Vanuit ons Verskombuis

Meraai vannie baai:
Ek dek vir ons 'n plek
in my verskombuis;
kom-proe-saam-poësie
- Bon Appetit -
©

Piet Magriet (PM):
Kolwyntjie
As geluk meel was,
'n glimlaggie - bakpoeier,
Vertroue - eiers
& liefde - suiker...
Was jy 'n besonderse heerlike kolwyntjie.

Hannes sê ook hy is nou so lus vir sooibrand, hy eet sommer 'n kolwyntjie!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Naas:
Meraai.
"As dierbaar 'n glas was,
'n glimlag, ys
liefde, brandewyn
en bedagsaamheid, Coke.
Dan was jy een moerse lekker dop!
En ek,
dan was ek permanent getwarra."
©

Gietertjie
......op my grafsteen....

Hier lê Gieterjie
eienaar van een pot
en tot die dood uitgehonger


VERSKOMBUIS GEDIGGIES

*GEDIGTE GEMERK MET TGG (TOEVALLIG GEVINDE GEDIGTE ALA ONS EIE VERSKUILDE VERSE) IS SAAMGESTEL DEUR 007 - UIT DIE GESELSSIES EN KOMMENTAAR VAN MEDE SKRYWERS EN DIE KOPIEREG BEHOORT NOG AAN DIE OORSPRONKLIKE SKRYWER

Meraai vannie baai:
Bederf-verderf

Hier't jou lekker ding!
Sluip ek vanoggend
deur die forumgang
tot in die verskombuis

Lei my neus my reg
in die verderf in!
Moes ek vinnig plek maak;
vir nog 'n paar
kilogramme!

TGG ©

Bigfoot:
Groentesop en varsgebakte vetkoek
is eintlik ‘n gawe gedagte vir vandag
en pannekoek vir nagereg
is ook ‘n rein gedagte!

TGG ©

Gawelina:
Vandag;
gaan ma,
'n slag kook!

Rys, vleis,
aartappels
en pampoen.

Ek
hoop
ek
kan
nog!

Gewoonlik
eet
ons
bybels:

Elke dag-
die kos -
geoffer sien.

TGG ©

Meraai vannie baai:
Potjiekos:
Potjiekos is nes 'n vrou ...
mens moet baie geduldig wees,
en as jy die pot te warm maak,
kry jy moeilikheid!

As jy te vinnig prut;
trek jy stompies uit!
En as hy te stadig prut;
druk jy die stompies weer in!

'n Pot maak sy eie musiek en ritme ....
en jy moet dit leer ken!

TGG © (Oud Minister Pik Botha se woorde)

Pampoen

Eet
gul
aan
jou
pampoen;
dit
laat
glo
jou
hare
krul
©

***

Piet Magriet:
'n Regte Rissiepit:

Ek eet knoffel
uit selfverdediging!
Jy weet, as ek saam stink;
dan ruik ek nie
die ander se stink!

Ek speel net,
is vreeslik lief vir:
rooipeper,
knoffel,
gemmer,
en kaneel.

Hoe sterker die kos
hoe lekkerder!
Dit is waar ek,
my "gif" vandaan haal:

'n Regte rissiepit!

TGG ©

Lorainne:
Knoffelroomys

Ek is mal oor roomys
en ek is mal oor knoffel.
Maar die twee saam?

Ek sal my kop moet laat lees!
Vir so 'n resep sal 'n mens
jou kop moet krap,
maar ek dink die meeste mense
sal hul koppe skud daarvoor.

En nog 'n klomp
sal dink dat mense
wat knoffelroomys eet
van hul kop af is!

TGG ©

McF:
Knoffel resep wat werk

As jy las het van muskiete
en wil nie gif gebruik
om hulle te spuit nie;
plaas knoffel
in jou kamer
se vensterbank,
en plaas knoffel
onder jou kussing ...
Dit hou die muskiete weg!

As daar een of ander
vreeslike siekte uitbreek:
Kap knoffel fyn.
Maak 'n klein sakkie
van linne.
Plaas die gekapte knoffel daarin
en stik die boonste gedeelte toe.

Laat almal in die huisgesin,
self die werkers;
die sakkie aan die binnekant
(voorkant) van die hemp,
bloes, rok ...
vasteek met 'n speld!

Dit is soort van
'n waarborg -
dat nie een -
sal siek word nie!.

TGG ©

*Knoffel is 'n natuurlike antibiotika en as jy dit inasem en/of sluk sommer 'n knoffelhuise heel in - dien as natuurlike antibiotika!

Piet Magriet:
Knoffel
hou
ook
vampiere
weg!

TGG ©

Meraai vannie baai:
Verskoon die stankie tussen die lyntjies ...
so pas die voordele van knoffel besef
en sommer so vir die wis en onwis
die rottegif eenkant toe geskuif
en paar huisies knoffel afgewurg
saam met skeppie roomys.

Glo uitstekend vir gesonde harte
en help met die probleem
van 'n bedorwe bloedsirkulasie
en voorkoming van klontvorming.

Of die ouens ons belieg
sal ek nie met my hand op my hart
hier kan belowe maar ...
hierdie knofffel-wyshede
kan straks 'n hoofweg
na beter gesondheid,
vir ons almal inhou!

TGG ©

Skoor se drankie

neem 'n mooi lang, seksie glas
met ‘n halwe hand peperment blare uit jou tuin.
Gooi dit onder-in die glas,
en ‘n teelepel suiker op die blare

met die agterkant van ‘n houtlepel;
kielie bietjie die blare met suiker
al in die ribbes, tot hulle geur vrystel.

Gooi ‘n hand-vol ys in die crusher,
en maak geknersde ys.
Gooi jy ‘n skeut vodka op die blare,
en ys tot by die glas se bek.

Gebruik ‘n suurlemoen-basis drankie met gas
Of jy sodastream vir jou soda, en
gooi ‘n skeut suurlemoen sap in die glas,
gevolg deur die soda en roep jou lief nader.

Linnie:
My hanne
is rond vir kosmaak,
maar ek het 'n engel
en haar naam is Aggie

dis net naweke
wat die familie
aan my genade
oorgelaat is

en dan
bedel ek nog saam ook,
net een Mac D's,
die Kolonel,
of plat Italiaanse kaasbrood
asb, asb.

TGG ©

SueEe:
'n Dieët wat werk,
werk soos volg:
Vet:
is die aanpaksels,
van skuldgevoel;
as jy eet,
en geniet.

Dws.

Eet en geniet
sonder skuldgevoel
en geen vetjie,
sal 'n vastrap plekkie kry,
op enige,
van die natuurlike handvatsels;
wat die liggaam besit nie.

So, anyone for seconds?
©

Piet Magriet:
Dankie Soentjie, ek gaan nou daai toebroodjie maak!
Maak nie saak hoeveel chips en mayonaise
Ek daarop gaan plak en of die tamatiesous kante raak
Hoeveel warm rissiesous en hoendervleis
of komkommerskywe en tamatieringe en uie in glip,
ek gaan soveel lae van die lekkerste brood
wat ek myself elke dag misgun en oor skuldig voel, wit
van die sout gooi en dit in die oond in stoot.
Dan gaan jy my sien smul dat die sous orals oor vassit!
©

Lorraine:
Ons het almal ... 'n Kook en Geniet verhouding.
Die mans (my man en seuns) kook -
en ons (ek en skoondogters) geniet!

Darem nie altyd nie ...
maar die manne
in my lewe,
is mal oor kosmaak;
en dit -
pas ons -
soos 'n handskoen!!

Afterall ...
ek het my share -
van kook -
gehad!

TGG ©

bertha badprop:
Dis gewoonlik nie die kosmaak
wat my onderkry nie,
dis daardie skoonmaak
na die tyd ...

TGG ©

Mel:
Ek hou nie baie daarvan nie …
dit is te bleddie eensaam
so alleen ...
in die kombuis.

Ek freak myself
partykeer so bietjie uit:
om dit meer
interesting te maak!

Dan imagine ek:
ek is op 'n cooking show –
en dan kook ek;
'n hond uit 'n bos uit.

Ek het al gewonder
hoe ek moet lyk
as iemand my deur
die kombuisvenster,
moet dophou!

TGG ©

Piet Magriet:
As ek klaar gekook het
is al wat oorbly
om te was;
die borde
en eetgerei!

As Pa -
of die seuns
gekook het,
staan die wasbak;
tot teen die dak,
vol!

Die vloere is besmeer,
die oond is vuil
en die stoofblad ...
lyk te naar!

Ook nie
'n skoon vadoek,
in sig nie!

Eish!!!
Maar -
ek lief hulle!

TGG ©

SueEe:
Ekke kan nie pannekoek bak nie ... maar wel koekies

Suiker strooi, plof-plof botter tot mengsel pof-pof

Meel ingesif, bak ingesit en koek het uitgesit
©

Meraai vannie baai
Kan ek maar 'n koekie kry as dit gaar is Soentjies? As dit harde koekies is gaan ek vir my tweetjies neem en gekookte kondensmelk tussenin smeer of as dit 'n gewone koek is gaan ek met twee van jou snytjies dieselfde doen hie hie:

Suiker strooi, plof-plof botter tot mengsel pof-pof
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Meel ingesif, bak ingesit en koek het uitgesit

DonVincelot
Lekkergoed!

Crave jy vir M&M's & Steri-Stumpies
verlang jy na die gesuig van 'n 'Fling' wat in jou verhemelte vas plak,
'Wilson's toffies' wat jou stopsels onthoof
en
dan die 'Nicker balls' wat sy merk los op sool van jou tong,
hoe sherbert jou vingers vlek en dan 'Lucky packets' met die pienk 'sweeties'

Verlang jy ook na die dae toe lekkers lekker was en nie vet nie….?
©

Meraai vannie baai:
Snik snik Donnie! Nou spel lekker vir my 'n soetverdriet:

Soet
op
die
rooie
lippies;
ewig
om
die
ronne
heupies!
©

***

Naas:
Ek het in een dag van 126 kg aaklige vet ontslae geraak toe ek my seketaresse gefire het ...

so sop vir julle!
©

* TGG (TOEVALLIG- GEVINDE-VERSE): http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=2109.0

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


UIT DIE OSSEWA SE MEDISYNE TROMMEL EN NOU OP DIE VERSKOMBUIS SE 'MIRSYNERAKKIE'

Annie: Nuttige resepte
[uit 'n ou-ou boekie vol mooiste gediggies vir kinders, o ja, en grootmensies ook, hierdie van CW Joubert]

vir hoofpyn
...tinktinkie se bloed en kraai se aptyt,
vier lepels hondeblaf,
jakkals se byt en wolf se huid,
en ystervark se draf

vir tandpyn
'n emmer sonskyn in 'n sak gevang
van leeu se brul sowat
die sleepsel van 'n waterslang
...en die skaduwee van 'n kat.See more

vir koliek
die suikerbossiestroop gekook
met 'n pond verslaande wasem
die maniere van 'n wyfiespook
...en 'n bobbejaan se asem.

vir jig
'n houtkis goed vol met wind
met twee el steenkoolrook
die ouderdom van maer Gert se kind
...met naarheid goed gekook [jiggggggggg, my voeling]

vir omloop
die nuttigheid van 'n panpistool
die snaaksigheid van 'n grap
die hoogvlieg van 'n jakkalsvoël
en die skuinsloop van 'n krap

vir skrik
die helder lig van volle maan
van aasvoëlruik 'n duim
'n bottel kraai van 'n hoenderhaan
en 'n skilpad se versuim

*Hierdie reseppies van C.W Joubert in die uitgawe van 'Ons Klyntji 1897' het later met die soeke na die eerste vermelding, die feite aan die lig gebring dat dit net 'n variant is van Dr April se reseppies ( 14 Junie 1886) – ’n goeie tien jaar voor Ons Klyntji s’n.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

EN VAN ONS EIE FORUMLUISIE Lepinotus Patruelis KOM HIERDIE ENE:
Om jou baard welig te laat groei:

Hou jou stoompot byderhand. Gooi gelyke hoeveelhede knoffel en hoendermis daarin. Voeg uitgebraaide varkvet daarby. Kook totdat dit 'n jel vorm.

Smeer die jel aan jou gesig en moenie dit vir ses maande verwyder nie.

Hierdie raat het twee voordele: Dit laat jou baard welig groei, en dit hou lastige romantiese aandag op 'n afstand.

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Naas My ouma se resep
Droe bestandele:
Boegoe
Anys
katbos
wildeals
*Dassiepis

Alles saam fyngemaak en getrek as kruietee.
Of dit gewerk het weet ek nie maar dit het ons gesond gehou, want ons was banger daarvoor as vir kasterolie.
*Dis 'n kruiebossie wat op die koppies groei waar die dassies bly.

NOG ENE VAN NAAS:
My ou vetplantjie het nou net huis toe gekom. Hier is haar Hoesmedisyne en ek WEET dit werk.

Ugh... Ughu ughu ughu.

1 pot heuning (350ml)
Glisserien (100ml)
Lennon se borsdruppels (100ml)
Suurlemoensap na smaak om die soet smaak minder te maak

Sien julle, my hoes is weg!

