my mense, gee vir my geselskap!
Ek sal blom Blommie!
Wanneer ek myself alleen bevind,
eensaam en sonder mense om my,
dit is dan wat ek verlep,van dors inkrimp,
wil vergaan van eensaamheid
Gee vir my mense, gee vir my geselskap!
Ek sal blom Blommie!
~~~~~~~~
Dit was net so voor skemer toe die groot druppels begin val
Die wolkie het van die verkeerde kant af bekruip.
Die son het nog geskyn. Jakkals trou met wolf se vrou.
Wens ek kon daardie uurtjie steel om die voëls
se uitbundige kerkkoorkwetter met julle te deel.
Vanoggend is daar genoeg dou om die lewe se lied
knus om my hart te vou en die woorde borrel uit my uit;
EK IS LIEF VIR JOU!!!
~~~~~~~~
Nou waaroor wil jy skuldig voel?
Ek sou sê jy moet drankbaar wees!
Skink hom tot by die rim
en lê met jou lip teen die tuit,
alles wat oorloop
vang jy op!
~~~~~~~~~
Naas ... ek onthou nog laas
toe ons jou vyf vloere moes afdra
want die hysbak se deur was toe.
Toe ons onder kom staan die deur oop!
Een van ons kon maar net gou afgedraf het
en daar ingeklim het, opgery het en jou gaan haal het.
Eish!
Maar die oulikste was daai "flap-flap" geluid
soos jou bas elke keer op die trap geland het,
en die klik-klak soos jou elmboë
teen die muur gestamp het.
Tog kan jy nie kla nie, ons het dit darem beter gesoen!
~~~~~~~~~~
Verskuilde Titel Verse van Michelize
soos Fransi se skulpdiertjies
kruip ons in allerhande vermommings
tussen die rotse weg
net om hier en daar
met 'n lang tentakeltjie
voel-voel perongeluk
aan mekaar te raak
en dan skrik ons
ons alies in 'n
kreukeltjie in!
~~~~~~~~~
Dis die lekker van skryf.
Om jou hart te kan leeg skryf
sodat die hartseer op die papier lê
en nie so kwaai op die linker ventrikel
hoef te druk nie...
~~~~~~
Verskuilde Titel Verse van Johanna
ek word elke maandeinde karsiek,
as ek my kar se paaiement moet betaal.
as daardie kar klaar betaal is
gaan ek 'n boom koop.
Maar nou wonder ek oor die boom
want gisteraand toe sê Renier vir my
'n boom is iets wat jare op een plek bly staan
en dan skielik op 'n dag voor 'n voertuig inspring!
~~~~~~~~~~
PM ek sien jou met mob in die hand
en hoor die kiehaaaaaaaai en dan
sien ek Raaitjie met die katel
en voel amper lus om vir haar
die woorde in te vul
oor die (six love)
Wonder ek sommer nou hier by myself
of daai katel soos krieket werk.
Ses punte vir die bal wat trek
verby die kante.
~~~~~~
Verskuilde Titel Verse van Trapsoetjie
Ai sal ek dit ooit regkry om te spel.
Ag wat so is ek maar, totaal deurmekaar
en verwar, soms vang ek ook 'n puntjie
ander keer verloor ek die hele draad!
~~~~~~~~

Dior Sunglasses is so
Dior Sunglasses is so beatiful that i am going to buy 3 pairs for this summer , but i find a online website who are selling Cheap Dior Sunglasses ,that will save a lot of money to buy them. and the online store is selling the Gucci Sunglasses too , many i will buy one for my wife.