O ja! Julle kan die heuning by my bestel vir R5 'n pot. Ek kan egter eers oor sewe maande aflewer want ek het net een by. Sorry

~~~~~~~~~~~~~~~~

Mevrou Varkie (Lorraine)het hierdie kostelike rate raakgelees:
BAKGAT BOERERATE

*Doring - As 'n doring in jou voet steek en dit breek af, krap 'n bietjie geel was uit jou oor en sit op die doring, Draai toe met 'n lap en die volgende dag sal die was die doring uitgetrek het.

*Dowighyd - 'n Mens sny 'n hasi oop en druk die water uit di blaas in 'n flessi en dan 2 maal per dag 2 druppels in die oor te doen, en 'n pluisi fan di hasiwater in di oor steek en gedurig nat maak.

*Dronkenskap (genees van) - Gooi ongemerk 'n bietjie perdesweet in die drank.

*Ekseem: Sit elke dag twee rooibosteesakkies in die badwater.

*Ferstopping (Constipation)Rou uie fyngesny, en met semels deurmakaar in 'n pan lou gemaak en op di buik gesit.'n Onfeilbaar middel: maak pille fan kasteroli en heuning, sit in fondament, maak di pil soos 'n rooi boontji.

*Fyt - Maak 'n pap vam knoffel of perdemis en sit op vinger.

*Gewig verloor - Trek wilgerboomtoppe se blare soos tee, drink 'n koppievol drie keer per dag.
As jy fan 'n giftige ding gebyt is Geef di lyder in: soet melk, olie, wilde dagga gekook, wyn en rou yers deur makaar geklits, goud gefyl en ingegé, menswater (urine) met asyn, boegoe brandewyn, 'n ou deurgerookte pypkop fyn gemaak ingegé.

*Hande/voeteroom Gebruik goeie ou speensalf, verkrygbaar by enige ko-operasie. Baie goedkoper en beter as vandag se fensie duur rome.

*Vir 'n "sonstreep" in die hare. In plaas van die gebruik van jel en haarsprei, gebruik op 'n warm dag suurlemoensap op nat hare, en laat dit droog. Na 'n paar gebruike en buite in die son sal jy "natuurlike" sonstrepe he wat HOU en HOU!

*Heeshyd - As iemand hees is, neem 'n telepel rou heuning, 'n lepel gestampte tésuiker, 'n telepel gestampte gemmer, dri lepels boegoe brandewyn, dit deurmakaar gemeng en dikwils gebruik.

*Hik - Rook hoendervere.

Meraai vannie baai Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir vergryping of misbruik van onderstaande rate ens. LOL!

Beroerte:

Di sike mag dagga laat rook, en as hy ni self kan rook ni, dan kan 'n ander di rook in zijn mond inblaas tot syn tong los gaan, dan kan hy self rook.

--------------------------------------------------------------------------------

Vir bloedklonte:
'n KLEIN bietjie cinnamon in warm water elke dag werk wonders. Cinnamon is soos die natuur se disprin. Dit verdun die bloed.

--------------------------------------------------------------------------------

Vir hoë bloeddruk:
Die asyn sous van gebottelde beet werk wonders! So lepel elke dag

Maag (Swakke)
1 bottel jenewer, 1 lepel rubarber daarin, drie maal per dag te drink, na di ete.

Draag 'n sakki wilde als op di maag : is dit droog, neem dan weer farse, hou daarmé an tot dat naderhand al wat jy eet of drink bitter smaak, dan sal di maag wel hersteld wees

Maagseer wat bloei.
Neem 30 Viooltjieblare (Violets) - die soort wat in die tuin groei, nie African Violets nie, kook op in 'n pint (450ml) water vir 30 minute. Dreineer en laat afkoel - hou in yskas, en drink 2 eetlepelsvol elke oggend.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Koekemakranka
Goed vir die kranke
Vleibrand
Voël Fisant…

Hierdie is blykbaar een van die rympies wat die oumense gebruik het om die boererate meer toe(gif)geeflik te maak vir die pasient
Die Hollandse setlaars het geglo dat die vrugte voordelig vir jou maag was. Hulle het koekemakranka-vrugte by brandewyn gevoeg en dit gebruik as lekker medisyne wat hulle “koekemakrankabrandewyn” genoem het.

Piet Magriet
Witgatwortel,
"gaat" my maat
is boereraat,
hulle het dit weer
by die Khoi geleer.

Dit is waar "broodboom" sy naam vandaan gekry het. Hulle het die vrug daarvan gemaal vir meel.

Koekemakranka en patattaranka? Ek sal moet gaan soekka my dolla. Ek sal van daai medisyne hou!

Naas
"Wanneer kasterolie praat
is daar storms my maat.
In die emmer,
ja, in die emmer."
©

Psoriase en ekseem
Neem ‘n klein botteltjie petroleumjellie (Vaseline), gooi vier koevertjies Grandpa-pynpoeier daarby en meng goed. Dra sommer die botteltjie by jou en smeer aan die geaffekteerde plekke elke keer as jy daaraan dink.

Vir ekseem help ‘n koppie varkvet met een eetlepel blomswael gemeng. Smeer gereeld aan die plekke wat deur ekseem geaffekteer is. Blomswael is verkrygbaar by die apteek.

Voete wat brand en bene wat pyn
Neem 500ml brandspiritus, krummel vier blokkies kamfer daarin. Kamfer is verkrygbaar van die apteek. Skud die mengsel goed en wend dan met ‘n stukkie watte aan die voete of bene aan. Vir die voete begin bokant die enkel en vryf AF nooit op en af nie, die oumense glo dan vryf jy die siekte deurmekaar! Dieselfde geld vir die bene, begin bokant die knie en vryf af.

Jig (‘gout’) en gewrigsontsteking (‘arthritis’)
Neem een liter water, sny een kilogram knoffel op en voeg dit by die water. Die knoffel moet liefs gesny word met ‘n messie en nie deur ‘n knoffelpers (‘garlic crusher’) verwerk word nie. Kook die mengsel vir 30 minute op ‘n matige hitte en haal dan van die stoof af. Gooi 250 gram heuning en een liter suikerriet spiritus (‘cane spirit’) in die warm water.

Dit is belangrik dat die ‘cane’ in die warm water gegooi word sodat die alkohol kan verdamp. Laat die mengsel afkoel en gooi dit dan deur ‘n siffie in ‘n glasbottel en hou die bottel in die yskas. Neem ‘n kelkie (Engelse ‘tot’) drie keer per dag. Gebruik die bottel totdat dit klaar is, wag sewe dae en maak dan nog ‘n bottel aan. Alhoewel u heelwat beter mag voel ná sowat drie bottels, moet mens ses tot agt bottels van hierdie mengsel gebruik vir regtig goeie resultate.

Slegte bloedsomloop
Neem een teelepel rooipeper, gooi dit onder in die skoen, trek ‘n sokkie aan die voet en loop dan die hele dag met die rooipeper onder in die skoen. Dis belangrik om nie met kaal voete op die rooipeper te loop nie.

Hoë bloeddruk Rooipeper kan ook gebruik word vir hoë bloeddruk. Dis belangrik om kennis te neem dat mense met die O-bloedgroep rooipeper met welslae kan gebruik en dat mense van ander bloedgroepe versigtig moet wees. ‘n Mespunt rooipeper, drie keer per dag ná etes, kan geneem word om hoë bloeddruk aan te spreek.

TOE DRA PIET MAGRIET VIR ONS AL HIERDIE WONDERLIKE RAAT AAN VIR SWAK HARTE.
007 IS ALTE DRANKBAAR!!

HART...Gooi kookwater op ‘n handvol lemoenblare en trek soos tee.
Drink 3 maal per dag ‘n kelkievol.

HART…1 boddeltje bruin dulsies…1 wit dulsies..1 rooi laventel..1 versterk
druppels…1 hofmans druppels…1 balsem vitoe. Gooi alles deur mekaar…
neem een teelepel vol met water die more en die aant. Die aant Ek kan my net die reuk alleen voorstel.

HART…As jy hartkwale het, meng die volgende alles saam en neem een
eetlepelvol drie maal per dag. 1 Bottel kookwater…500g heuning…1
botteltjie Lennon versterkdruppels…1 botteltjie Lennon wit dulsies…1
botteltjie Lennon wonderkroon essens…1 botteltjie pepperment druppels

HART…As jy pyn op die hart ondervind moet jy 2 dessertlepels suiker …
en 1 dessertlepel fyn gemmer meng en dit droog op die tong sit en
wegsluk met water. Moet net nie 'n asemteug vat nie, dit is gevaarlik met so 'n bekvol

HART…Braai 1 eetlepel gestampte..droë lemoenskil en 1 eetlepel
koljander in ‘n droë pan tot bruin. Gooi in bak en voeg by 1 eetlepel wit
peper…1 pond stroop en 3 XXX peppermente wat fyngemaak is by.
Meng baie goed en eet so paar keer per dag 1 teelepelvol.

HART…Bring 3 bottels water tot kookpunt en voeg dan 3 pakkies engelse
sout by….laat 10 minute kook en haal dan van stoof af om af te koel.
Voeg nou 1 botteljie peppermentessens by en meng goed. Gooi in in
bottel met prop. Drink ½ kelkievol voor etes 3 maal per dag. Klink of dit ook goed kan werk vir 'n verstopping en vir hoes. Jy sal nie waag om te hoes nie.

HART…Die fernaamste raad is eet saans nooit feul of onverteerbare kos
nie. Le nooit op jou linkersy of op jou rug nie. Verdryf alle
swaarmoedige gedagtes en laat snags ‘n lampie brande. By die aanfal ‘n
pepermint eet of ‘n bietjie suurlemoen sap drink…sal die hartlkoppings
gewoonlik laat ophou. So nie dan kan ‘n kompres met koue water op die
linker bors gelê word.

HART…Dit is baie raadsaam dat mense met hart probleme alle wit suiker
deur heuning vervang

HART…Drink 3 maal per dag ‘n kelkie tiemie wat in kookwater getrek is
soos tee

HART…Gooi ½ koppie suurlemoenbloeisels in 1 bottel brandewyn en laat
goed trek. Drink 1 eetlepelvol 3 maal per dag so ‘n uur voor etes. Dit kan vir my werk, ek sal net die dosis effens verhoog.

HART…Gooi 1 groot eetlepel wit teesuiker in 1 bottel jenewer en skud
goed tot die suiker opgelos het. Drink elke oggend en aand 1 kelkievol. Hoe groot is die kelkie?

HART…Gooi 2 botteltjies geel balsemvita op 1 botteltjie heuning en
meng goed. Drink 1 teelepelvol 3 maal per dag.

HART…Gooi in ‘n bottel die volgende…1 botteltjie versterkdruppels…1
botteltjie intrensdruppels..1 botteltjie wit dulsies en 1 botteltjie rooi
laventel. Skud goed om te meng..en drink 1 teelepelvol op ‘n kelkie water
3 keer per dag. Soos die hart verbeter moet jy die dosis sny na 2 keer
per dag…dan net 1 keer per dag.

HART…Kap 7 neute stukkend en sit in ‘n ½ bottel brandewyn en laat goed
trek. Drink 3 maal per dag 1 eetlepelvol…drink dit skoon…moenie water
byvoeg nie. Ek weet dit sal vir hoofpyn ook werk.

HART…Kook 1 bottel water en laat afkoel en gooi in ‘n glas of erdebak.
Voeg by 1 botteltjie rooi laventel…1 botteltjie wit dulcies…1 botteltjie
versterkdruppels…1 botteltjie wonderkroonessens…1 botteltjie
groenamara en 1 botteltjie hoffmansdruppels. Meng alles goed saam en
gooi in bottel. Skud goed voor gebruik. Drink 3 keer per dag 1
eetlepelvol in ‘n kelkie water. Geen wonder Lennon was 'n skatryk man nie.

HART…Kook 1 koppie melk en voeg by 1 geklitste eier…1 eetlepel
brandewyn en 1 eetlepel suiker. Meng goed en drink op jou nugtermaag.

HART…Kook 1 koppie rou koljander op 1 bottel water tot dit goed getrek
het. Suig deur en gooi in ‘n bottel. Gooi nou 2 botteltjies wit
balsemvita in en skud baie goed om te meng. Drink 3 ker per dag 1
eetlepelvol.

HART…Kook 14 brandnekeltoppe in 2 bottels water tot dit verminder
het na 1 bottel. Laat afkoel en suig deur. Drink 3 keer per dag 1
kelkievol 1 uur voor etes. Brandnekelknoppe???

HART…Kook water en gooi dan 1 bottelvol in ‘n bak en sit by…1 pond
heuning…1 bottel versterkdruppels…1 bottel wit dulcies…1 bottel
peppermentdruppels…1 bottel wonderkroonessens en 3 XXX
peppermente wat fyngemaak is. Meng baie goed en sit in flessies.
Neem 1 desertlepelvol 3 keer per dag.

HART…Laat trek vir 2 dae… 2 onse koljander op 1 bottel
jenewerbrandewyn. Drink op jou nugternaag 1 eetlepelvol.

HART…Maak ‘n pasta van heuning en kaneel….en smeer op brood in plaas
van konfyt of enige ander smeermiddel. Eet dit gereeld elke dag en dit
sal help om te verhoed dat jy hartaanvalle kry…en selfs al het jy al ‘n
hartaanval gehad en die smeer op brood eet elke dag sal dit help om
enige verdere aanvalle te verhoed….en gereelde gebruik verlig die
simptome van asemloosheid en versterk die hart….en hou die are soepel
en sag. Dit help beslis vir spinnekopbyt sere. Probeer dit gerus. Los maar die brood en smeer dit aan die bytplek! Nie eet nie!

HART…Maak 30 XXX pepperment goed fyn en gooi in bottel brandewyn.
Skud goed en laat tot dit pepperment opgelos het. Skud om te meng.
Drink 3 maal daagliks ½ kelkie daarvan.

HART…Meng ½ bottel brandewyn…1 botteltjie rooi laventel…1 botteltjie
jamaikagemmer…1 botteltjie wit dulsies en 1 botteltjie
hoffmansdruppels baie goed. Neem 3 of 4 keer per dag 1 teelepelvol in
‘n klein kelkie louwarm water waarby 1 ½ teelepels suiker…of heuning
gevoeg word.

HART…Meng 1 bottel wit dulcis…1 bottel hoffmans druppels…1 bottel
versterk druppels…1 bottel rooi laventel…1 bottel pyn keller…1 bottel
frans brandewyn of ou wyn. Alles goed gemeng…laat staan ver he week…
en neem dan elke tyd voor maaltyd 2 eetlepel vol.

HART…Meng 1 eetlepel heuning…’n mespunt peper en ‘n mespunt
gemmer. Meng goed en eet 1 teelepelvol 3 maal per dag.

HART…Meng 4 eetlepels baie sterk koffie en 1 eetlepel brandewyn as jy
hartkloppings het…dit sal jou hart dadelik laat bedaar.

HART…Meng saam ½ bottel jenewer…1 eetlepel fyn gekerfde
lemoenblare…1 eetlepel fyne gekerfde tiemieblare en 1 eetlepel
kruisementblare. Laat goed trek en skud die bottel om te meng. Drink
elke oggend op jou nugtermaag 1 eetlepelvol in ‘n koppie kookwater

HART…Meng saam…1/2 bottel franse brandewyn… ½ botteltjie
kajapoetolie…1 botteltjie balsemvita…1 botteltjie wit dulcies….1
botteltjie versterkdruppels…1 botteltjie rooi laventel…1 botteltjie
endresdruppels…1 botteltjie pepementdruppels…en 1 botteltjie
hofmansdruppels. Drink 2 eetlepelsvol 3 keer per dag.

HART…Neem ½ bottel whisky…1 bottel rooi poeier…1 bottel
hoffmannsdruppels…1 bottel versterkdruppels…1 bottel rooi balsemvita…
2 onse sal volatile en 1 eetlepel fyngemaakte…droë nartjieskil…en sit
alles saam in ‘n fles. Kurk toe en laat trek…skud gereeld. Drink 1
telepelvol in ‘n kelkie water 3 maal per dag.

HART…Neem 1 groot eetlepel fyn finkel en sit in bottel brandewyn en
skud …laat dit nou op ‘n warm plek trek…buite in die son…of langs die
stoof trek vir so agt dae. Skud die bottel voor gebruik en drink dan 1
eetlepelvol 3 maal per dag in ‘n kelkie water na etes.

HART…Neem 1 koppie wynruitblare en en sit in ‘n bottel soetwyn en laat
vir 8 dae in die son trek. Drink elke aand 1 kelkievol.
HART…Neem 21 wit pepermente en 2 lepels honing op 1 bottel water en
een wynig rooi lafendel. Goot doormakaar geschut en 3 maal daags een
wynig in neem.

HART…Neem 5 knoffelhuisies en kneus goed. Gooi 1 bottel kookwater
oor en laat trek. Wanneer dit koud is dan suig jy dit deur en drink 3
maal per dag ½ koppie daarvan. Niemand sal jou pla vir die res van die tyd nie.

HART…Neem die bloed van ‘n waterskilpad en laat dit droog word en
maal dit tot ‘n fyn poeier, Sit ‘n klein mespunt van die bloed in ‘n paar
druppels rooilaventel en drink 3 maal per dag daarvan.

HART…Neem nartjieskil en sny stukkend en gooi kookwater oor en trek
goed. Drink 3 maal per dag hiervan so ‘n kelkievol.

HART…Sit ‘n mespunt rooi poeier op die tong en sluk in…herhaal 3 keer
per dag.

HART…Sit kwart pond anyssaad in 1 bottel Old Jamaica Rum en laat trek
vir 48 uur. Syg deur en gooi terug in bottel. Neem 1 eetlepelvol 3 maal
per dag voor etes. Nadat jy 3 bottels van die mengsel opgebruik het sal
jou hart weer reg wees.

HART…Skil ‘n nartjie en haal al die wit vleis af wat tussen die slyfies is
en sny dan die skyfies stukkend en sit in vrugtefles. Gooi daarop 1
bottel jenewer en laat dit ‘n maand lank trek. Drink nou 1 desertlepelvol
voor elke ete.

HART…Skroei 1 groot koppie koljander en maal dit fyn…of rol met ‘n
bottel tot fyn. Gooi kookwater op en laat trek soos tee. Drink elke
oggend op jou nugtermaag ½ koppie van die water.

HART…Sny 8 to 10 nartjies stukkend…met skil en pitte en al en sit in ‘n
glasbak en gooi 1 bottel brandewyn oor. Laat dit vir 7 dae trek in die
son of naby die koolstoof waar hitte is. Suig dan deur ‘n skoon doek en
gooi in ‘n bottel en kurk toe. Drink elke dag…3 maal per dag voor elke
ete 1 wynglasvol. Kry solank nog ‘n bottel gereed…jy moet 3 bottels so
opgebruik en dan is jou hart weer sterk.

HART…Trek 1 eetlepel bitterblare op 3 koppies kookwater …maar nie te
sterk nie…want dis baie bitter. Drink 3 maal per dag hiervan.

HART…Trek 1 koppie wynruit in 1 bottel brandewyn soos tee. Drink elke
aand 1 kelkie hiervan na ete…dis baie goeie raad.

HART…Vir ‘n lekhart….Koop by die apteek sikspens se klipsweet en sny
fyn en gooi in 1 bottel port wyn. Dit moet port wyn wees …nie ander wyn
nie. Skud goed en laat 3 dae trek…maar skud die bottel in die 3 dae ‘n
paar keer per dag. Drink 1 eetlepelvol 3 keer per dag. Die raad is self
wonderlike vir klein kindertjies. 'n sikspens se klipsweet

HART…Vir iemand met ‘n lekhart…skroei 3 eetlepels koljander tot bruin
en gooi in 1 bottel brandewyn en skud goed. Laat trek en neem 3 keer
per dag 1 teelepelvol in ‘n bietjie water. Vir kinders kan jy ½ teelepelvol
in water gee.

HART…Vir water op die hart drink 14 druppels harlemensies en daarna
drink jy elke aand 20 druppels tot daar verbetering is. Verminder die
dosis geleidelik tot jy net 10 druppels drink. Hou so rukkie aan met 10
druppels en verminder dan weer tot jy kan ophou daarmee…moet nie
sommer ophou nie…dit moet geleidelik wees

HART…Werk mosterd in ‘n ou flennielap in en sit op die hart. Dit sal die hart versterk.

NOG ENETJIE VAN ONS OUMA PIETIE (Piet Magriet)
‘n Raad vir growwe hakke en sommer droë vel, is om na jou naaste kooperasie te gaan, en ‘n houertjie MELKSALF/SPEENSALF te koop, en dan ‘n houer Zambuck (Sambok salf) te kry.
Sit altwee houers in die son tot dit maklik sal meng, en gooi die samboksalf by die melksalf, en meng goed deur.
Smeer saans aan as jy uit die bad klim. Moenie jouself beplak nie, ‘n bietjie bring jou ver, maar dit is verseker ‘n wenner.

Naas
Speensalf en perresalf, (altwee ko-operasie aankope) help vir baie dinge.
(Maar nie vir hart probleme nie.)

Piet Magriet
Mens weet nooit, die spene lê darem na aan die hart jongie.

Antjie
Ek gebruik die groen campher (spel?) room....vir alles....sonbrand, *depressie, droe vel, skrape, swellings ...hie, hie, hie...regtig...mal daaroor

*007 vra toe vir Antjie nou HOE werk die groen roompie (wat ons nie plaaslik hier in Gatkantland kan kry nie), dan vir depressie? Hier is haar antwoord:

Meraaitjie (sommer tranerig vir jou part net oor die nostalgie van hierdie roompie), jy vat so twee vet-vingertjies vol, wat jy so om-die-ronte van die houertjie skep.....dan smeer jy so sawwies as moontlik al oor die borsie net so neffens onner jou kennebak.....
Dit laat my voel of iemand my hartjie vrywe....dis bieg sonner lieg !!!

EN TOE ANTWOORD ASPOESTERTJIE SO:
Ek sal maar vir die veeartsie vra of speensalf net so goed werk vir depressie. Ek sien die koeie lyk net so kalm as hulle klaar gemelk is.

Margitte
Ek het een of ander veltoestand op my kop gehad toe ek klein was - hare het op die kol uitgeval en sulke snaakse dik riwwe --jiggie-- witrowe het daar gevorm. Was nie skilfers nie, sê die dokter, eerder een of ander tekort. Hoe ookal, ma het dit weggedokter (na baie gesukkel met ander onsuksesvolle preperate) met kamferroom. Daai groenes, ja. In die winter het kamferroom die skurwe bene, arms, hande en voete ook weggedokter. Ek glo daaraan soos in roomys!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Anselize: Hier volg een van my rate.
KRUISEMENT:
1 koppie gesnyde kruisement
1 Koppie kookwater
Laat trek vir 10 tot 15 minute
Gooi water af en Drink vir die verligting van griep

NOG ENE VAN ANSELIZE
Boereraat vir Kanker.

Eet elke dag 10 appelkoospitte se binneste.

Boereraat vir genees van diabetes

1 teelepel rooi peper elke dag - nie die pille nie die ware jacob.

Blaas en Nierpyp infeksie

Mespunt Koeksoda 3 keer per dag

(hoes - Kasterolie) Ha ha ha

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

vlakvarkie: As iemand `n bles(pankop) het:
Vryf die kopvel in met growwe sout.
Daarna as die kopvel goed ingevryf is smeer jy heuning bo oor
Neem dan `n bakkie water en hou dit sowat `n meter bokant die persoon se kop.
Kry iemand wat jou kan help. Die hare word dors en kom uit na die water toe.
Die persoon wat by jou is moet die hare wat knoop wat uitkom, sodat hulle nie weer
terugtrek nie. Whalla!!! Een van die dae het jy `n weerbarstige kapsel.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

RESEP VIR JALOERSHEID:
Vanuit ’n liedjiesboek van mev. Anna Roos van Louis Trichardt:

Neem die skadu van ’n boom,
Met die lostrek van ’n soom.
Neem die moedswil van ’n muil
Met die nagkreet van ’n uil.
Meng die mengsel deurmekaar
Tot jy voel jy word doodnaar.
Draai ’n nat doek om jou kop,
Gee jouself ’n harde skop.
Gaan dan slaap vir ’n goeie uur
Wat omtrent ’n jaar lank duur.
Help dit nie, sowaar ek sweer
Jy moet wolwegif probeer

~~~~~~~~~~~~~~~~~

KREATIEWE TONG-IN-DIE-KIES RAAD:

*Hoe om 'n sigaret-brandmerk op jou duur mat te herstel
1. Neem 'n suurlemoen en sny dit met 'n mes middeldeur.
2. Druk die sap uit in 'n groot glas wat met helfte jenewer en helfte tonikum gevul is.
3. Voeg ys by.
4. Drink genoeg sulke glase totdat die brandmerk op die mat uit fokus begin lyk.
5. Skuif dan die sitkamerbank oor die merk.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

MEL: Hoe om 20kg in een week af te skud

Maandag:
Ontbyt: Halwe koppie flou tee

Middag: Halwe pruimedant

Aand : 1 Mossieboud (oondgebak)

Dinsdag:
Ontbyt: Gekapte krummels van een roosterbrood

Middag: 1 doughnut gaatjie (sonder suiker)

Aand: Lees 'n resep vir gebraaide kalkoen deur

Woensdag:
Ontbyt: 1 duifeier (gekook)

Middag: 6 papawersaadjies

Aand: Bye knieë in suurlemoensap gemarineer

Donderdag:
Ontbyt: 10 tamatiepitte

Middag: 1 nawel van 'n lemoen

Aand: 3 aartappel-ogies

Vrydag:
Ontbyt: 2 kreefvoelers (suig net)

Middag: 1 gekookte skoenlapperlewer

Aand: Sopaftreksel van 'n jellievisbeen

Saterdag:
Ontbyt: 4 gekapte piesangpitte

Middag: 1 goudvisvin (liggies gekook)

Aand: Geroosterde miggieboud

Sondag:
Ontbyt: Ingelegde suikerbekkietong

Middag: Prima-rib van 'n paddavis

Aand: Geroosterde springkaanboud

Maandag:
Bel vir AVBOB en tref begrafnisreëlings

KOMMENTARE:

bertha badprop nee wat, ek sal hierdie een 'n skip gee...ek is mos nie vet nie...net omring met sagtheid!

antjie Selfs daai honne wat lag as hul moet blaf gaat jou uitspu!! he, he, he

Piet Magriet: Dit is 'n uitstekende resep. Ek sal eers al die bestanddele bymekaar kry voordag ek begin en intussen sal ek vas. Dalk kry ek die ekstra aanhangsels afgeskud. Dankie Mel, ek het al klaar 'n paar afgeskud soos ek gelag

Juenka: Waaa haaa haa. Ek het nou lekker gelag. Nee wat ek is maar eerder tevrede met my groot gat. Lekker stuk sirlion gedrup in mushroom sous is soveel meer werd as 'n lyf wat rubbes wys.

Mel: Ek het nou die dag so half onvroulik 'n proper bar-ete bestel. Rump steak met sunny-side-up eiers en chips. En nie 'n oorgewigflenter gevoel wie my aptyt bevraagteken nie. Die ete was soveel lekkerder en satisfying as weegskaaloê!!!!

vlakvarkie: Ai ek is reeds so mal oor mossieboud!

~~~~~~~~~~~~~~~~

KENNIS EN WYSHEID
Kennis is om te weet 'n tamatie is 'n vrug.
Wysheid is om dit nie in 'n vrugteslaai te
gebruik nie.

Suzwuz
Hiehie dit tel seker nie as bak en brou nie, maar die bestandele kom uit die kombuis uit en ruik jy so effens soos n slaaisousie na die tyd.

Koppie suiker
Koppie olyfolie

Meng en vryf jou lyf daarmee van skouers tot tone (dit is nogal n 'work out') werk dit lekker in sirkelbewegins. Spoel af onder n stort, maar moenie die olie afwas tot die volgende oggend nie (dus doen dit voor slaaptyd).
Herhaal een keer n maand.

Koebaai

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Jeanette:
Al ooit gewonder hoekom Eva die verbode vrugte geëet het????
Dis omdat sy nie `n Vriendin gehad het nie.
As sy `n Vriendin gehad het, het hulle WYN gedrink,
TJOKLITZ geëet en nie met die blêrrie slang gelol nie !!!!

~~~~~~~~~~~~~~~~

HUMORISTIESE BYDRAE AANGESTUUR DEUR CHRISTA VAN NZ
PAPPOT VRIENDIN:
* Het jy ook 'n pappot-vriendin? So 'n lekker, rustige ou maat wat eenkant in jou lewe staan en prut? Jy weet presies wat onder haar deksel aangaan en jy maak nie die pap te dik aan nie.

RYSPOTJIE VRIENDIN:
* Sy is lief vir skinder en jy vertel haar nie jou grootste geheime nie, want nes jy jou rug draai, loop sy oor.

DRUKKOKER VRIENDIN:
* Sy's die bekwame leier wat talle take op haar skouers neem en alles vinniger en beter as ander kan doen. Maar, selfs sy raak soms onder te groot druk en as sy nie dadelik afgekoel word nie, is die skade groot.

DUBBELKASTROL:
* Die afhanklike een wat net kan funksioneer as sy iemand onder haar het wat die stoomwerk verrig.

PAN VRIENDIN:
* Sy is daardie oop, vriendelike mens: verberg niks onder 'n deksel nie en steek 'n lang arm uit om jou te help. Sonder haar is jou kombuis onvolledig en jou siel arm.

Ondanks skete en tekortkominge, het elkeen van jou potjies 'n plekkie op jou rak.

Rina Greeff:
Lamentasie van die huiskok

Skoon borde, leeg geëet:
‘n huiskok wat weereens sweet
oor môre se kook en kosmaak;
idees is weg, …het net opgeraak!

“Eenhonderd-en-een resepte met maalvleis” of
“Vyftig wenresepte met hoender” of
“Dertig baaskok-resepte vir die lui kok” of
“Twintig kits-etes met elk net vier bestanddele” of
“Tien beproefde resepte uit die jare toet” …
Ag, asseblief tog, net EEN uiteet is ook goed!!
©

Rina Greeff:
Roereier

Die eier se wit en se geel
vurk ek vinnig, behendig
heen en weer…,
maar die kleinste, klein stukkie dop
ontglip my meesterlik
keer op keer…:

…hoop maar net dié grrrts se byt
is nie vanoggend in mý ontbyt…!
©

Laurinda Le Roux:
Resep

Die reuk vat my terug
na Ouma se kombuis;
aartappels, vleis, rys en pampoen
Daar was niemand in die wêreld
wat dit presies soos sy kon doen…

Dit gaan nie oor hoeveel sout
of hoe lank jy dit kook
dit gaan nie oor die botter
en of jy dit stook

Die resep loop so:

‘n bietjie liefde
‘n knippie omgee
‘n handvol lag
‘n milliliter traan

Van alles net genoeg
en selfs die sterkste
sal voor die versoeking swoeg!
©

sonja brink:
Bon apetit (vir Ian)

Kyk bietjie op in die hemelblou kom:
blomkoolwolkies en ‘n suurlemoenson

Pluk ‘n vars happie van die reënboog se kleur
dompel dit liggies in vroegreën se geur

Verfris laatmiddag jou moëe pallet
met ‘n pers en oranje sonsak-sorbet

Nagereg bestaan
uit sprinkelsterre en ‘n soet skyfie maan

Vee nou af jou mond en bêre jou servet
dat die kosmoskelners die tafel nuut kan set

By die aardkafee hier onder
kan jy eet en eet en jy bly steeds honger
en jy kan maar opstaan en loop na elke morsige maal
die planeet sal self die rekening betaal
© Kopiereg voorbehou

Tebseil:
Met Komplimente aan die Kok

Skoene uitgeskop! ek is ‘n kok!
gesondheid uit die grond-uit
ure voor die stoof
voel soms afgesloof

is drie uur in die oggend
tuis by die huis
is gedaan, maar maak nie saak
is deel van my bestaan

dank die Vader vir die werk,
is so beperk!
kan sonder dit nie aangaan
vir kokke is daar nie fooitjies
die salaris is nie veel

in die veiligheid van my nessie
kan die fooitjies my nie skeel
die grootste beloning, is die gaste se bekroning!
“met komplimente aan die kok”
Dit gee my weer skop!!
©Tebseil – Oktober 2008

Freek struwig:
Kinderspyse

My ou kleintjie, Knoppie Kop,
eet jou vleis en boontjies op,
ook jou rysies en pampoen,
dan kry jy 'n lekker soen!

Groot en sterk wil Kindjie word,
glad nie maer en ook nie kort,
dan moet jy jou wortels eet,
ook nog kool en lekker beet!

Die spinasie kan jy laat -
dalk doen dit jou baie kwaad!
Eet jou poeding my klein kind,
jy kan nêrens beter vind!!
©

Mostertsaadjie:
Pannekoekweer

Dit reën daar buite en die aarde koel af,
‘n ligte gedruis begin van ver af te werkskaf.
‘n Voëltjie tjirp vrolik hoog in ‘n boom,
die grond word met ‘n silwer waterdoek omsoom.

Groot reëndruppels blink helder op groen blare,
die tuine word gevoed deur dik waterare.
Hier en daar kruip ‘n diertjie beskermend weg,
diè hemelse seën is so welkom, verfrissend, eg.

Soos wat die reën daarbuite strelend neerdaal,
laat ek my gedagtes toe om stil te verdwaal.
Ek herroep herinneringe van knus en warm wees,
die soete geur van pannekoek uit my kindwees.

Ek word oorweldig deur ‘n sterk verlange na kaneel,
na die aroma van tye saam met ‘n gesin gedeel.
‘n Nostalgiese terugblik wat aan my hart pluk,
en ‘n welkome traan wat ek bekend terugsluk.

Terug in die hede is wat ek nou my besluit maak,
om herinneringe te skep wat my eie gesin raak.
Vanaand is die aand van pannekoek met suiker en kaneel,
wat ek, knus en warm, welkomend met my eie wil deel.
©

RUDI COETZER
'n Gedeelte geleen uit: Freezeframe ( 40 )

Die sonneblomme
Van Gogh in die blompot
op die twaalfsitplek-eetkamertafel,
keurig gedek
vir die sondagmiddag maal.

Die gaste kom
direk na kerk
nog gekraag en gedas.
©


~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


*EN HIER IS ONS SKRYWERS EN LESERS SE RESEPPIES WAT HULLE MET ONS DEEL

Diamantjie en die dief:
Hoe's hierdie vir dekadente mid fees. As jy gaan slaap VOEL jy die vet baklei wie gaan voor sit!

Pannekoeke met die vlg vulsel:

1 blik gekookte kondensmelk
250 ml room
1 pak gesnipperde marshmellows
1 pepperment crisp gerasper
Meng als saam, vul en eet op eie risiko!
©

Jan Anderland:
*As jou reukorgane sensitief is - hou verby die ene!

Die resep is bedoel
vir my mede SA’ners in Aus
… en in SA.

Yep! Soos hulle hier sê: Roo my mate!

Haal die Kangaroo steak
uit die pakkie en smeer dit
Olyfolie gemeng met knoffel
- Weerskante -

Haal heel eers uit
waarvan jy hou:

Wyn, whiskey of brandewyn
Gooi so dop of twee …
Sit die oond op 200 grade C

Na die derde dop ...

Sit die chips (wedges) in die oond
Kyk na die tyd!

‘n Half uur later …

Spuit die George Foremen
met jou gunsteling olie
As jy op ‘n vuur braai -
steek hom aan -
lank voor die tyd!

Wanneer Ou George reg is
sit die steaks in!
Hou die tyd dop -
net vyf minute!

Haal vleis uit.
Haal chips uit.
Skep in bord.
En geniet!
©

(NS. Kangaroo ruik soos wildsvleis,
spuit so bietjie lugverfrisser en die
waaier kan ook help)

EN HIER IS NOG 'N HEERLIKHEID SAAM MET KERRIE: INDIESE BROODJIE

180 g koekmeel
2,5 mℓ sout
20 mℓ olie
150 mℓ water
50 g sagte botter

Sif die meel met die sout in ’n groot bak en voeg die olie by. Meng met ’n lepel.

Voeg ¾ van die water by en meng. Voeg meer water by as die deeg taai is. Dit moet ’n sagte deeg wees.

Strooi meel oor die werkoppervlak en knie die deeg tot dit baie elasties is.

Rol die deeg uit sodat dit 3 mm dik is, rol dit op, bedek met ’n doek en laat rus vir ’n halfuur.

Sny die deeg in 10 gelyke dele, rol elke deel in 'n bal en rol dit uit tot ongeveer 2 mm dik.

Voeg genoeg olie in ’n pan om die hele oppervlak te bedek as dit warm is. Braai die deeg bruin aan albei kante.

GANIET!!

*******************************************************

Naas: Spaghetti alla Pappa
Die volgende is my eie resep en my kinders se gunsteling. Hulle noem dit Spaghetti Alla Pappa.

Die kos kan op die oond of as ‘n potjie op die kole of op gas gemaak word.

Benodighede:

3 Meduim uie in ringe gesny
2 - 3 Eetlepels olyfolie
1 Groenrissie in repe gesny
500g Bacon stukkies (of gewone bacon in stukkies geknip)
500g Franse Polonie in 1cm blokkies gesny
1kg Baie lean maalvleis (of volstruis maalvleis)
250g Pasta (Ek verkies die skroefies) vooraf el dante gekook.
(Moenie heeltemal gaar wees nie)
1 Pakkie paddastoele opgekerf
2 Blikkies Sampioenroomsop
½ Bottel Blatjang
600g Kaas
1 Teelepel sout

So maak mens:

Laat pot warm word.
Gooi olyfolie in en versprei oor bodem.
Braai uie tot glaserig en voeg groenrissie, bacon stukkies en franse polonie by. Jy kan op die staduim geur met ‘n bietjie knoffel. Braai dit alles saam tot bacon amper gaar is.
Voeg nou die maalvleis by en roer die spulletjie deurmekaar.
Stel hitte bietjie af en maak toe vir so 30 na 45 minute.
Maalvleis behoort nou gaar te wees.
*(As jy die pasta per ongeluk te gaar gekook het skip jy die volgende stap)
Gooi die pasta in die pot.
Gooi die sampioenroomsop, sampioene en bladjang in die pot.
Voeg sout en een derde van kaas by.
Roer deurmekaar en laat nog 15 minute kook tot die pasta weer warm is.

Bedien saam met Italiaanse slaai. Strooi van orige kaas oor warm kos.
*(As jou pasta te gaar was maak jy dit warm en bedien die kos bo-op die pasta.)

Meraai vannie baai:
Atta Patata

Moeg vir soet patat? Probeer hier die Atta patata ene!

Skil en kook patata's tot sag.
Maak fyn.
Meng met gebraaide uie, sout en peper na smaak.
Voeg nou een houer volroom by en meng goed.

Jan Anderland:
Braaivleis, sonneskyn en Ford's

Lekker T-Bone ...
en Boerewors op die Webber
koue Lion ...
in die hand

biltong gekerf in die bak
die heerlike geur van mieliepap

n Paar Ford's voor die deur
braaivleis met 'n lieflike geur
Afrikaans word gepraat
almal gee raad.
©

Groete uit Australia
Jan Anderland.

Meraai vannie baai:
ASBROODJIE RESEP VIR ASPOESTERTJIE:

750ml Bruisbroodmeel
25ml Witbroodmeel
10ml Bakpoeier
2.5ml Sout
500ml Karringmelk

Meng droë bestanddele en maak aan met karringmelk.
Druk deeg plat omtrent so ±3cm dik op 'n redelike groot stuk aluminium-foelie.
Vou nou dig toe in die foelie - laat ruimte vir rys.
Plaas op half uitgebrande kole en gooi toe met oorblywende kole.
Bak ongeveer 45 minute.

HIER IS 'N HEERLIKE ASKOEK RESEP
1 kg broodmeel
20 g kitsgis
knippie sout
350 mℓ louwarm water
150 mℓ louwarm melk

Meng al die droë bestanddele.

Meng die melk en water.

Voeg genoeg melk en water by die droë bestanddele om ’n stywe deeg te maak. Knie goed.
Laat rus die deeg vir 10 minute.

Vorm die deeg in 4 balle en laat rus nog 10 minute om te rys.

Maak holtes in die as van jou vuur en plaas die balle in die gate. Bedek met as.

Die brode is reg wanneer dit hol klink as jy met iets daarop klop.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Vinnige mikrogolf mieliebroodjie

2 koppies bruismeel
2 desertlepels olie
2 eiers
2 eetlepels suiker
1 groot blik suikermielies
paprika

So maak mens
Berei mikrogolf-broodpan (of sommer ‘n langwerpige glasbak) voor en sprinkel paprika teen kante en op bodem.
Meng bruismeel, olie, geklitste eiers en suiker.
Voeg suikermielies by.
Gooi in pan en sprinkel paprika bo-oor.
Mikrogolf 9 minute by defrost en 6 minute by Hi

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

:) Met die plasing van die volgende reseppie het ek lank gelede 'n opskudding op die Woesblad veroorsaak!
"Jy verdoem die vrou tot die kombuis met sulke bydrae's Meraai het 'n sekere kolonel geskryf!"

Njammie doopsous uit die Gatkantland:
Een houertjie suurroom
indien nie bekommerd oor gewig -
maak dit sommer volroom!

Kwart pakkie kits-sop daarby
As jy hou van tangy ..
Voeg net mayo by!

Enige sousie bygevoeg
uit die kas, sal almal verras
Geniet en deel jou eie met my!!
©

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Aartappel Suurdeegplantjie

Rasper 1 aartappel baie fyn.
Voeg die volgende by:
2 teelepels suiker
1 teelepel sout
1 sakkie kitsgis – sommer hierdie 10g blou, groen of pers pakkies.

Die pers rys baie goed, want dit het Vitamiene C in.

Gooi dit dan in ‘n glas houer / outydse can fruit bottel.
Maak vol met lou water (seker omtrent so 500 ml ) – te warm water sal die gis doodbrand en dan werk dit nie. Sit sommer ‘n piering bo-op om toe te maak, want die aartappels gaan na boontoe styg en moontlik oorkook.

Dit moet die heeltyd by kamer temperatuur wees Dit is die teken dat dit gewerk het. – Jou plantjie is suksesvol.

As jy nou wil afskep om te bak, kan jy dit omroer en twee derdes gebruik om mee te bak. Die een derde wat oorbly, bly in die bottel en jy gooi dan net die suiker, sout, aartappel en water weer by.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Aartappel Suurdeeg

1 middelmatige aartappel (geskil en grof gerasper)
[2 pakkies suurdeeg vir ingeval die aartappel nie genoeg laat rys nie!]
4 koppies kookwater
12,5 ml sout (Dis nou vir 5 kg meel; kan ook helfte broodmeel en helfte “Nutty wheat” gebruik)

Aand:

Gooi kookwater, sout en aart. in kastrol met digpassende deksel.
Sit 3 koppies meel bo-op sonder om te roer. Maak gaatjie in middel
Sit doek oor en deksel op
Maak dig toe in kartondoos uitgevoer met koerante, kastrol toegedraai in kombers.
Laat staan oornag op ‘n lou plek of sit later ‘n warmwatersak by!

Volgende oggend oorsuur:

Klits 1 koppie afgekoelde gekookte water in
Laat staan ±i uur in lou oond of warm toegemaak.
As dit nog nie rys nie, roer 1 sakkie suurdeeg in
Die suurdeeg is reg as skuim bo-op vorm.
Knie:

Meng die suurdeeg en meel, 3 E margarien, nog sout indien nodig
1,5 – 2 liter warm water om mee aan te maak en knie deeglik
Laat rys, knie af, dan in panne en laat rys weer, en bak by 180ºC vir 40 – 45 min.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Mahdokt:

bedien die volgende sousie saam met enige ding wat vra vir n sousie ek bedien onder andere as n doopsousie by gekummelde hoenderlewertjies, dis vinnig en maklik om te maak en hou maande goed in yskas

meng na smaak die volgende drie bestandele, gooi in mooi bottel met kurkprop en hou in yskas

All Gold Tamatie sous
Sweet Chilli Sauce (jou gunsteling een) plus minus ewe veel van elk tot lekker in mond smaak
Veri Peri se Veri Hot sousie na smaak, hierdie sousie brand 10/10 so voeg bietjies by op n slag tot reg vir jou mond

lekker saam alles en nog wat..m

Maryna:
Ai Maraai! as ek oor kos moet praat dan kry ek eintlik so n' lekker gril deur my ou dik lyfie! Ek hou mos van n' mooi bord kos!

As ek platters maak vir companies dan le ek my bord uit met groen blare (kool, of blaarslaai, dan pak ek my bord! meatballs, hoenderboudjies, klein paaitjies, klein stukkies gamarineerde spareribs, gevulde eiers ens.(mmm).

Ek sny soms 'n lemoen in die helfte, sny dit dan soos 'n blommetjie, steek stokkies met kersie tamatietjies in, man daar is so baie wat jy kan doen. Vrugteborde, broodborde, visbord, koue vleis borde en vleis borde.

Mahdokt:
Hello julle ek meng fyn ryp avokadopeer met mayo en gepoeierde biltong ek gebruik dit dan op southappies of in toebroodjies dit smaak vorentoe el lief die resepte en idees hier.

Meraai vannie baai:
TUISGEMAAKTE LIKEUR:

Die resep vandag by Moederlief in SA oor die telefoon gekry - 20 000km aan die anderkant van die aardbol. Hoe bekend of bemind hy is wis ek nie maar my ma wat gewoonlik niks sterker as 'n soet Kaapse wyntjie inkry nie sweer hoog en laag by die mengseltjie net so voor slapenstyd.

2 Blikke Idealmelk
1 Blik Kondensmelk
3/4 Koppie (of meer) Whiskey *Spesiaal vir jou Annie hie hie hie
1teelepel Vanilje

Klits Idealmelk tot effens styf
Voeg kondensmelk en vanilje by

Verdun met coke indien verkies en geniet!

Anselize:
Tuisgemaakte Likeur (Karin)

1. Koffieroomlikeur (lewer 500 ml)

1 blikkie kondensmelk
170g blikkie ingedampte melk
7 ml vanielje geursel
10 ml sterk kitskoffiepoeier (aangemaak met bietjie kookwater)
12,5 ml gliserien
250 ml Whisky

* Meng bestanddele, gooi in 'n bottel en verseël.
* Laat staan minstens 7 dae lank.
* Skud gereeld.

2. Roomlikeur (lewer 750 ml)

1 blik kondensmelk
250 ml vars room
125 ml Whisky
125 ml Brandewyn
2 eiergele
10 g donker sjokolade gesmelt
12,5 ml vanielje geursel

* Meng die bestanddele saam in 'n menger of versapper.
* Klits vir ongeveer 15 minute.
* Hou koel en bedien.

_______________________________________

3. Koffielikeur (lewer 1,7 l)

500 ml water
500 g wit suiker
250 ml sterk swart koffie (moerkoffie)
375 ml vodka
375 ml rietspiritus (Cane)
200 ml desertwyn
25 ml vanielje geursel

* Kook stroop van water en suiker, voeg dan koffie by en meng. Laat afkoel.
* Voeg vodka, rietspiritus, desertwyn en vanielje by. Laat koud word.
* Gooi in bottels en verseël. Laat staan 3 - 4 weke voor gebruik.

Meraai vannie baai:
Snik snik en eina pyn
Gatkant het nie cane!

Naas:

Meraai jy kan die cane met brandewyn of whiskey vervang.
Dit hang af waarna jy mik. Onthou altyd die volgende formule:

Cane vir die pyn
whiskey makes you frisky
and brandy makes you randy.
©

bertha badprop:
hoe groter die glas
hoe ligter die las

En bb lig haar glas: Op goeie drank en slegte gewoontes!
©


~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Mahdokt:
Rissie slaai

vars rissies fyngekap pitte en al enige kleur of soort solank hy brand
die helfte soveel vars ui ook fyn gekap
soveel green pepper fyngekap as waarvan jy hou
baie baie regte vars knoffel fyngedruk nie die gemaalde knoffel wat jy kan koop nie, die regte bol wit knoffel
baie growwe swart peper
bietjie aromat of sout na smaak
gekapte vars kruie na smaak opsioneel
druiweasyn wit of bruin
olyfolie
meng alles gooi genoeg asyn oor om te bedek
skep in n glasbottel en gooi n dik laag olyolie oor
dit hou maande goed in yskas en is heerlik saam met alles vir my

hoop julle geniet ... m

natalie-dominique:
Ek het ook hierdie ding oor rissies en vandat ek Habanero ontdek het het die ander maar vlouerig geraak.

Nou as ek hoenderlewertjies maak is dit in elk geval net vir my want my kinders eet dit nie. ek sautee die uie in olyfolie en voeg dan knoffel na smaak by.

Dan sit ek die heel lewertjies by en braai liggies. sout en gemaalde swart peper na smaak en dan natuurlik die habanero (ek gebruik sommer Banditos s'n), soet basilie kruid, origano, roosmaryn gee vir my so 'n meditireense geur aan die gereg. dan voeg ek bulgaarse of griekse jogurt by en prut vir so 'n 10 minute.

Dis heerlik saam met rooster brood en selfs met stywe mieliepap.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Vinnige maklike mikrogolf koek

Meng 1koppie meel,
1 koppe suiker,
2 eiers,
2 teelepels bakpoeier,
1 koppie kookwater,
3 eetlepels kakao,
1 eetlepel mayonnaise en ‘n 1/4 teelepel sout saam.
Gooi in ‘n mikro bak of mikro koekvorm, en bak op hoog vir 7-8 minute.

Versier na wense en onthou: vervang die kakao met maizena vir 'n witkoek

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Piet Magriet:
Hannes het vanoggend ‘n groot ui gebraai in baie botter met knoffel, speserye ingesit, die hoenderlewertjies daarby gevoeg, dit net genoeg gebraai sodat dit nie meer rooi is nie, en so vyf minute voor hy dit opgedien het genoeg room oorgegooi.
Dit het hy op 'n lekker dik sny tuisgemaakte bruinbrood wat hy self gebak het bedien.
Moeder, dit was heerlik verby.

Antjie:
Water my smoel darem nou....

My suster doop hoenderlewertjies in broodkrummels, en braai dit ook so vinnig-vinnig. Dan kan jy hierdie knoppie sampioen met 'n repie bacon toedraai en met tandestokkie vasmaak. Braai ook so ligweg, en dan eet jy dit met 'n slaai of wat jy ookal wil. Ek hou van mieliebrood, soos net moeder dit kan bak. Dis vreeslik lekker.

Lorraine: Salsa di Pommodoro (vinnige en heerlike sous vir pasta)

Laat ek dit nou maar erken, ek is nie 'n vegetariër nie en eet selde (behalwe slaai) nie graag iets sonder 'n stukkie vleis nie. Maar hierdie sous is so flippen lekker, ek kan nie ophou nie!

Twee van my pa se susters was getroud met Italianers - do I need to say more????

Dis vinnig, relatief goedkoop, en as jy die goed in die huis hou, kan kuiergaste jou nooit onkant betrap nie. Probeer gerus. En moenie laat die naam jou afsit nie, maar so 'n lekker sous verdien 'n fancy naam. Ek kook die sous,halveer dit en vries die res vir 'n latere gebruik.

3 blikke heel tamaties (koop net 'n goeie maak)
1 blikkie tamatiepasta (125g)
handvol vars basilliekruid / of 1 tlp gedroog
1 ui
3 knoffelhuisies (jy kan minder ook gebruik as jy wil)
bietjie olie
Sout en Peper
125ml rooiwys (opsioneel - ek mis dit nie eintlik as ek dit nie byvoeg nie)

Braai die uie en knoffel saam in olie.
Voeg blikkies tamaties en tamatiepasta by.
Sny/breek basilliekruid in klein stukkies en voeg by.
Voeg sout en peper by.
As jy wil, gooi die wyn by, anders kan jy dit maar drink!
Moenie water bygooi nie. Die tamaties het genoeg vloeistof.
Kook vir so 'n uur op lae hitte.
Ek druk net voor opdiening die hele gedoente sommer met my "masher" fyn. Ek hou nogal daarvan as dit nie puree-fyn is nie.

Bedien warm met fettucini, tagliatelle of enige ander pasta. (Die helfte van hierdie sous is genoeg vir 1 pak pasta)
Strooi vars gerasperde pecorino/parmesan of kaas van jou keuse oor.

Lekker eet! Hoe sê oom Oubaas op 7de Laan, julle sal julle lippe afkou. Dit bly een van my gunstelinge en ons eet dit ten minste 1 X per week!

Meraai vannie baai:
Ek het ook enetjie ... ek meen 'n reseppie ... hier is ons Gatkantlandse sousie (amper vir enige ietsie - van Taljaner pasta tot 'n Boerse aartappel )

Gekapte/gesnyde/versnipperde of halwe en hele sampioene
liggies gebraai in aartoemaak-bottertjie
knippie sout enne paar korrels peper
mildelike omkeer van stroop/heuning
verbruin tot amper karamel

*hierby kan jy dan enige oorskiet sousie voeg bv kaassous of lekker branderige ene. Heeerlik oor aartappel in sy skil ook veral as daar van 'n vorige maalvleis-dis net nie genoeg oor was om weer in te span - ek vries dit vir sulke souse.

Njam! Dit maak 'n maal op sy eie.

Mariette:
'n Varktjoppie met 'n identiteits krisis is 'n varkie wat eintlik 'n simba tjippie wou wees...

So gepraat van simba....
Simba leeu stap innie bos. Hy kom op 'n verskrikte zebra af en vra hom: Wie is die koning van die bos?
"U, o grote koning Leeu" se die zebra en verdwyn vinnig. Simba corner kameelperd, die jakkals en die springbok wat almal nederig se: "U o grote koning Leeu" en hulle uit die voete maak so gou hulle kan.
Simba kom op Oom Olifant af en vra hom: Wie is die koning van die bos terwyl hy sy borskas breed maak en gevaarlik brul.
Maar Oom Ollie was nie in 'n goeie bui nie. Hy trompetter, klap sy ore en gryp vir simba in sy slurp vas en slinger hom hoog deur die lug.
Simba staan sukkel-sukkel op en stof hom af. "ok, ok, ok Oom Ollie. Dis nie nodig om bedonnerd te raak as jy nie die antwoord ken nie!"

LEKKER VARKTJOPS
Verf die varktjoppies liggies met olie aan beide kante
Sny die vet af (Dis nou vir die wat nie op hulle skaal klim en lees: To be to continued nie. Of met verstomming agterkom hulle gewig is dieselfde as hul selfoon nommer nie)
1 Pak Kaas en Uie skyfies fyngedruk.
Rol tjoppies in kaas en uie skyfies tot goed bedek
pak in oondvaste bak en maak toe met foelie
bak vir ongeveer 'n halfuur by 180 grade
Verwyder foelie en bak verder tot mooi bruin

oi,oi,oi, dis lekka!!

Goselynn:
Ek het 'n baie oulike paste resep en dit is ongelooflik goedkoop en sal elke sak pas.

Selfs al is jy hoe platsak.

Dis 'n spesiale italianse pasta resep en dit sal sommer help met die ekstra paar lastige kilo's

You walka pasta da grocerie store...
...You walka pasta da ice-cream shop...
...You walka pasta da coffee shop...
...You walka pasta da veggie-stand...

...You will loosa all a da weight...

Geniet die pasta....

Lorraine:
(BLITS) VINNIGE VINGER-PIZZA'S

Die resep werk soos 'n bom - as ek skielik kuiermense kry, maak ek sommer 'n bordvol terwyl ek wag vir die water om te kook. Teen die tyd wat die water gekook het, is die pizza's ook klaar. Lekker vir die manne as hulle rugby kyk of as jy jouself wil bederf met 'n lang glas wyn!

1 pakkie Salticrax

1 blikkie tamatie- en uiesmoor
sout en peper na smaak
1 tlp gedroogde oreganum
1 tlp fyngekapte knoffel
(gooi tamatie- en uiesmoor in 'n plastiese bakkie en voeg sout, peper, knoffel, oreganum klaar by - dit wat oorbly, gebruik ek weer soos ek dit nodig kry)

fyn gerasperde cheddarkaas - rasper sommer 'n koppievol - die res bêre ek ook soos ek dit weer nodig kry

1 Ek vat my mikrogolfoond se bord en begin met 'n koekie in die middel en pak dit in die rondte - die hele bord vol
2 Skep 'n teelepelvol van tamatiemengsel in middel van beskuitjie
3 Knyp bietjie kaas tussen duim en wysvinger en plaas bo-op tamatiemengsel

Sit bord terug in mikrogolf en skakel aan tot kaas begin borrel (plus-minus 60 - 90 sekondes)

Lorraine:
MOSSELRYS

2 pakkie bacon in stukkies gesny 1 green pepper, stukkies gesny
1 groot ui, gekap 1 tlp hoogvol vars knoffel

Braai alles in margarien of olie.

Voeg die volgende by : -

4 k gaar rys 2 tlp hoogvol gekapte pietersielie
2 blikkies geroosterde mossels en sous Grofgemaalde swart peper na smaak

Gooi in oondskottel en voeg 2 k grofgerasperde kaas by. Sit in warm oond tot kaas gesmelt het. Roer goed deur en dien op. Ideaal vir ligte ete of as bykos by visgeregte.

G-E-N-I-E-T!!!

Annie:
ek het hierdie gemaak hier iewers die afgelope maand, choc chip jogurt gebruik en gerasperde peperment tjoklit dik bo-oor gestrooi.

die uiteinde was 'n heerlike peperment crisp tert wat nie so ryk is soos die met room en kondensmelk nie. ja, ek weet dis die eintlike lekker, maar soms net té lekker.

5 MINUTE CHOCOLATE MUG
CAKE!!

4 tablespoons flour
4 tablespoons sugar
2 tablespoons cocoa
1 egg
3 tablespoons milk
3 tablespoons oil
3 tablespoons chocolate chips (optional)
A small splash of vanilla extract and your favourite tipple
1 large coffee mug

Add dry ingredients to your largest mug and mix well. Add the egg and mix thoroughly. Pour in the milk and oil and mix well. Add the chocolate chips (if using), vanilla extract and a drop or two of your favourite tipple, then mix again.

Put your mug in the microwave and cook for 3 minutes at 1000 watts (high).
The cake will rise over the top of the mug, but don't be alarmed!

Ya'acov:
Ek gaan sowaar probeer
EN die resep verdubbel
sodat my bierbeker;
sinvol gebruik kan word.

Hoera vir sjokolade !!!

My dogter is nou besig,
met 2x,
een vir haar
en een vir my.

Geseën
is die man
wat dogters
en seuns het ...

TGG ©

Meraai vannie baai:
Net toe ons diekant besluit
die bier- en rooiwynvaatjies
om die middellyf gaan nie werk
as die vliegtuig noodlanding doen,
kom Soentjies met die
'koffiebeker-sjokelade-treffer'

TGG ©

Piet Magriet:
In sy eie nes:
Julle ouens, ek sukkel nou al vir jare om 'n behoorlike degie (batter) te maak vir soet-suur-vark, hoender, en wat-ookal 'n mens in 'n "kombersie" wil toevou, en nou is ek baie opgewonde want ek dink ek het die antwoord gevind.

Ek het sampioene, hoenderstukkies, varkstukkies, viennas, prawns en kalamari hierin gedoop.

Blomkool en brusselse spruitjies, klein aartappeltjies, en klein uitjies, halfpad gaargemaak in die mikrogolf oond, daarin gedoop en in diep olie gebraai. Tot blokkies brood!

Hoe maak mens? So maak mens:

Al bogenoemde moet in koekmeel "afgestof" word.
"Kombersie"

Meng een en 'n half koppie koekmeelblom met
'n half koppie Mezena.
Voeg daarby een eiergeel en
genoeg sout en peper na smaak.
1 Teelepel bakpoeier.

Vat 'n botteltjie bier en meng dit daarin tot dik en romerig.
Doop enige iets wat jy wil gaarmaak daarin en braai in diep olie tot bruin.

Eet en geniet!

Met liefde, van Ouma Pietie.
©

Lorraine:
Kaal(gat) kos:

Ek kou elke keer
my polse,
as ek iets -
in 'n degie wil braai!

As ek klaar is,
lê al my degies
binne die pan,
en my kos -
is kaal(gat)!

TGG ©

JJordan:
pikante affêre
toe vinkel vir koljander met fennel vang vry
raak die twee gekrui en aan’t kasty
toe het almal fyn en flenters geval
het nie een spesery meer op die rak gebly
©

JJordan:
bek vol jam

vars gebakte brood
ouma se korrelkonfyt
kraak-soet-lekker-hap
©

JJordan
proe...

Uit Rudi se proe, proef en probeer inisiatief!

beter as
Jamie & Nigella
en die Food Channel se gespys
pikant en keurig gekrui
proe ek jy
ou traanoog ui!
©

ns: Ons duld nie die tong van Hilda de Kock!

BERG:
wat wil jy hê

vra sy my terwyl
sy my in die oë kyk
haar hand bewe effens
ek dink dit is
haar eerste keer

ek hou daarvan sag
dit moet smelt
in my mond
maar tog ferm wees

meneer sê sy
ons fillet is die sagste
en smelt op die tong

en as meneer varser wil hê
sal ons die blêr
ook nog bysit
©

Rina Greeff:
Vraag en aanbod

Die enigste stukkie
wors in die huis
verbrand sy
boos-astrant
pikswart
tot as
en
wonder
of dit die rede was
waarom hy
by die buurvrou
gaan eet het
en wat hy
en sý geëet het…
©

Rina Greeff:
Want hulle éét so lekker…

Die skynbare sukses
van ‘n koek-en- tee
is die fyn balans
van genoeg riempielywe
wat hul neusoptrek-nee
aan al die soete verleiding kan gee…;
van genoeg van die voller figuur
wat die roomvol-mond
skuldig met die mou afvee…

As al dié “left overs”
van skuldgevoel se skelm sluk
die gasvrou keelvol laat verstik,
sien sy met skok die “out-size”
label op haar eie broek gedruk…

Daar‘s geen suksesvolle koek-en-tee:
daar is net tee…!
©

Suzwuz: Luigat Lensiesop

200g rooi droë pestilensies uhm ek bedoel rooi lensies
alle geval...
1 ui
2 knoffel huisies
1l groenteaftreksel
1 suurlemoen se sap en gerasperde skil (rind)
1/2 teelepel koljander
1/2 teelepel komyn
1/2 gemaalde swartpeper

Kappit yt die ui en knoffel
braai dit in oliefoelie
gooi die res by en kook vir so 25 min. Jy kan nog water bygooi as dit te dik lyk.

Mel: Die rede vir die benaming van die GEVAARLIKSTE SJOKOLADE KOEK in die wêreld? Want nou is jy net vyf minute weg van heerlike sjokolade koek dag of nag!

4 eetlepels meel
4 eetlepels suiker
2 eetlepels kokoa
1 eier
3 eetlepels melk
3 eetlepels olie
3 eetlepels choclate chips (opsioneel)
1 klein splash vanilla extract
1 groot koffiebeker

Voeg droee bestandele in beker en meng goed. Voeg die eier by en meng goed.
Voeg daarna die melk en olie by en meng weer goed. Voeg dan die choclate chip (indien gebruik) en vanilla en meng weer goed.

Plaas die beker in die mikrogolf en kook vir 3 minute op 1000 watts (hoog). Die mengsel sal begin oor die kant van die beker rys, maar moenie daaroor bekommerd wees nie.

Laat toe om af te koel en tip dan op 'n bord uit (indien dit so verlang word). Kan bedien word met roomys of vars room.

EET! (Hierdie kan twee bedien as jy goedhartig voel)

KOMMENTARE OP DIE GEVAARLIKSTE SJOKOLADE KOEK IN DIE WERELD:

Ya.acov: Wees gewaarsku, met hierdie resep versamel die skottelgoed vinniger as wat dit gewas kan word en na 'n halwe oggend moet jy jou koffie uit Royal Albert drink.

Lorraine: dit lyk living-on-the-edge-lekker!!! Dangerous!!
RESEPTE UIT VERGANGE SE DAE:

Annie: Outydse Slaphaakskeentjies

kies klein uitjies en kook 2 lb [1kg] soos volg:

plaas in bak met koue water
verwyder skilletjies
maak snytjie aan aan wortelent van elke ui
kook 40 minute in kokende water of tot uie sag is
dreineer

berei intussen eier-suursous om oor uie te gooi

1 eier, klits baie goed
2e suiker
1/4t sout
1/2t mielieblom
2e asyn
2e water

voeg alles by die eier en klits weer goed
verhit oor kokende water en klits aanhoudend met vurk tot dit begin dik word.
verwyder van hitte en klits tot dit lig is.

dien warm op vir groente of koud vir slaai

Die volgende variasie van die resep is herdoop van Rooi hakskeentjies na Husse met lang ore deur Piet Magriet

Toneel voor die stoof: Ek moes vir Skoonsus Annie se resep afskryf en daar raak ek deurmekaar met my eie resep! Kook eers net die uitjies!
Nou kook ek maar die "stroop" eenkant maar raak deurmekaar met die kinders wat al om my bene hardloop en speel en gooi twee keer suiker in. Nou gooi ek maar nog 'n keer asyn by.

Daar lui die foon en ek vra vir Hannes om net vir my die rissiesous by te sit. Hy gooi die hele bottel in! Sommer 'n bietjie balsamic ook want hy hou van die geur.

Teen hierdie tyd is die hakskeentjies ore.

Wat van ons sit die pepers wat net daar in die yskas lê en stokkies seldery by?

So gesê so gedaan.

Dus het hierdie resep 'n naam gekry. Husse met lang ore.

1.5kg dwerguitjies
150g gebleikte sultanas
125g wit suiker
250ml wit asyn
250ml water
125ml tamatiepasta
50ml sonneblomolie
2 ml sout
knippie rissiepeper

Skil die uitjies. Voeg die res van die bestanddele by en kook dit, aan die begin met die deksel op, maar later daarsonder, oor matige hitte totdat die uitjies sag en die sous dik is. Bottel die uitjies warm en verseël dit dadelik.

johannescarolusswart: Pasella Aartappels

Het 'n kleintjie dood aan bling en verpes Pasella end Top Billing se oordadigheid. Tog kyk ek dit so nou en dan en die week probeer ek toe sowaar die aartappel resep. Gekookde stukke wat besprinkel word met olyfolie en dan oond toe. Sowaar dit was kraaklekker, ek het net die roosmaryn uitgelaat en bietjie geelsout bygesit, self blondie wat nooit met enigiets tevrede is nie het ook daarvan gehou. Nou toe daar erken ek dit, so bietjie afkyk en aanpas hou ons kos interesant.
TEMP: Hulle sê 170, maar ek het varktjops ook ingehad by so 180 en albei was saam gaar na 30 minute

San Fransico Special
Die geheim is in die sous, jy kan die biefstuk vinnig braai oor 'n warm vuur (reg as jy jou hand so 5 sekondes bo die rooster kan hou sonder om te brand) so gaar as jy wil

Braai 250 gram sampioene in bietjie olyfolie en 'n knertsie suurlemoensap
Sodra die waterigheid weg is voeg 250 ml room by
As die room kook (plaat op medium hitte) verdik met drie teelepels koekmeel opgelos in 'n koppie melk en sit die plaat op baie lae hitte sodat die sous nie brand nie
Laastens voeg 'n eetlepel gekapde knoffel by, swartpeper na smaak en so teelepel Aromat en roer
(Versigtig met die sout, room soek nie baie sout nie)

Jy kan die sous maak voor jy begin braai en later net weer warm maak,
lekkerste as dit nie te dik is nie, en so rukkie gestaan het

Sit die sous bo-oor die biefstuk en sit voor met griekse slaai, bloukaas slaaisous
en lekker aartappels met suurroom (kook een uur en halfuur tot 'n uur in foelie in die oond by 180 C)

Ek stel voor 'n bottel Bayview rooies van Spier wat nou op spesiale aanbod in die winkels is.

As jy dan nog kans sien rond dit af met 'n Don Pedro, of Bailies op ys

007 het Piet Magriet se kommentaar op bogenoemde resep gesteel en kom bewaar:
Bliksement! Johannes! Dit is 'n wenresep hierdie! Net vanaand is die aand!
Ek sal beslis kom terugvoering gee.
Daardie "donnerse petrus" klink vir my ook na 'n finale rondte afronding!
Bless you!

Piet Magriet: Varktjoppies
Hannes maak die lekkerste varktjoppies.
Hy vat plein jogurt en doop die tjoppies eers daarin en dan in gegeurde krummels,
laat dit vir 'n paar uur daarin lê en dan bak hy dit ook in die oond tot hy dink dit is gaar.
Dit is my gunsteling dis.

Johannescarolusswart:
Ierse Koffie ( Nog 'n staatsgeheim en 'n gunsteling)

Die beste manier is

2 lepels koffie
2 lepels suiker
2 tots whiskey alles in 'n Ierse Wiskey glass

Warm water tot by die merk en roer

Sit halfgeklitsde room bo op

rond af met bietjie kaneel of sjokolade vlokkies

(As jy jou meisie wil beindruk, steek die wiskey aan die brand voor jy die water ingooi en tol die glas tot dit lekker warm is)(Great vir atmosfeer)

Johan Mulder: Potbrood
*Geplaas soos ontvang

"Hom het ek al baie gemaak in die dae toe ek so getoer het met die buitelanders, Hulle vreet hulle so oorhoeks aan die brood dat die kos agterwee bly. Dan vat ek meer bruismeel hoor, hang af van die pot se grootte.

Stadige hitte hoor, moet so twee uur vat om te bak jy moet maar die kole uitruil met varses en sit sommer kole op die deksel ook, oe my aa, partykeer lig die brood die deksel op!

So maak mens:
(Een blikkie bier op 500gm bruismeel) Ja vat pakkie bruismeel of twee gooi twee blikkies bier by en een pakkie bruin uie sop, knie deur en laat rys en sit in pot met net genoeg kole onner hom.

Gee kans en as jy loer na so uur of wat dan strooi jy bietjie kaas op sy kop.

Sit deksel terug en binne tien minute kan jy die tanne werk gee, oe my aa, dis erglik lekker!

EN TOE BEGIN ONS WONDER OF DIE BROODJIE VAN JOE IN DIE OOND GEBAK KAN WORD EN PIET MAGRIET NEEM DIE VOORTOU:
Die pot is in die oond. Ek het die uiesop met water aangemaak tot 'n pasta en dit bygevoeg. Toe pak ek sy kop goed toe met gerasperde kaas.

Die resep seg niks van "laat staan om te reis nie". So, ek het dit net so in die oond gedruk.
Oor 'n uur behoort ons 'n antwoord te hê.

EN 'N UUR LATER RAPPORTEER DIE FORUMMAMMA TERUG:
Die uur en die ete is verby. Njam-njam, julle kan probeer. Dit werk baie goed.
Die (pot) broodjie het onder in die oond gestaan, sy 0 is lekker heuningbruin gebak. Die kors bo-op is kraaklekker. Dit was 75 minute in die oond.

Nog variasies:
Meng 'n blik mielies en 'n koppie kaas in die deeg.

Nege fyn knoffelhuisies (amper fingerfout ek knoffelluisies).

As jy net "pure bierbrood" wil hê meng jy net die meel met sout en een blikkie bier.

Ek moet dalk net bysê, as jy van oop panne gebruik maak mag dit dalk korter in die oond wees. Toets maar met 'n toetspen.

*Raaitjie, ons maak gereeld potbrood, maar dit is nog op die ou konfensionele manier van meel, suiker, melk, suurdeeg, sout en knie en knie en knie jou gat af! Reis en knie weer en weer en dan gooi ons dit in die pot, laat weer reis en bak net soos Joe aanbeveel met die kole op en onder die pot. Dikwels stoot daardie broodjie die pot se deksel die hemel in.

Hannes is mal oor gebrande korsies, so, ons potbrood is altyd half aangebrand. (Shuut, moenie vir hom sê nie, maar ek hou ook van so 'n lekker geskroeide korsie met jam-jam en vars plaasbotter. )

Ek vind aanklak by Joe as hy sê die gaste eet nie veel ander kos nie. Ons kan maar net so wel net potbrood bak en niemand sal eers 'n tweede kyk gee vir die ander kos nie.

Ons het ons eie alliminium potte vervaardig wat lig is en maklik skoon gemaak word. Ons bak daai brood in 'n nommer 8 platboompot en sowaar, daar bly nie 'n krummeltjie oor nie.

Soms sny ek kaas in "vingers" en steek dit sommer so orals in die deeg in voordat dit begin rys.
Ander kere smeer ek die hele bol deeg met botter sterk gemeng met knoffel en origanum. Wanneer daai brood begin bak, lek almal hul vingers af.

Die bybel seg nou wel dat 'n mens van brood alleen nie kan lewe nie, maar sustertjie, daai ou wat daar geskryf het was nog nie by Joe en my se potbrode nie!

Ag ja, dat 'n ou nou so liries kan raak oor 'n potbrood!

Piet Magriet: Osstertsop/ Bredie
Y, ek het beloof!

'n Stoompot is die antwoord maar as jy nie een het nie moet jy maar kook en kook!

Ek en Hannes is mos maar net twee ou spoke maar ons vries die ander helfte en eet dit later.

Neem 'n osstert en kook dit tot sag. In die stoompot kan dit so 45 minute duur, maar dit hang af van die gehalte van die vleis. Toets dit maar van tyd tot tyd.

Ek gooi 'n goeie hoeveelheid spesserye in die osstert voordat ek dit begin kook. Ag jy kan byvoeg net wat vir jou lekker is! Braaivleis- of Texan- of wat ookal.

Ons is mal oor klein aartappeltjies en klein uitjies, maar groot aartappels en uie in kwarte gesny is net so goed. Vier van elk is goed vir ons. 'n Pakkie wortels, sny dit net soos jy daarvan hou.

Jy onthou seker nog van die "nierboontjies" wat 'n mens oornag moet week! Deesdae koop ek sommer 'n blikkie of twee " red kidney beans" en boetatjie, dit doen die ding vir my! Ek vreet my vingers af

Nou moet ek seker voor begin:
Kook die vleis tot sag.
Voeg die groentes by en kook tot sag.
Neem 2 pakkies sop, ons hou van bruin uiesop, of osstertsop.
Meng dit met die helfte van die vloeistof wat op die pakkie aangdui word.
Dit sal seker afhang van hoeveel vloeistof in jou potjie is.
Roer en moer!
Verskoon die taal!
Kook vir nog so 10 minute (myne vat nog so twee rooiwyne langer) en bedien met pap, of rys of roosterbrood!
Probeer dit gerus met al van bogenoemde!

As jy nie regkom nie, maak 'n afspraak en ek gee vir jou 'n gratis les, blyplek ingesluit!

Lief jou!

Meraai vannie baai Eetbare tafelruiker
Benodig:
1 Glashouer gevul met peppermente
Lint vir strikversiering aan bokant van die glashouer
Sosatie stokkies
Aarbeie (moenie die groen blaartjies verwyder nie)
Gesmelte wit, lig en donker sjokolade
Enige fyn lekkergoed om sjokolade-aarbeie in te draai vir versiering

Was en droog die aarbeie.
Steek stokkies so halfpad deur die vruggies
Doop nou in verskillende kleur sjokolade
Sorg dat onderste deel van die aarbeie vruggies onbedek bly.
Rol van die sjokolade-aarbeie in fyn lekkergoed vir versiering
Plaas gedoopte vruggies op stokkies een-een in die glashouer met peppermente
Rangskik soos 'n ruiker.
Versier met lintstrikkie

*Dien as pragtige informele eetbare tafelruiker of geskenkie.

007 SE SWAKPUNT: VERLEIDING OP SY BESTE!
“Chaos vir die heupe”

‘n paar lekker ryp piesangs
suurlemoen sap
Gemmer biscuits [ginger nuts]
soetwyn or sjerrie om dit in te doop
fyn appelkooskonfyt
gekookte kondensmelk
Orley whip [om die tert nie so ryk te maak nie!]

Klits die orley whip styf.
Doop die gemmer beskuitjie in wyn en pak dan ‘n laag onder in die bak.
Smeer ‘n lagie appelkoos konfyt en dan ‘n lagie kondensmelk oor.
Sny ‘n piesang in skywe en doop in suurlemoen sap om nie te verbruin nie. – dit word die volgende laag.
die laaste laag is die Orley whip.
Herhaal en eindig met Orley whip en versier soos jy lus het.

Ouma se jamtertjies
125 ml koekmeel
375 ml gesifte versiersuiker
250 ml gemaalde amandels
4 eierwitte, teen kamertemperatuur
180 g botter, gesmelt
5 ml vanieljegeursel
15 ml appelkooskonfyt
15 ml aarbeikonfyt
15 ml ryp vyekonfyt
15 ml bessiekonfyt

Voorverhit die oond tot 180 C.

Meng die meel, suiker en gemaalde amandels in 'n bak.

In 'n aparte bak, klits die eierwitte liggies tot skuimerig en voeg gesmelte botter en vanieljegeursel by.

Voeg bydroë bestanddele en meng deur.

Skep in gesmeerde kolwyntjiepannetjies of tertpannetjies met 'n mooi, gekartelde rant (net half-vol) en skep 'n bietjie konfyt bo-op elkeen.

Bak vir ongeveer 15 minute tot goudbruin.

Laat effens afkoel, sif versiersuiker oor en sit voor.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Aarbei en maaskaas verleiding

500 g Geroomde Maaskaas
1 blik kondensmelk
1 e Suurlemoensap
1 blik ingelegte aarbeie (hou stroop eenkant)
1 Rolkoek
Vlaepoeier of Mezina

So maak mens:
Meng kondensmelk, maaskaas goed saam
Voegsuurlemoensap by klits alles saam tot dik.
Bedek nageregbak met ‘n laag rolkoek in
Gooi maaskaas mengsel oor en maak gelyk.
Rangskik gedreineerde aarbeie daaroor.

Gooi vrugtestroop in kastrol en bring tot kook.
Verdik met vlaepoeier of mezina.
Gooi oor tert en verkoel in yskas

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Suurlemoen-meringuetert
Kors:

40 ml botter
30 ml strooisuiker
1 eier, geklits
75 ml mielieblom
187 ml koekmeel
2,5 ml bakpoeier
knypie sout

Vulsel
397 g kondensmelk
30 ml mielieblom
45 ml suurlemoensap
3 eiergele, geklits
knypie sout

Meringue

3 eierwitte
90 ml strooisuiker

Kors:
Room botter en suiker tot romerig en liggeel.
Klits eier by.
Sif mielieblom, meel, bakpoeier en sout saam. Roer by bottermengsel tot deeg vorm.
Druk deeg met vingers in gesmeerde tertbord vas.
Prik bodem van kors met vurk en bak vir 10 min.

Vulsel:
Giet kondensmelk in mengbak.
Meng mielieblom en suurlemoensap bymekaar en roer by kondensmelk.
Voeg eiergele en sout by. Skep in gebakte tertkors.

Meringue:
Klits eierwitte tot stywe punte vorm en klits strooisuiker bietjiesgewys daarby tot baie styf.
Skep meringue bo-op vulsel en bak vir 25 min. of tot goudbruin punte bo-op vorm.
Sit tert koud voor.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Vlaskywe

1x 200g Cream Crackers
5x250ml melk
50ml botter of margarien
250ml suiker
125ml koekmeelblom
125ml mielieblom
50ml vlapoeier
knippie sout
3 eiers geskei
125ml koue water
vanielje geursel

Pynappellaag:
250ml suiker
25ml vars suurlemoensap
440g fyn pynappel, gedreineer & deur sif gevryf

Glansversiersel:
300ml versiersuiker, gesif
50ml kookwater

Rangskik die helfte van die beskuitjies in ‘n gesmeerde vierkantige tertbak. Verhit melk, botter en suiker oor lae hitte tot die suiker opgelos is.

Verhoog die hitte en roer tot die mengsel kookpunt bereik.

Meng meel, mielieblom, vlapoeier en sout.

Klop eiergele en water, roer by die droë bestanddele en meng goed.

Roer ‘n bietjie van die melkmengsel daarby, meng goed en skep die eiermengsel by die res van die melkmengsel.

Verhit oor matige hitte en klop tot die mengsel verdik.

Verwyder van hitte en geur met vanielje geursel.

Laat effens afkoel, klits eierwitte styf en vou liggies by die vlamengsel in.

Skep die mengsel oor die beskuitjies, smeer gelyk en pak die orige beskuitjies bo-op die vla mengsel sodat die boonste laag beskuitjies oor die onderste laag pas.

Laat in yskas om heeltemal styf te word.

Pynappellaag:Verhit die suiker, 25ml water en die suurlemoensap, roer tot al die suikerkristalle opgelos is en kook tot sagtebal stadium.

Roer pynappel by en kook 5 minute.

Vryf die mengsel deur ‘n sif en smeer oor die beskuitjies.

Laat in yskas tot gestol.

Glansversiersel:Meng versiersuiker en kookwater en smeer oor pynappellaag.
Laat in koelkas totdat die glansversiersel geset het.

Sny in skywe.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Gebakte Kaaskoek met suurroom

Kors

1 Pak Marie-Beskuitjies, En Fyn Gedruk
125g Botter, Gesmelt.

Vulsel
3 Eiers
125ml Strooisuiker
5ml Suurlemoensap
250g Roomkaas
125ml Suurroom.

Versiering
125ml Vars room, geklits
Vars vrugte

Kors
Meng beskuitjiekrummels en botter.
Druk dit in 'n tertbak (24 cm)

Vulsel
Klits eiers en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg suurlemoensap by.
Vou die room Kaas en suurroom by.
Gooi in die beskuitjiekors
Bak Vir 40 Min. (160 C tot gestol en goudkleurig)
Verkoel en versier met room en vrugte.

~~~~~~~~~~~~~~~~

Piesang karamel yskastert
3/4 van 'n 200g pakkie mariebeskuitjies, fyn gedruk
125ml (1/2k) botter, gesmelt
1 blik (385g) karamelkondensmelk
3 groot piesangs
shokolade van eie keuse

So maak mens:
Bespuit 'n tertbord, 19cm in deursnee, met kleefwerende
kossproei.

Meng die beskuitjiekrummels en botter, en druk die mengsel
vas in die voorbereide tertbord.

Klits die karamel tot glad en skep in die tertkors. Maak gelyk
bo-op en hou eenkant.

Doop die piesangs met skil en al in kookwater om verkleuring
te voorkom.

Skil af en sny in dun skyfies. Rangskik die skyfies bo-op die
karamel.

Herhaal die lae, soveel keer soos verkies..

Rasper shokolade bo oor boonste laag

Plaas die tert in die yskas om effens te verstewig. Dien koud op.

Lewer 1 medium grootte tert.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

EN IETSIE WARMS UIT DIE OOND:
Warm spinasie-kaastert: Hierdie is ideaal vir 'n ligte middag ete, bedien saam met slaai.

Bestandele
60 g botter 250ml(1koppie)
soutkoekies (salti-cracks) gekrummel
1 bossie spinasie (gewas)
3 repe spek (gekerf)
1 ui (medium groot) gekerf
250g maaskaas 200 ml Crosse & Blackwell Myonnaise
4 eiers (lig geklop)
30 ml Parmesan Kaas

SO MAAK MENS:
Voorverhit oond na 180grade C.
Smelt botter, voeg sour beskuitjies krummels by en meng goed.
Druk in 20cm los bodem koek blik.
Koel af.

Kook spinasie tot redelik sag, dreineer goed en kap op.
Braai spek en uie.
Meng alle kaas behalwe Parmesan, en meng tot romerig.
Voeg mayonnaise en eiers by en meng goed.
Voeg nou spinasie en spek en uie by.
Voeg in voorbereide bakpan, en bak vir 50-60 min tot goud bruin.
Sprinkel parmesan kaas op net voor opdiening.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

SJOKOLADE MOUSSEKOEK

SJOKOLADE SPONSKOEK
1 koppie suiker
1 koppie meel
½ koppie warm sterk koffie
3 t bakpoeier
2 eetlepels kakao
1 t sout
½ koppie olie
1 t vanilla essence
4 eiers geskei

Voorverhit oond op 180 grade C

Klits suiker,warm koffie en kakao goed saam tot afgekoel

Skei die eiers en klits die geel van die eiers 1 voor 1 by

Voeg olie toe en klits goed

Voeg droë bestandele toe

Meng goed

Klits die eiwitte styf

Vou die geklitste eiwitte goed in die mengels met 'n yster lepel

Gooi in oondpan

Bak vir ongeveer 30 minute teen 180 grade C

Laat afkoel op draadrak

SJOKOLADE MOUSSE
250 ml Stork Cremendous ( of enige ander room)
1 blik gekookte kondensmelk
3 eetlepels kakao

Klop die stork cremendous ( of ander room) styf

Voeg die gekookte kondensmelk by die room .

Voeg die kakao by en klits tot die kakao opgelos is

Versier die Sjokoladesponskoek met die mousse

Verkoel vir minstens 'n uur

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Rolly Polly
3 eiers, geskei
15 ml suurlemoensap
125 ml strooisuiker
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
30 ml kakaopoeier
25 ml koffielikeur

Vulsel
25 ml koffielikeur
25 ml strooisuiker
1 bakkie mascarpone

So maak mens
Klop die eiergele en sap in 30 ml water.

Neem 15ml strooisuiker voeg by eiergele.

Klop tot dik en romerig.

Sif die meel, bakpoeier, kakao en 'n knypie sout saam en vou by die eiergele in.

Klop die eierwitte en die 15 ml strooisuiker tot styf.

Vou dit by die koekbeslag in, gooi in 'n gesmeerde, gevoerde rolkoekpan en bak vir 10 tot 12 minute.

Sprinkel bietjie strooisuiker op 'n klam vadoek.

Haal die koek uit die oond uit en keer dit op die vadoek uit.

Verwyder die bakpapier en sny die kante van die koek af.

Sprinkel goed met 25 ml likeur , rol op en sit eenkant om goed af te koel.

Vulsel
Roer die likeur en strooisuiker in by die mascarponekaas .

Rol die koek oop, smeer die vulsel oor en rol weer op.

Bere in yskas vir minstens 30 minute

Na 30 minute strooi strooisuiker op plat oppervlak, rol koek daarin.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

WAATLEMOEN KONFYT
1 groot waatlemoen
KALKOPLOSSING:
12.5ml kalk en water om in te week
3.6 liter water om in te kook

STROOP: 500g suiker en 1 liter water vir elke 500g vrugte
sap van 1 suurlemoen
knypie sout
5 stukke (Robertsons ) gemmerstukke

Verwyder groen skil en sagte binneste van waatlemoen.

Sny wit skil in stukke.

Prik elke stuk baie goed met vurk en weeg die stukke.

Plaas oornag in kalkoplossing.

Spoel die volgende dag baie goed af en laat in skoon water week vir ten minste 2 uur.

Plaas skoon water in groot kastrol en verhit tot kookpunt.

Voeg stukke een vir een by terwyl water voortdurend kook.

Indien water ophou kook, sal stukke pap word.

Kook tot stukke helder is, en 'n tande stokkie maklik daardeur gesteek kan word.

Berei stroop van 500g suiker en 1 liter water vir elke 500g vrugte en verhit tot kookpunt.

Suig deur en plaas terug in kastrol.

Verhit weer tot kookpunt en voeg res van bestanddele by.

Voeg stukke een vir een by kokende stroop en kook tot stukke helder en deurskynend is.

Pak in skoon gesteriliseerde bottels en verseël.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

TAMBOESIES
1 rol skilferdeeg
1 eier geklits
500ml vars room
50ml strooisuiker
6ml vanielje geursel
250ml gesifte versiersuiker
30ml kookwater
2ml suurlemoensap
geel voedselkleursel

Rol die helfte van die deeg uit en sny in 4.5cm vierkantjies.
Verf liggies met geklitste eier.
Plaas op 'n bakplaat wat met water besproei is en bak in 'n voorverhitte oond by 200C tot goudbruin.
Laat afkoel, sny deegvierkante oop tussen die gerysde lagies.
Klop room met strooisuiker en vanieljegeursel styf.
Spuit room op die onderste een lagie en plaas 'n vierkantjie bo-op.
Meng gesifte versiersuiker met kookwater en suurlemoensap en 'n paar druppels voedselkleursel.
Skep versiersel drupsgewys oor elke tamboesie.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

GESONDE SEMELBESKUIT

5 X 250 ml Semels
500 ml Suiker
1kg Bruismeel
1 x 500 ml Karringmelk
7.5 ml Sout
85 ml Olie
500 g Margarien

Verhit oond tot 180°C. Meng semels, meel en sout saam.

Smelt margarien en voeg suiker by. Roer die olie by en laat afkoel. Roer karringmelk by. Meng met die sout en droë bestanddele tot goed gemeng.

Bak in ‘n gesmeerde oondpan vir 1 uur. Laat afkoel, breek op of sny in stukkies. Droog uit.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

BESKUIT MET KITSGIS
2 kg koekmeel
2 pakkies kitsgis
2 koppies suiker
1 e sout
3/4 koppie botter
3 koppies melk, gekook en afgekoel (sommer in die mikro gedruk)
1 1/2 koppies water
Gooi meel in menghouer, voeg sout en gis by.

Meng melk en water, en smelt botter en suiker daarin. Laat afkoel. Voeg nat by droog, en knie vir ‘n goeie 15minute, maak toe en rys op warm plek tot dubbel die hoeveelheid.

Knie af, maak bolletjies en bak by 180 grade tot gaar.

Vir daai ekstra geur kan jy altyd anys bygooi.

SOUTTERT VIR DIE ONKUNDIGE KOK
Die beloofde variasie op hierdie souttert:

6 snye brood, met korsies en al
4 eiers
500 ml melk
250 ml gerasperde kaas
Sout en peper na smaak
Enige kruie waarvan jy hou

Week brood in melk en druk fyn.
Voeg geklopte eiers by.
Alternatief kan jy dit alles plaas in die voedselverwerker en meng.
Meng nou jou broodmensels met jou vulsel en speserye.
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde oondpan/bak (middelmatige grootte)
Sprinkel die kaas bo-oor.
(Ek meng soms kaas ook by die brood en eiermengsel)
Bak vir 45 minute teen so om en by 180 grade.
Die tert vertoon papperig as dit gaar is ... laat effens afkoel - stol wanneer effens kouer.

Hier is lekker vulsels wat ek op die internet ontdek het:

Vleis vulsels:

1 Koppie gerasperde polonie
10 weense worsies, in wielietjies gesny
1 Koppie gesnipperde gebraaide spek
30 ml pietersielie
10 ml mosterdpoeier
sout en peper na smaak
Vir afwisseling kan gevlekte hoender ook gebruik word.

Spinasievulsel

500 g gevriesde spinasie
250 g spek, gebraai
250 g-bakkie sampioene, gebraai
30 ml pietersielie
10 ml mosterdpoeier
sout en peper na smaak

*As jy spinasie en sampioene gebruik - laat al die vloeistof wegbraai anders gaan die ekstra vloeistof veroorsaak dat die tert nie reg stol nie!

Vegetaries met een of meer van die volgende:

spinasie
brocolli
sampioene
aspersies
soetrissies
pikanterissies
fetakaas

Naas
Skaap/Beespotjie

2 Kilogram sagte vleis in blokkies gesny. Die vleis is jou keuse. Wat baie lekker is, is heel skaap skenkels. Moet net nie goedkoop snitte vat nie want dan gaan jy baie teleurgesteld wees.
Groente in blokkies gesny (net wat jy van hou)

10 babaaartappeltjies.
2 blokkies vleisaftreksel
2 teelepels pietersielie-droog
1 teelepel mostertpoeier
2 teelepels Aromat
1 teelepel Oregano
2 eetlepels worcestersous
2 eetlepels tamatiesous
1 knoffeltoontjie geskil
Olie
Meel
250g Sampioene

Maak potjie warm en smeer met olie en knoffeltoontjie. Rol vleis in meel en braai vleis in olie tot bruin gooi vleisekstrak wat opgelos is in 1 liter water by. Kook stadig tot sag. Pak dan jou groente bo-op MAAR moenie roer nie. Eerste die aartapels en wortels dan die groentes wat gouer gaar word. Laaste die sampioene. Kook tot amper gaar. Meng al die ander bestandele in bietjie water en gooi oor. Moenie roer nie. Sit deksel op en kook vir nog 15 minute. Bedien saam met rys of stampmielies en ´n groen slaai. Die sous kan verdik word indien nodig - met mielieblom.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Yskastert

1 pak Tennis beskuitjies
2 sakkies Orley Whip
sjokolade versiersuiker
sterk, swart koffie - koud

Week beskuitjies vinnig in koue koffie. Dan dun lagie versiersuiker en dan lagie room.
Rasper Peppermint Crisp oor elke lagie room.
Boonste laag room. Versier met vermicilli of peppermint crisp.

Geniet!

~~~~~~~~~~~~~~~

Piet Magriet Beet inlê
Ek haat kosmaak en is mal oor ingelegde botteltjies kos! Dit maak die lewe maklik.

So lê ek my beet in.

Kook sommer so drie pakke beet tot dit gaar is (sommer in die drukkoker) en verwyder die skilletjies. (Gooi die beetwater af, vul dit aan met water tot vier koppies vloeistof en kook dit effens met 1 koppie suiker. Gooi dit in die voëls se drinkbottel en siedaar!

Maak 'n soetsuur sous so:

Kook alles saam.
1 liter asyn
750 ml ligbruin suiker
1 telepel borrie
4 telepels droë dille (opsioneel, maar dit maak net die verskil)
2 eetlepels mosterdsaadjies (ook opsioneel maar kry dit gerus)
10 telepels mielieblom, aangemaak met 'n bietjie water

Jy kan die beet in stukke sny of dit net so heel in bottels plaas. (Ek hou altyd my leë botteltjies en bedel dit terug wanneer ek die beet of ander kossies uitdeel. )

Gooi nou die sous oor tot die bottel heeltemal vol is en skroef toe. Bêre dit maar in die yskas. Njammies!

*Soms bly daar 'n bietjie sous oor en dan "bottel" ek dit ook. Dit hou baie lank goed en is heerlik saam met tong en mosterd!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Meraai vannie baai Andoeltjie (Voortrekkerresep)
So maak mens:
Neem die pens van ‘n vark, keer dit om en lê in soutwater; dit help om die slymerigheid maklik te verwyder. Maak die pens baie goed skoon en laat lê in skoon water totdat dit nodig is.

Gebruik nou sowel al die afvalstukkies bees – en varkvleis as die stukkies spek en speksooltjies. Sny in dobbelsteentjies en meng met die volgende: Fyn koljander, wonderpeper, naeltjies, peper en ‘n weinig geelsuiker asook ‘n weining salpeter.

Stop die mengsel nou in die pens, naai mooi toe, maar behou die fatsoen. Lê in pekelbalie 1 – 2 dae lank (hang af van grootte van pens).

Haal uit en pers tussen twee planke met gewig op. Hang op in die skoorsteen om goed te laat berook. Kook soos southame.

Let Wel – Hierdie gereg het die oumense altyd in die winter maande gemaak, wanneer hulle gewoonlik bees en vark geslag het, soos die gewoonte in daardie dae was. Skaapvleis kan ook bygevoeg word. Onthou salpeter moet so min wees dat dit nie die vleis rooi maak nie! Nadat “Andoeltjie” onder die pers uitgehaal is, moet dit eers opgehang word om winddroog te word voor dit berook word.

Is ek bly dat ons NOU leef, anders het ek voorwaar my wakis omgekeer, opsoek na my beste sisrokkie en die Swartberge kaalvoet aangedurf!

*Wat my opgeval het was die 'weinig' en 'n weining' as mates in die resep.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Outydse Joodse Tert Resep
Bestanddele:
2 koppies meel
1 teelepel bakpoeier
2 teelepels vanielje
½ koppies suiker
2 eetlepels botter- botter is die beste om mee te bak.
knippie sout
2 eiers

Metode:
Smelt botter en klits eiers daarin.
Sif droë bestandele en meng met botter mengsel.
Gooi vanielje by en meng tot rolbare deeg.
Deel in 6 dele en rol apart uit.
Smeer agterkant van koekpan en sit een deel daarop.
Bak tot gaar en doen dieselfde met ander dele.
Laat afkoel.
Smeer tussen 5 lae gekookte kondensmelk, karamel of dikgekookte vla. Smeer ook bo-op. Krummel 6 de deel en gooi bo-oor.
Versier met kersies en room.

***********************

Nicolina
Ek het 'n Jode resep spesiaal vir jou Meraai. Ek is nou 64 jaar oud, hierdie resep kom van my ma, wat sy by haar ma gekry het.
Ek deel dit graag:
2 eiers
1 en half eetlepel marg of botter
1 koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout
Ongeveer 1 en half koppie koekmeel

Klop die botter en suiker tot romerig, voeg eiers een vir een by. Sif droe bestandele en voeg by om hanteerbare deeg te vorm. Rol ronde sirkels uit (gebruik 'n kleinerige bord). - plus minus 4-6 lae.
Sit in gesmeerde pan, prik en bak tot ligbruin.

Vulsel:
2 en half koppies melk
2 eetlepels mielieblom
1/4 koppie suiker
1 teelepel vanielje,
2 eier gele
sout

Bring melk tot kookpunt
Klits eier gele en suiker saam
Maak mielieblom met bietjie melk of water aan en roer by
Meng goed
Gooi kookmelk by, roer goed, gooi terug in kastrol en kook tot gaar, verwyder van hitte en laat afkoel
Voeg styf geklopte eierwit by.
Voeg vanielje by
Pak lae en krummel bruin stukkie deeg of tennis koekie (gekrummel) bo-op
Laat vir paar uur staan, of oornag in yskas

Mahdokt
Ek is n vryhand kos, meet selde iets af kan met jou deel wat ek doen en hoop jy het sukses daarmee anders moet jy my maar skel.

Ek bak n gewone sponskoek en sny hom in dun lae wanneer hy afgekoel het met n gare draad, ek bak nie meer die korse apart nie dit proe dieselfde aan die einde van die dag,

Dan maak ek vla van n mengsel melk, eiergele, suiker, n klont regte botter, room en n titsel vanille essens, my vla kry geen meel of maizena in nie die room en eiers moet genoeg wees om dit te verdik.

Die smeer ek dan oor die afgekoelde koek lae.

Dan maak ek n karamelstroop met suiker, botter frangelico liquer en gepelde amandels, die gooi ek dan bo-oor die gedoente.

Niemand het nog gekla daaroor nie dit maak ook n heerlike poeding.

hoop dit help..m

~~~~~~~~~~~~~~

Meksikaanse Troukoekies van Adelhaide
'n Absolute Moet!

250g Botter (nie margarien nie)
200g Pekaneute fyngekap
100g Strooisuiker
2t Vanilla essence
240g Koekmeel
2,5ml Sout
Ongeveer 2k versiersuiker

Voorverhit die oond tot 180 grade celsius en smeer 'n bakplaat goed. Room die botter, suiker en vanilla tot lig en donsig. Sif die meel en sout 2x saam en voeg by die bottermengsel. Meng dit liggies met 'n spatel in. Voeg die neute by en meng deur. Vorm balletjies van so 2,5cm in deursnee en bak sowat 20 min totdag hulle 'n bleekerige kleur het. Laar dit afkoel en rol in die versiersuiker.

Reg, ek laar dit net afkoel tot so louwarm. Dan rol ek dit in die versiersuiker. Dan wanneer dit heentemal koud is rol ek dit weer 'n keer!
Ek het ook al die Pekaneute met Pistatios vervang.

Heerlik verby!!! Enige gaste sal nooit glo dis tuisgebak nie!!!

~~~~~~~~~~~

PLAATKOEKIES
500 ml meel
2 ml sout
2 eiers
250 ml melk
125 ml water
30 ml olie
45 ml stroop
20 ml bakpoeier

Meng al die bestanddele saam en bak die koekies in 'n pan.

~~~~~~~~~~~~

Johannescarolusswart Gekruide Hoenderpot
Bestandele vir twee mense:
500 g Hoenderstukke
Een groot ui
Olyfolie
500 ml witwyn droog
Teelepel Origanum
Teelepel Tiemie
Teelepel Basilie
Sout
Vier medium aartappels
Vier wortels
Drie lepes Mezina

Braai uie tot sag en daarna saam met hoender tot die pot begein bruin word op die bodem in die olyfoilie.
Voeg dan wyn en groente en kruie by en laat dit vir twee ure stoom op baie lae hitte.
Verdik met Mezina net voor jy opskep.
Sit voor met lekker Basmati rys en 'n slaai.

~~~~~~~~~~~~~~~~

Wildsvleis: Kudu
Kudu in blokkies gesny en bruin gebraai in olyfolie buite om
Room, jeera, masala, naeltjies, neutmuskaat, sout bygesit en laat prut op 1 tot gaar

Baie lekker en geen meer wilderigheid nie

Afgerond met drie bone slaai en dit was dit, vinnig en eenvoudig!!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Ya.acov Eenskottelgereg
1 Pot sop in een skottel (bedien 6 tot 15 mense - meer as een dag)

Bestandele:
1 x Gaar heel, gebraaide hoender
1 x kitssop (Hoender en noedels)
1 x kitssop (Cream of Chicken)
1 x kitssop (Hoender en Uie)
1 x blikkie sousboontjies
1 x blikkie botterbone
1 x blikkie pampoensop
3 x heel gekookte eiers
4 x gedroogte pere
uie (na smaak)
tamaties (dun skywe of blokkies gesny)
knoffel (na smaak)
spinasie (na smaak)
kondensmelk (na smaak)
1 x lekkergoed stafie (berries of suurlemoen)

Die volgorde van hoe die goed in die pot ingesit word, word aan die kok oorgelaat. Die tamatie moet verkieslik die laaste ingaan.

Plaas pot op stoofplaat, op middelmatige hitte. Roer konstant sodat niks onder aanbrand nie.

Begin met die uie, breek die hoender uitmekaar en verwyder die vel, alle vet en alle bene.

Voeg die botterbone by, hou die vloeistof van die blik om as vloeistof vir die kitssoppe te gebruik.

Voeg die kitssoppe by, volgens instruksies op die pakkie.

Voeg die pampoensop by en dan die sousboontjies.

Maak die eiers fyn en voeg my.

Sny die pere en lekkergoed stafie in so dun moontlik skyfies/repies en voeg by (lekker verrasing in tekstuur as jy so een in die mond kry).

Voeg die vars groente laaste by, sodat dit nie papgekook is nie.

Voeg kondensmelk mildelik by.

Eksperimenteer en geniet.

~~~~~~~~~

WILLA
Ya.acov jy het die pot
en boon-op is ek geen kok!

maar jou sop
kan lekker skop
ek is mal oor sop

hier is 'n potatoe sop vir een pot:
(ek maak dit graag in die winter)

4-6 groot potoates - skil en al in blokkies gesny om makliker en sagter te kook
voeg sout en herps sonder msg (hie hie) by na smaak of availability
vars koljander blare 'n moet (ook bekend as Danhia), so handjie vol
1 pakkie Potatoe and leek kits sop en of 1 pakkie Country Vegtables kits sop
kook dit alles saam tot artaples lekker sag is en mash die potatoes
voeg nou 1 blikkie coconut cream by en bring weer tot kook punt ....

toast brood (bruin as jy 'n gesonde happie wil he, wit vir 'n troos happie)

en smul lekker

~~~~~~~~~~~~~~~~

LEOWYFIE: Eenskottelgereg
Kook geskilde aartappel blokkies tot sag.
Maak fyn.
Skep uit.
Braai uie tot goudbruin, en sit enige oorskiet vleis(vorige aand se braaivleis en wors werk lekker)by.
Voeg bietjie water by, of as jy hou van wyn in jou kos, bietjie wyn. geur na smaak.
Voeg groente van jou keuse by, of kan sonder ekstra groente ook gemaak word.Rasper kaas en meng met kapokaartappels.
Smeer aartappels oor vleismengsel.sit deksel op en laat op lae hitte prut vir rukkie, tot kaas smelt.
Bedien saam met groen slaai.

NS vis of hoender werk ook lekker

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Hoendersop
1.5kg stukke hoender
2 groot uie
750 ml witwyn(opsioneel) ek hou van droee wyntjie in
1 liter kookwater
6-10 wortels(afhangende van grote)
bietjie grasuie gekap
3 groot aartappels geskil en in klein blokkies gesny
500g ertjies
2-4 gekapte tamaties

Metode

Braai uie in bietjie olie tot goudbruin.
Plaas stukke hoender in kastrol by uie.
Voeg wyn en water by
Geur met sout en gemaalde swart peper
Kook tot vleis los van been is.
Haal bene uit en hou hoendervleis eenkant.

In vleissous, kook al die voorbereide groente tot sag.
Druk effens fyn met kapokartappeldrukker
Proe of sout genoeg is.

Kruie van jou keuse kan bygevoeg word.
vars koljanderblare is vir my baie lekker.

Voeg fyn hoendervleis by sop in pot.
Prut deur tot warm.

Lekker saam met 'n stukkie brood wat met bietjie olyfolie gerooster is

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Lorraine se hoendersop
En daar dink ek juis toe ek wil ertjiesop maak vir vanaand! Ek is ook nie mal oor pampoen/butternutsop nie, maar het onlangs 'n bakkie butternutsop geëet wat eintlik heerlik geproe het. Kry net nie die resep by die kok nie. Dit het meer 'n sout-smaak as 'n soet-smaak.

Ek het twee seuns wat ruspes na muggies laat lyk as dit by eet kom. Veral my oudste wat in die weermag is, het 'n aptyt soos min en as hy en sy pêlle (toe hulle nog basies gedoen het) kom kuier het ek saam met kos 'n pot sop gemaak om al die gaatjies gevul te kry tuusen die vastekos wat hulle sluk!!!

En as hulle onverwags by die huis geland het, was die volgende resep my redding. Binne 15 minute het jy 'n lekker dik sop wat mae volmaak. Ek maak dit ook as ek skielik onverwagse kuiergaste in die winter kry!

In 'n sopkastrol

braai 2 uie en 300-500g maalvleis gaar tot bruin

voeg by

2 blikkies minestrone sop
2 pakkies minestrone sop (poeier)
2 blikkie tamatie en uiesmoor

en genoeg water (ek gooi gewoonlik so 3liter water by)

en kook vir so 10min vinnig

In 'n houertjie meng ek

1 blikkie tamatiepasta
1 eetlepel bisto
1 teelepel worcestersous
knippie kerrie

Voeg by sop en roer goed

Neem twee pakkie 2-minute-noodles (bêre die speserye vir iets anders)
en breek die noedels in die sop

Kook vir nog so 5 minute en siedaar!!!

Geur met sout en peper na smaak. Met vars brood en botter - jy sal jy lippe afkou soos oom Oubaas sal sê!

~~~~~~~~~~~~~~~~~

bertha badprop se hoendersop
Ek is nou nie groot op sop nie, maar omdat WW so mooi gevra het, het ek my trusty sources gevra vir iets wat darem so ietwat beter smaak as jou badwater en beter lyk as skottelgoed water. Hoop dis lekker.

1 liter water
25 ml gekapte salotte
25 ml gekapte waterkastaiings
1 hoenderaftrekselblokkie
5 ml sesame-olie
25 ml gekapte seldery
25 ml gekapte sampioene
2 soetrissies, in blokkies gesny
sout
125 ml skulpiesnoedels

Plaas al bogenoemde bestanddele behalwe noedels in 'n braaipan en bring tot kookpunt. Verminder na pruthitte en laat sop vir 30 minute prut. Voeg noedels 15 minute voor opdiening by.

~~~~~~~~~~~~~~~

Piet Magriet Lekker Bruinbrood
4kop meel
1kop semels.
1pk KITS yeast (nie ander nie)
1t sout
1eet suiker
1/4k olyfolie.
Genoeg lou water.

Meng, knie en laat rys (ek het sommer die oond op so 80gr gesit vir 10min, dit afgedraai en dit toe in die oond laat rys.
Ek doen dit deesdae met die beskuit ook.(vir wat hier onder die komberse laat rys, nee wat) Dit neem net so 40 min.
Toe afgeknie. Uitgerol met roller en toe liggies opgerol, om 'n langwerpige "French" brood te vorm.
Rys vir weer so 30 min. op 'n plat koekiepan (sit baking paper in die pan dan hoef jy nie eers te smeer.) Bak 170gr vir so 35min.

Ek het nog skuins kerwe op die brood gemaak.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Ya.acov
*Matzos
2 koppies fyn gemaalde koringmeel
0.5 koppie olyfolie
0.5 koppie water
1 teelepel sout

Metode:
0. Stel die oond op 180ºC, plaas twee bakplate in oond
1. Meng meel en water goed, knie goed.
2. Indien die deeg papper as melktertkorsdeeg is,
voeg 'n paar teelepels meel by en gaan terug na stap 1
3. Indien die deeg droog is en nie as een eenheid aanmekaar klou nie,
voeg 1 teelepel olyfolie by en gaan terug na stap 1
4. Rol die deeg dun uit (1 mm) op 'n voorbereide oppervlakte (gesmeer met olyfolie) (roller ook gesmeer)
5. Vou die deeg dubbel en gaan terug (vier keer) na stap 4
6. Prik die deeg met 'n vurk in reguit lyne, met die prik-gaatjies deur die deeg
7. Sit die deeg as een groot stuk op 'n bakplaat (of uitgedruk met koekie vorm)
8. Bak totdat die deeg bros en bruin is (10 minute)

Geniet dit net so, met botter en konfyt, doop in koffie of tee

Waarskuwing: Na 2 uur se smul begin jou verhemelte seer en sensitief raak.

*Dis 'n alternatief tot brood, baie vullend, maar sonder rysmiddel, soos bakpoeier of eier, met 'n lang rakleeftyd

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Maryam Vetkoek
Ek het so 'n basiese resep wat ek vetkoek mee bak, en pannekoek en sommer vir baie dinge gebruik, ek vermeerder net die vloeistof na gelang. Ek vergeet toe een dag om bakpoeier in te gooi, en was die vetkoekies toe nie lekker nie. Nou bak ons dit gereeld en die kinders smul te heerlik daaraan tydens ongesuurde brode.

Basiese Resep -
1 kop meel
1 eier
1 teel bakpoeier. Vir pannekoek net ½ teel/koppie meel
sout na smaak
½ Water/½Melk na gelang die dikte vereis
Metode
Klits eiers
Voeg droë bestandele geleidelik by
Skep lepels vol en bak in olie tot ligbruin.

Vir die ongesuurde vetkoek, laat ek die bakpoeier uit, maar klits die eiers baie goed tot donsig, want dit dien as rysmiddel vir die vetkoekies.

By hierdie basiese beslag gooi ek enige ding vir variasie: Blikkie heel mielies of sweet corn, Tuna, maalvleis, groen boontjies, ens.
Vir verdere variasie gooi ek geurmiddels oor soos Robertsons se Sout en Asyn mengsel, of Aromat.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

johannescarolusswart Gerookte Happies
Die happies is lekker as voorgereg by 'n braai, of terwyl jy jou gunsteling sport wedstryd kyk met 'n koue bier of glasie wyn. Boonop hou meeste mense daarvan, behalwe nou die vegetariers. Dit is maklik en vinnig om te maak en tans my gunsteling.

Bestandele:
250 g Phillidelphia smeerkaas
Botteltjie capers
100 g Swartwoud ham in dun repies ( Ek kry myne by 'n Duitse slaghuis )
Tandestokkies

Meng die capers met die smeerkaas. Met 'n teelepel, sit 'n lepel vol kaasmengsel in die middel van 'n repie ham en vou dit toe sodat dit 'n ronde tonneltjie met kaas in vorm. Steek dit vas met 'n tandestokkie en sit dit in 'n bord. Maak die bord vol en garneer met gekapde pietersielie.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Piet Magriet Pattata alla Petronella
Skil en sny soveel patats as wat jy nodig het en sny dit in blokke, ongeveer 1.5cm x 1.5cm.

Vir twee medium patats het ek die volgende bestanddele gebruik:

Eers neem jy een groot lemoen en skil dit driekwart af.
Sny dan die res op in klein stukkies en gooi dit in 2 koppies water en kook tot al die geur in die water is.
Gooi dit deur 'n sif en druk al die vloeistof uit. (Gooi die lemoen weg en hou die vloeistof )

Gooi die vloeistof in 'n pot en voeg 'n
half koppie suiker daar by.(of as jy dit soeter verkies kan jy meer bysit)
Voeg 'n half telepel kaneel by en
'n knippie sout.
Plaas die patats by en kook totdat dit sag is. Moenie te veel roer nie, die patatblokkies moet heel bly.
Wanneer die patats sag is, neem
2 hoogvoltelepels vlapoeier, meng dit met 'n half koppie melk en voeg dit by.
As dit te styf is voeg nog melk by en roer. As dit te slap is gooi nog vlapoeier by.
Kook dit vir nog so tien minute totdat die vla gaar is.

Eet en geniet!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Kaas-en-neute-broodjie van LoVe BuG

1 broodjie

500g bruismeel
sout en gemaalde swartpeper
125ml (1/2k) botter
1/2 410 g-blik appelstukke
250ml (1k) gerasperde kaas
125ml (1/2k) pekanneute, gekap
2 eiers
250ml (1k) melk

Stel die oond op 180
1. sif die bruismeel,sout en peper saam.
vryf botter met vingerpunte in die meel in totdat
dit soos broodkrummels lyk.
2. voeg die appels, kaas en pekanneute by.
3. klits die eiers en melk goed saam
en voeg by die meel totdat dit 'n stywe deeg vorm.
4. skep in 'n gesmeerde broodpan of 2 kleiner
broodpannetjies. sprinkel nog bietjie gerasperde kaas bo-oor indien verkies.
5. bak vir 50 minute of tot goudbruin.

Bedien saam met iets soets of sout

~~~~~~~~~~~~~~~

Lepinotus Patruelis Bief en niertine in spinasie

Vandag iets geproe wat ek net moet deel. Jy sal daarna sorg dat jy altyd die goed byderhand het...

En soos die kwyl begin drup en die elkeen wat hier lees begin begeer en die gewetens begin inskop, deel ek die volgende:

Gebruik bief en niertjie-mengsel soos wat jy in 'n tradisioonele pastei sou. Sorg dat dit reeds gaar is.

Pak die spinasieblare plat oop. Besprinkel dit dan met fetakaas sonder om suinig te wees. Breek 'n eier en laat dit oor die blaar uitloop. Sit dan die bief en niertjie mengsel in 'n strook (amper soos met 'n worsrol) naby die rand van die spinasieblaar. Vou die blaar se oorhangpunte in en rol dan die hele spulletjie op.

Ongeveer 12 minute in die oond of op die oop vuur, en sondige heerlike eetgenot word deel van jou lewe. Nooit weer sal enige dieet jou oortuig hierdie reseppie is sonde nie.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

johannescarolusswart Hoender sosaties
Jan Plak se sosaties

6 Hoenderborsies
24 Gedroogde appelkose
1 groot ui
2 Groenrisies
6 sosatiestokkies
1 bottel Wellington Soet Rissie blatjang

Sny vleis in 4 blokkies, sny ui in vier kwarte en stop dan sosaties met vleis, ui, appelkoos en rissie. Plaas hulle in 'n glasbak en marineer oornag in die Wellington's

Braai of bak stadig ( anders brand die soet rissie sous ) tot net net gaar. Sit voor met Griekse slaai en Hartenberg Cabernet. ( wenner op ons laaste kaas en wyn geleentheid )

( Goeie verskoning vir vroulief om vir jou 'n Jetmaster te koop )

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Plettar
Plettar is die naam vir Sweedse pannekoek wat met room en dun konfyt gevul word, amper soos 'n Crepe Suzzete. Dit is heel eenvoudig om te maak en baie lekker op 'n koue dag soos vandag as nagereg.

1) Gebruik jou gewone pannekoek resep maar vervang 250 ml van die melk in die resep met room.
2) Maak dan sulke klein pannekoekie, omtrent150 mm dia
3) Klop room styf
4) Koop dun bloubessiekonfyt
5) Vul Plettar met die dun konfyt en room]

Eet en geniet

*ek hou nie daarvan om vir geraamtes te kyk met ribbebene waarvoor die honde blaf nie.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Gaweline Warm aartappelslaai
Hier is nou 'n baie lekker en eenvoudige reseppie. Ek het die appelasyn met wit asyn vervang en dit net bietjie minder gemaak.

750 g gaar aartappels (dobbelsteentjies gesny)
6 repe spekvleis, fyngesny (of stukkies)
50 ml ui, gekap
50 ml groensoetrissie, gekap (ek los dit uit)
25 ml koekmeel
5 ml ligte bruinsuiker
250 ml water
75 ml appelasyn.

1. Braai spekvleis bros, en hou warm.
2. Voeg uie en groenrissie by die spekvleisvet in die pan en soteer die mengsel vir 5 min.
3. Roer die meel en suiker by, gevolg deur die water en asyn.
4. Laat die mengsel toe om te kook en te verdik, terwyl dit aanhoudend geroer word.
5. Meng dit liggies met die warm aartappels en spekvleis en sit dit dadelik voor.

Mikrogolf

1. Baai spek vir 1 min 30 sek. op HOOG en verwyder uit die bak. Voeg botter by die ui en groensoetrissie. Mikrogolf vir 2 min. op HOOG.
2. Volg stap 3 van gewone gaarmaak.
3. Mikrogolf vir 40 sekondes op HOOG. Roer en mikrogolf vir 40 sekondes op HOOG totdat die mengsel verdik.
4. Volg stap 5 van gewone gaarmaak.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Suzwuz Risotto
ekt gou gou die resep vir iemand getik en plaas hom sommer hier vir julle ook.
Hys lekka hoor!

500ml hoender aftreksel (wat moet prut op die stoof wyl jy die risotto maak)
(maak bietjie regte aftreksel deur twee hoender boudjies, seldery, wortels en allerhande lekker dinge saam te kook vir so paar uur)
200g risotto rys (tastic se pakkie dink ek is pers)
2 glase droë witwyn of vermouth

2 hoender borsies (dun repies)
n paar sampioene (opgesny)
1 ui (gekap)
1/2 knoffelhuisies (gekap)
1 koppie kaas (verkieslik vars grof gerasperde parmesaan, maar wit cheddar sal ook okay wees)

braai uie en knoffel bietjie en voeg dan hoender by. Braai tot goudbruin.
Gooi sampioene by.
braai so bietjie en voeg dan risotto by en braai liggies.
Stel die plaat nou hoer en voeg wyn by.
sodra dit absorbeer is in die rys, voeg die eerste skep aftreksel by
laat dit kook tot al die vloeistof weg gekook het. Skep dan volgende lot. (n sop skeplepel vol) hou so aan tot al die aftreksel bygevoeg is. Moenie ongeduldig raak en alles bygooi nie, dit werk nie.

Sodra die laaste aftreksel weg gekook is gooi kaas by en roer deur sodat dit smelt.

Eet.

Dit lyk meer gekompliseerd as wat dit is, sal omtrent so twintig minute vat om voor te berei.

*Mevrou as dit lekker is laat weet. As dit sleg is, gooi weg en vergeet jyt daarvan gelees.
Oh by the way, dit lyk maar grys agv die sampieons moenie dat dit jou afsit nie. OH jy kan ook bietjie rooi/geel/groen pepers (of sommer almal) bygooi.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Gawelina
Planne met pilchards (soos belowe)

Ek het belowe om resepte met pilchards te gee, maar my boek was eers bietjie weg. Die jongse kok het dit uiteindelik opgespoor waar sy dit laaste gehad het. Hier is nou solank 2 planne. Albei, genoeg vir 6 mense.

Plan 1

Skil 2 uie n sny in ringe. Plaas dit saam met 1 gekneusde knoffelhuisie in 'n diep mikrogolfvaste bakkie.
Voeg nou 30 ml kookolie, 10 ml matige kerrie, 2 ml fyn gemmer en 2 ml sout by.
Mikrogolf 7 min oop by 100 % krag en roer elke 2 min.
Roer nou die sous van die sardyne by uiemengsel en sit heel sardyn bo-op.
Bedek en mikrogolf dit 2½ - 3 min by 100% krag tot goed warm.
verwyder bedekking en roer met vurk tot gemeng, maar nie fyn nie.
Bedien saam met rys

Plan 2

Skil en sny 2 aartappels in dobbelsteentjies. Skil en kap 1 ui grof.
Plaas in mikrogolfvaste bak. Dreineer 2 blikke sardyne in tamatiesous. Gooi die sous oor die aartappels en hou vis eenkant.
bedek bak en mikrogolf 10 min by 100% krag. roer na eerste 5 min.
Voeg sardyne nou by aartappelmengsel. Bedek en mikrogolf 5 min by 100% krag totaartappelblokkies sag is.
Roer 30 ml mayonnaise, 5 ml suurlemoensap, 5 ml sout en bietjie peper by.
Sit warm voor saam met rys en komkommerslaai.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Mel
Hierdie is 'n dis wat ek ook gereeld maak en het selfs die skoonouers beindruk.

Vir 'n redelike groot oondvaste bak

6 – 7 aartappels – "mash" sodra gaar. Voeg sout en peper by.

Braai uie en twee blikkies sardyne met sout en peper en visspeserye. Voeg chutney, tamatiesous en woschestersauce by.

Bedek die oondvaste bak met 'n laag aartappel. Voeg dan die vislaag by. Daarna bedek die vislaag met nog 'n laag aartappel. Sodra al die aartappel bygevoeg is, rasper kaas bo-oor.

Plaas in die oond tot kaas gesmelt en aartappels bruin gebak is.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

ROND EN BONT RESEPTE VIR IETSIE BY DIE BRAAIVLEIS ENS. SOOS ONTVANG

PUTUPAP
375 ml water (1,5 k)
5 ml sout (1 t)
300 g mieliemeel (500 ml) (2 k)
(6 porsies)

So maak mens:
Kook die water en die sout in 'n kastrol
Gooi mieliemeel stadig by sodat dit ophoop en die water rondom kook.
Moenie roer nie.
Sit die kastrol se deksel op en kook 10 tot 15 minute lank stadig.
Roer goed deur met groot vurk.
Sit deksel op en laat verder oar baie lae hitte gaar word.
TYD: Omtrent 'n 1 uur.

Willa daai ietsie lekkers:
maak 'n blik perskes oop wat in halwes gesny is
pak die mooi in die ronde van die bord wat jy dit op die tafel gaan sit
wat nou die blikkie kondesmelk en skep 'n telepel vol in elke halwe perske se gatjie
en dan wat jy die roompies (soos hier onder beskryf) en gooi so telepel vol oor elk halwe persketjie .. yum

die room word styf geklop met bietjie vanije en versier suiker of course

ook nie oom dr se voorskrif nie.. maar soms is klein sondes toe laatbaar

Lorraine
Praat van comfort food! Dis ryk en romerig en rêrig lekker. In die winter is dit 'n gereelde bykos saam met braaivleis en maak nie saak hoeveel ek maak nie, daar bly net nooit oor nie. My gesin/familie vrek oor knoffel (iewers loop Italiaanse bloed) en as die seuns kom kuier moet ek dit dubbeld aanmaak. Dit is ook die enigste keer dat hulle meer groente eet as vleis, en glo my, hulle is vleiseters.

KNOFFELAARTAPPELS MET ROOM
6-8 groot aartappels 150 g margarien
1 houertjie vars room ± 25ml knoffel
Sout na smaak 250ml gerasperde cheddarkaas

Skil aartappels en sny in skywe.
Pak skywe aartappels in oondbak en gooi sout oor.
Smelt botter en knoffel in mikrogolfoond.
Gooi room by en gooi melk-roomvulsel oor aartappels.
Bak vir 1 – 1½ uur by 180 grade.
Voor opdiening gooi gerasperde kaas by en roer deeglik.

Chakalaka broodjie
4 eiers
1 blikkie Chakalaka
2 koppies bruismeel

Klits die eiers.
Roer die Chakalaka by.
Sif die bruismeel by en meng.
Gooi die deeg in 'n gesmeerde broodpan en bak vir 35 minute by 180°C.

Heerlik by 'n braai.

Bruismeel So maak jy jou eie bruismeel:
250 ml koekmeelblom + 7,5 ml bakpoeier = 250 ml bruismeel

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Geurige Kotelette
Sny 3 uie in skywe
Meng dit goed met 2 eetlepels appelkooskonfyt, ’n eetlepel kerrie, 2 eetlepels suiker en ’n koppie asyn.
Die mengsel is genoeg vir ongeveer 1 kilogram kotelette.
Strooi sout en peper oor die kotelette en gooi dan die sous oor.

Laat staan dit oornag.
Verwyder die uie van die vleis voor jy dit braai, want dit brand maklik.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

BRAAIVLEIS MIELIEBROODJIE
2 blikke suikermielies
60 ml koekmeel
60 ml suiker
60 ml gesmelte botter
4 eiers
15 ml bakpoeier

Meng alles saam en bak in voorverhitte oond op 180*c vir 45 min.

Komkommerpiekels
12 gewone komkommers (nie Engelse komkommers)
1,25 liter warm water
500 ml druiwe asyn
20 ml sout
60 ml suiker
5 rooi brandrissies (opsioneel)
16 peperkorrels
8 lourierblare
10 ml speserye vir suurtjies
5 knoffelhuisies

Moenie die komkommers skil nie.
Krap dit in die lengte met 'n vurk.
Sny in kwarte en dan weer in 1 cm stukkies.

Meng die res van die bestanddele in 'n diep kastrol en verhit.
Voeg die komkommerstukke by wanneer die mengsel kook en bring weer tot kookpunt.
Verwyder die komkommerstukke met 'n gaatjieslepel en skep uit in gesteriliseerde flesse.
Plaas 'n brandrissie in elke bottel.

Dreineer die vloeistof in die kastrol deur 'n sif.
Skep 'n teelepel van die gedreineerde speserye in elke fles.
Maak die flesse goed vol met die gedreineerde vloeistof.
Verseël dadelik.
Lewer 5 liter.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Ingelegde kool
2 kg vars kool, gekerf
1 kg uie, gekerf
25 ml kerriepoeier
12,5 ml borrie
750 ml asyn
750 ml suiker
25 ml sout
30 ml mielieblom

Was kool en dreineer goed.

Kook kool, uie, suiker, sout en asyn saam tot kool sag is, maar nie pap nie.

Maak kerriepoeier, borrie en mielieblom met 'n bietjie asyn aan en voeg by koolmengsel.
Laat goed deurkook en bottel terwyl koolmengsel nog warm is.

Dit hou baie goed in die yskas.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Piesang sambal
Sny die piesangs in skywe, doop dit in suurlemoensap en braai dit dan liggies in botter.
ALTYD 'n wenresep!

Franse slaaisous
2 eetlepels wynasyn
sout en peper na smaak
strooisuiker na smaak
6 eetlepels olyfolie

Meng al die bestanddele saam, behalwe die olie.
Klits die olie met die hand by die asynmengsel.

'n Klassieke slaai gemaak met wit boontjies.
2 blikkies wit boontjies
1 ui, fyn opgesny
8 eetlepels olyfolie
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
1 lourierblaar
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies opgesny
sout en varsgemaalde swartpeper

Braai die ui in 2 eetlepels olyfolie tot goudbruin saam met die lourierblaar en knoffel.
Voeg die boontjies, 6 eetlepels olyfolie en soetrissieby. Geur met sout en peper.

Maak ’n slaaisous van:

½ ui, fyn opgesny
4 eetlepels fyngekapte pietersielie
1 teelepel aangemaakte mosterd
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
sout en varsgemaalde swartpeper
olyfolie
sap van ½ suurlemoen
fyngekapte pietersielie, ansjovis en swart olywe vir garnering

Meng die ui, 4 eetlepels pietersielie, mosterd, knoffel, sout en peper in ’n mengbak.
Klop die mengsel terwyl jy die olyfolie by drup – soortgelyk aan die manier waarop jy mayonnaise maak. Hou aan tot die sous dik is.

Meng al die bestanddele in ’n slaaibak.

Garneer met fyngekapte pietersielie, ansjovis en swart olywe.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Tunaslaai (1)
2 blikkies tuna
1 medium tamatie, in stukke gesny
1 komkommer, in dun skywe gesny of
100 ml gekapte komkommerpiekels
250 g gekapte sampioene
1 ui gerasper
125 ml mayonaise
25 ml tamatiesous
5 ml worcestersous

Meng alle saam.
Hier is nog 'n slaaisous wat gebruik kan word:
75 ml karringmelk
50 ml olie 12,5 ml suurlemoensap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 ml sout
Meng saam en gooi oor slaai.

Tuna slaai (2)

1 blik tuna
2 gepekelde dwergkomkommers
25 ml suurlemoensap
125 ml mayonaise
1 ml sout
slaaiblare
2 hardgekookte eiers
50 ml gestopte olywe
60 ml uie in ringe gesny
25 ml tamatiesous
1 ml tabascosous
knippie peper
pietersielie

Druk 1 eier deur sif en sny die ander een in blokkies. Vlok die vis en meng met komkommers, uie, eier suurlemoensap, peper, sout en die souse. Skep op slaaiblare en garneer met gesifte eier, olywe en pietersielie.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

werelde weg kerrie kontrepsie
(na die verskombuis gedra presies soos dit geplaas is :)

pieter pieterse is/was een van hero's hier is n kerrie sous resep wat gebottle of gekook kan word saam met hoender vis of enige vleiserigheidjie

2 x teelepels kerriepoeier
2 x t/lepels borrie
1 x teelepelgemaalde of heel afgeskraapte rissie (opsioneel)
mespunt gemaalde of heel kaneel
2 x lourier blare
1 x kardemomsaad
1 x teelepel gemenge speserye
1 x teelepel gemmer
4 huisies gekapte knoffel
10 x heel swartpeperkorrels
2 x groot uie

sny uie in ringe. bedek pan-bodem met olie
maak pan rook warm, gooi uie in pan en haal pan dadelik van hitte af
hou deksel op tot uie glaserig word. gooi res van bestandele oor die uieringe
laat die spulletjie bietjie trek en sit terug op "stadige' plaat-hitte.
los die deksel af en roer aanhoudend braai die spulletjie van geel tot goudbruin.

belangrik in die resep is die eerste stappe; rook warm pan en uie bygevoeg met deksel op en pan dadelik vannie hitte afhaal, anders gaan hy flop.

die kontrepsie kan gebottel word of net so gebruik word
as jy n lekker koos sousie wil he kan jy nadat dit gemaak is n half koppie asyn bygooi
en n koppie water wanneer dit kook gooi n mengsel van 1 eetlepel maizena gemeng met bietjie water by kook tot dik.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Annie Warm Aartappelgereg
uit hollandese vriende se kombuis, amper oppi selfde trant, net so van onthou, want nooit kon ek 'n resep met hoeveelhede kry nie.

kook aartappels tot sag, soveel soos benodig vir aantal mense.

braai 'n pakkie gesnipperde spek,
gekapte uie
in botter/olie tot gaar

meng 'n pakkie wit uiesoppoeier
en 500ml karringmelk
en kook op lae hitte vir 'n paar minute.

meng die uie/spek en die sopmengsel.

sny aartappels oop , plaas stukkie botter daarop, gooi aromat oor, en skep sous oor. strooi gerasperde kaas bo-oor.

ek skil en kook soms die aartappels, sny dit skywe en pak lae met sous tussenin en kaas heelbo in 'n oondvaste bak en bak dit dan so 20 min in 'n matige oond.

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Sue Appelslaai
Die heerlikste slaai. En mates pas jy aan na smaak en eters.

Appels
Rosyntjies
Mayonnaise
Room/melk
Fyn Kaneel
Knippie sout
Suiker

Moet nie appels afskil nie. (Skille gee kleur aan die slaai)
Sny appels in halwes, verwyder stronkie en pitte.
Kook appels net paar minute op in kookwater. Appels moet nog krakerig wees. Laat afkoel.
Sny halwes in dun skyfies.
Meng genoeg rosyntjies by vir tikkie soet smaak
Maak mayonnaise aan met klein bietjie room/melk, speserye na smaak en bietjie suiker as jy van soeter slaai hou. Die kaneel moet nie oordonderend wees nie.
Meng mayonnaise liggies met appels en rosyntjies. Die appels moet nie "verdrink" in die mayonnaise nie.

~~~~~~~~~~~~~~~~

bertha badprop Pap tert
Hierdie is 'n wenner wanneer jy braaivleis hou

Ek is soos die naked chef - gebruik hoeveelhede soos verkies.

Pap (lekker stywe slappad doen die trick amazing) as jy soos ek nie kan pap maak nie, gaan koop by spar heat up en enjoy.
pitmielies
tamatie en uie smoor
gekerfde biltong
gerasperde kaas

* gooi 'n gedeelte van die pap in 'n oondbak
* smeer van die tamatie en uie smoor bo-op en strooi van die pitmielies
* gooi die laaste pap oor en herhaal bogenoemde
* sprinkel die gekerfde biltong eweredig oor die pap en tamatie mengsel
* sprinkel mildelik die kaas totdat al die pap bedek is
* plaas in die oond totdat die kaas smelt
* bedien en geniet

~~~~~~~~~~~~~~~

Piet Magriet Lekkerste pap!
Gebruik braaipap-meel.
Kook die water met genoeg sout en 'n lekker homp botter.
Voeg die meel stadig by en roer aanhoudend. Die pap moet nog redelik slap wees as jy die deksel opsit. Stel die hitte af en kook dit tot dit gaar is. Jy kan die pap so nou en dan roer. Jy kan liewer te min meel insit en na so tien minute nog 'n bietjie meel byvoeg as dit te slap is. As dit egter te styf is kan jy nog 'n bietjie kookwater byvoeg en roer. Partykeer is dit lekker om 'n blikkie mielies in te roer, so vyf minute voordat jy dit bedien.

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Trapsoetjie
Tuna en advokadopeer slaai - Gerbrecht vd Vyver
Pasta
1 groot advokadopeer
1 blik tuna
1 houertjie room
Mayonnaisse
Sout en pepper na smaak

Kook pasta. Sodra gedreineer het, voeg terug in pot en voeg room by, kook pasta en room tot room verdamp het, onthou net om aanhoudend te roer anders brand dit. Sodra room weg gekook is voeg pasta in mengbak saam met tuna, avo, sout en pepper. Meng mayonnaisse by. Voeg in opdienbak.

Ek gaan net meer tuna gebruik want ek sal dit vir so 5 mense moet maak so ek gaan dit so bietjie meer maak.

*Het dit Vrydag aand gemaak, ek het 2 blikke tuna gebruik en so 3 avo's (het vreeslik baie so moes meer gebruik nie dat ek om gee nie) Ek wil volgende keer bietjie Peperdew by sit dink dit sal ook lekker wees.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Hoender-biltong-en-spekpotjie

Sous
2 hoenderaftrekselblokkies
250 ml (1 k) kookwater
500 ml (2 k) droë witwyn
250 ml (1 k) blatjang
46 g sampioensoppoeier (1 pakkie)
5 ml (1 t) gedroogde tiemie
5 ml (1 t) gemengde gedroogde kruie
5 ml (1 t) suurlemoenpeper

Hoendergereg
15 ml ( 1e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
12 hoenderdye, ontvel indien verkies
250 g spekvleis, gekap (1 pakkie)
50 ml Brandewyn
10 ml (2 t) gekapte knoffel - opsioneel
2 uie, in ringe gesny
1/2 groen soetrissie, grof gekap
1 seldrystringel, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
4 wortels, skyfies gesny
12 klein uitjies, heel
250 g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
150g klam beesbiltong, gekerf
250 ml ( 1 k) gerasperde Cheddarkaas
125 ml (1/2 k) vars, gekapte pietersielle

Metode - Sous
Los die aftrekselblokkies in die kookwatr op. Meng die res van die bestanddele vir die sous en boeg dit by. Hou die sous eenkant.

Hoendergereg
Verhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender daarin. Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die brandewyn en knoffel by. Roer dit deur en moet daarna nie weer roer nie. Strooi die uie, soetrissie en selderu oor die hoender en plaas daarnedie aartappled en wortels bo-op. Giet die sous oor: Plaas die deksel op en lat dit 1 duur lank prut. Voeg kookwater by indien nodig. Bedek dit en laat prut dit 20 minutes lank. roer dit net voor bediening en strooi pietersielie oor.

Piet Magriet
WASGOEDBONDELTJIES

(Gebruik enige ander vleisvulsel.)

VULSEL

2 blikkies tuna, gedreineer en gevlok
2ml mosterd
3 Etl vars pietersielie
Sout, swart peper, paprika na smaak
½ kp fyn gerasperde kaas
1 pakkie tamatie pasta
1 groot fyn gerasperde ui
Meng alles.

DEEG

4 kp meelblom
4 tl bakpoeier
½ tl sout
250 g botter
Yswater
Vryf smeer in droë bestanddele in, meng met yswater tot hanteerbare deeg.
Rol dunnerig uit.

WASGOED BONDELTJIES:

Druk vierkantige vormpies uit deeg uit, skep lepel vulsel in middel, bring hoeke bymekaar en steek vas met heel naeltjie.
Bak in diep olie tot goudbruin, plaas op kombuispapier om te dreineer.

Ganiet!

O skuus, jy kan ook pasteitjies maak.

PASTEITJIES:

Druk sirkel vormpies uit deeg uit, skep vulsel in middel en vou oor mekaar tot halfmaan pasteitjie, druk halfmaan kante goed met vurk vas, smeer bo-oor met geklopte eiergeel wat met gesmelte botter geklits is.
Bak in oond tot goudbruin OF ook in diep olie!!

Ganiet weer 'n keer!

~~~~~~~~~~~

BLAASOPPIES.

3 kp meelblom
1 ½ tl sout
5 eiers

Sif meel en sout saam, Voeg eiers een vir een by tot ferm kniebare deeg.
Knie goed.
Rek en trek die deeg. Rol dun uit en druk vormpies uit.
Bak in diep olie.

Enige vulsel sal lekker smaak!

JOE SE VYFSTER AARTAPPELGEREG
Om hierdie sneppie-reseppie in kleur te sien: http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=5243.0

So maak mens
Vat so ses of sewe groot gewaste aartappels en begin sny in skywe,
so 3-4 mm dik en pak in Mikrogolf bestande bak!
Maak die bak vol mens, mens willie honger gaat slaap nie!

Dan vat jy 'n mengbeker en neuk so paar stukke Margerine daarin
en bietjie water en goeie 'dose' Mrs Balls chutney!
Dit moet dan so lyk! Verstaat djulle?

Sit die mengbak met Margerine en Chutney en water in Mikrogolf oond
en maak warm dat net die margerine smelt en dan lyk die spul so!
Dit moenie kook nie hoor! Dan gooi jy 'n pakkie Bruin uiesop se inhoud by
en roer goed en maak weer biekie warm! Net so 30 sekondes!

Nou skink jy daai goed deurgeroerde mengsel oor die aartappels
dat hulle tussen die skywe kan in! Verstaat djulle?

Laaste stap. Bedek die bak met daai fyn taai deurskynende goed
en span styf oor bak! Tip! Steek so drie gaaitjies in die *film met skerp mes
dat stoom kan ontsnap! Sit in Mikrogolf vir 15 minute hoog
en dan vir 15 minute Medium tot aartappels saf is!

Waarskuwing!!!! Bedien net op aan mense wie se tanne verseker is,
hulle sal die bak ook wil opvreet en ek betaal niks vir gebreekte tanne nie!

KOMMENTARE:
*Lindri Stander: Hehehehe, ek sou net sommer 'n glasdeksel opsit,
daai plêstiek is so goed soos gif innie mikrogolf oond.

*Johann Mulder: Oe my aa Nig, ek eet dit al jare en het nog niks oorgekom nie,
maar as die wat weet so seg, dan gebruik eerder glasdeksel!

Wil nou nie myse maters kom staat en vergiftig nie! Sjiee, so leer mens nê!

*Piet Magriet: Dis nou so maklik soos wieps innie bad! Raai wat kry my man vir ete more aand!

WOESTERSE VARIASIES OP HIERDIE GEREG:
Skoonsus Henna:
Ek maak my aartappels ook so al vir jare maar sit dit in oond. Kook eers my aartappels bietjie sagter voor ek dit in skywe sny. Ek sit bietjie mayonaise ook by.

Piet Magriet:
Dit kan net lekker wees as 'n mens 'n pakkie varkspek kerf, braai en dit bo-oor gooi.

Ek is ook lief om die aartappels in 'n gewon(d)e plastiese winkelsak te plaas en dit vir 'n paar minute in die mikrogolfoond te sit om eers half gaar te word. Ek spoel dit net af en plaas dit so nat in die sakkie. So 'n minuut per aartappel. Enige soppoeier werk goed. 'n Bietjie kaas bo-oor kan ook die ding doen. Njammies!

Naas:
Room en gerasperde kaas bo-or sal lekker wees saam met die varkspek.
Ryk en lekker. Net die dink daaraan verander weet my pankreas in suikerplantasies.

Kinderkulslaai:
Dit smaak glo kompleet soos mango! Een manier om vir kleinkinders hul pampoen te laat eet!

Rasper gewone boerpampoen grof
Voeg 'n blik pynappelstukke met sap by asook (100 persent) lemoensap
Laat staan oornag en geniet!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
*GUNSTELING GEREGTE*

Piet Magriet: Pampoenkoekies.
500 ml gaar pampoen
500 ml meelblom
5 ml sout
20 ml bakpoeier
2 eiers

So maak mens.

Meng alles saam en skep lepels vol in diep olie. Braai tot gaar en plaas langs mekaar in 'n bak.

Sous:

250 ml suiker
250 ml melk
250 ml water
25 gr botter
12.5 ml mielieblom

kook al die bestanddele vir 5 minute en gooi oor die pampoenkoekies.

Sorg dat die naels mooi skoon is, want jy gaan jou vingers op eet!

Piet Magriet: Vra vir meer vis
Ons is mal oor hierdie dis.

800 gr stokvis filette
sout en peper na smaak
1 ui in ringe gesny
olie
250 gr knopies shroe(*m)pies gehalveer
50 ml gekapte pieterselie
25 ml botter
30 ml koekmeelblom
250 ml melk
40 ml sjerrie
2 ml paprika
500 ml cheddar kaas gerasper

So maak mens:

Voorverhit die oond 180 grade C.
Smeer 'n oondvaste bak met botter.
Geur die vis aan alby kante met sout en peper.
Pak die vis in die bak.
Plaas in die oond en bak 20 minute lank tot die vis amper gaar is.
Giet die vloeistof wat oor is in 'n bakkie om dit later te gebruik in die witsous.
Soteer intussen die ui in 'n bietjie olie tot sag.
Voeg die shroempies by en roerbraai tot bruin.
Skep dit oor die vis.
Sprinkel die pieterselie oor.
Vul die vis vloeistof in die bakkie aan met die melk.
Maak 'n witsous met die botter, koekmeelblom en die gegeurde melk.
Voeg ook die sjerrie en 50ml gerasperde kaas by.
Geur na smaak met sout, peper en paprika.
Roer totdat die kaas gesmelt het.
Giet die sous oor die vis.
Strooi die res van die kaas oor.
Bak nog sowat 15min lank of totdat die vis heeltemal gaar is.
Dien op met rys en 'n groen slaai of wat ook al.

*(m) iemand het PM se 'mmetjie gesteel toe sit 007 hom weer terug :)

Piet Magriet skryf: Ek het hierdie dis gisteraand gemaak. Dit is net te veel vir twee mense, dus maak ek van die kans gebruik as ons gaste het.

Om dit te rek het ek 'n pakkie "shrimps" en agt krapstokkies in repies gesny, by die uie en shroempies (los my em uit ) gevoeg. Ek het die witsous verdubbel.

Lekker!

GUNSTELING OUTYDSE MELKTERT: Meraai vannie baai:
(ontvang van 'n vriendin in SA- boerekos bylaag)

DEEG

225g meelblom
30ml (2T) strooisuiker (castor sugar)
125g botter - yskoud en in klein blokkies gesny
1 eiergeel
45ml (3T) koue water
1 ml (1.4t)sout

(Vir die deeg moet al die bestandele so koud as moontlik wees)

Plaas die meel, suiker, sout en botter in 'n mengbak.

Gebruik 'n vurk of 2 messe en sny vinnig die bestandele tot dit soos growwe brood
krummels lyk.

Meng die eiergeel en water en gooi in 'n holte in die dr. bestandele.

Werk met 'n vurk die eiergeel mengsel deur en dan liggies met
die vingers om 'n bal te vorm.

Druk effens plat en sit in die yskas terwyl vulsel berei word.

*Die deeg moet koel genoeg wees om uit te rol en in 'n gesmeerde tert bak
van 23 - 25cm te plaas. Steek gaatjies in die bodem met 'n vurk en bak vir 10
tot 15 minute.

Laat afkoel voor vulsel ingeskep word.

VULSEL:
250ml (1 cup) room
250ml (1cup) melk)
1 stokkie kaneel
2 groot eiers (geskei)
80ml strooisuiker
80ml Meelblom
2 ml (1/2t) bakpoeier
25g botter
1 t Vanilje essens

Verhit die room en helfte van die melk effens, saam met stokkie kaneel in 'n
kastrol.

Meng apart saam die res van die melk, die eiergele, meelblom,
strooisuiker en bakpoeier.

Voeg stadig die warm room in die meel mengsel, meng goed.

Plaas weer in die kastrol en verhit, roer totdat die vlae mengsel verdik.

Haal van hitte af en laat effens afkoel, voeg by die botter en vanilje essens.

Klop die eierwitte tot skuimerig.

Voeg die sout by en vou bietjie-bietjie in die vlae mengsel in.

Skep die mengsel in die tert dop en bak teen 180c vir tien minute.

Verminder na 160c en bak vir verdere 20min tot gaar. bestrooi met fyn kaneel.

Bedien warm

*My ma het van die deeg vir die kors, sulke lang repies gesny en dan bo oor die vulsel geplaas .. ewe grend gevleg en dan gebak. Njammmmie!! Een tert het sy kaneel oor gestrooi en die ander ene klapper.

Annie se melktert resep
MELKTERT

Kors:
125g botter/margarien
50g (60ml) witsuiker
1 eier
275g (500ml) koekmeelblom
10ml bakpoeier
knypie sout

Vulsel:
1,5l melk
50g (60ml)botter/margarien
4 eiers
200g (250ml) witsuiker
70g (150ml) mielieblom
70g (125ml) koekmeelblom
knypie sout
5ml vanieljegeursel
kaneel

Smelt die botter oor lae hitte.
Klop die suiker en eier vinnig daarby. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en
sout saam en meng dit met die eiermengsel.
Druk die deeg in 2 tertbakke
Prik die korse en bak hulle 10 minute lank by 180 C.

Kook die melk en botter in ‘n dikboomkastrol.
Klits die eiers en suiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik.
Voeg die mielieblom, koekmeelblom, sout en vanieljegeursel by en klits
verder totdat alles by die eiermengsel ingeklits en daar geen klonte is nie.
Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel.
Klits die eiermengsel nou by die res van die kookmelkmengsel.
Plaas terug op stoofplaat en roer vinnig totdat dit weer begin kook.
Skakel stoofplaat af, sit deksel op en laat vulsel ‘n paar minute staan.

Giet die warm vulsel in die korse.
Sif kaneel oor.
Bak die terte ongeveer 10 minute lank verder.
Sit dit louwarm of koud voor.
‘n Mens kan ‘n bietjie ekstra suiker oor die vulsel strooi, indien verkies.

Lewer 2 middelslag-terte.

007 SE VINNIGE SKONS (1)
500ml Bruismeel
Knippie Sout
1 Eier
250ml Melk
60ml Olie

Voorverhit oond 200C. Meng al die bestanddele saam. Skep lepelsvol in gesmeerde kolwyntjiepan.
Bak 15-20min tot ligbruin.

Variasie vulsel: Kaas/gesnipperde spek/pietersielie/enige kruie na smaak bygevoeg.

SKONS (2)
250 ml room (1 koppie)
1 klein blikkie lemonade
1 klein pakkie bruismeel
2.5 ml sout

Sif sout en meel.
Sny room en limonade in, meng versigtig.
Rol uit.
verf met geklitse eier of melk en bak in vooraf verhitte oond 220 C vir ongeveer 15 tot 20 minute.


~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

GEKRUIDE GEBRUIKE

Borrie (Turmeric) - Kerrie, geelrys

Bronslaai (Watercress) - Slaaie

Basiliekruid (Basil) - Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie

Pimento (Allspice) - Bredies

Komyn (Jeera) - Kerriegeregte (Maleise resepte)

Lourierblare (Bay leaves) - Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas

Kappertjiesaad (Capers) - Vis- en ander seekosse

Rissiepeper (Cayene pepper) - Kaas- en eiergeregte

Chilli - Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte

Grasuie (Chives) - Slaaie, sop, souse en doopsouse

Kaneel (Cinnamon) - Souse en vrugtegeregte, soetpatats, -pampoen, nageregte, soetgebak

Naeltjies (Cloves) - Hoender-, vark-, vis- en wildsvleisgeregte

Koljander (Coriander) - Vleis, droëwors en biltong

Vinkel (Fennel) - Groente en slaaie

Knoffel (Garlic) - Vleis, vis, groente en slaaie

Gemmer (Ginger) - Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte

Peperwortel (Horseradish) - Gebraaide bees en skaap

Foelie (Mace) - Bredies, frikkadelle, roomsouse en hoendervulsels

Moederkruid (Marjoram) - Sop, bredies and vleisvulsels

Ment (Mint) - Groente en vis (met botter)

Mostert (Mustard) - Vleis, vis, groente, souse en sop

Neutmuskaat (Nutmeg) - Vleis, groente en soetgebak

Oreganum (Oregano) - Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat)

Paprika - Vleisgeregte, groente en slaaie

Pietersielie (Parsley) - Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie

Roosmaryn (Rosemary) - Vleisgeregte, hoender, sop en souse

Safraan (Saffron) - Rys, vulsels en vleis

Salie (Sage) - Vulsels vir vleis en hoender

Dragon (Tarragon) - Lamvleis, souse en piekels

Tiemie (Thyme) - Vleis (skaap en hoender), groente en sop

ONTGIFTINGS KRUIE:
*Kruie soos pietersielie, kamille, hisop, sitroenkruid, duisendblad, tiemie en varkoortjies dien ook as tonikum wat die liggaamsorgane vernuwe.

*Tiemie en varkoortjies is bekend as kruie vir ‘n lang lewe.

*Hisop, sitroenkruid, duisendblad, vinkel en seldery kan gebruik word om die werking van die lewer te versterk en die bloed te reinig.

*Duisendblad en pietersielie steun die niere en urienstelsel, en rooipeper (of enige ander rissie wat jou laat sweet) en peperment dien as sweetmiddels.

*Ment bevorder ook die spysverteringstelsel, so ook salie wat help om vetterige kosse af te breek.

MEDISINALE KRUIE
*Artritis en rumatiek: Centella asiatica, wilger en duiwelsklou.

*Asemhalingstoestande: Fakkelkruid, smeerwortel, salie en bloekom verlig asemhalingstoestande.

*Bednatmaak: Marjolein en kattekruid.

*Bloedsomloopprobleme: Bokwiet, gesiggie, cayenne-peper, gemmer en centella asiatica.

*Geheueverlies en vergeetagtigheid: Salie, ginkgo biloba en centella.

*Haargroei: Brandnetels en roosmaryn.

*Hoë bloeddruk: Nieskruid, meidoring en seldery.

*Hoë cholesterol: Gemmer, hawer en gars.

*Hoes en verkoue: Salie, peperment en teeboom.

*Hoofpyn: Viooltjies, vinkel en laventel.

*Jig: Seldery en brandnetels.

*Lewertoestande: Melkdistel, perdeblom en pietersielie.

*Spanning, angs en slapeloosheid: Kamille, sitroenkruid en laventel.

*Veltoestande: Aloe Vera, nieskruid, vlierblomme, reuse-aandblommetjie, komkommerkruid en gousblom.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

YA.ACOV HET MET ONS HIERDIE NUTTIGE WENKE OOR DIE HELENDE SUURLEMOEN GEDEEL:
Ek het toe weer ons boek opgespoor. Sowaar een van die beter boeke wat 'n mens gerus in jou huis kan hê. Ek het vir kopieregdoeleindes nie alles wat gesê word oor suurlemoene oorgetik nie, so die boek moet maar geraadpleeg word.

God se Apteek
Herman Uys
ISBN 0-620-31624-1

Suurlemoen word geslagte reeds vir sy terapeutiese doeleindes gebruik.

Suurlemoen is ryk aan vitamien C en het ‘n kragtige reinigende uitwerking op die hele spysverteringstelsel. ‘n Huis sonder suurlemoen is ‘n halwe huis.

Suurlemoen is ‘n fantastiese alkalie (antisuur), wat die suurvlakke in jou liggaam stabiliseer bv sooibrand is ‘n direkte gevolg van stysel en proteïne wat saam geëet is (hamburger, vleispasteie, pap en vleis, vleis en rys, vleis en aartappel). ‘n Halwe suurlemoen uitgedruk in ‘n glas warmwater sal jou sooibrand in minute totaal opklaar.

Suurlemoen maak jou lewer (liggaam se asblik) pragtig skoon.

Suurlemoen stimuleer jou metabolisme.

Suurlemoen is ‘n antiseptiese middel. Gorrel dit vir ‘n seer keel en kyk wat gebeur.

Suurlemoen beheer blaasinfeksies en nierkwale wat hoofsaaklik ontstaan as gevolg van ‘n oormaat suur in die organe.

Suurlemoen is ryk aan potassium wat baie goed is vir jou hart en ‘n fantastiese harttonikum vir hartlyers is.

Immuunstelsel, bysteek, perdebysteek, galstene, nierstene, koorsbblare, aambeie, natuurlike insekweerder, lewertonikum, rustelose bene, bloedreiniger, prostaatprobleem, plaak.

Dior Sunglasses is so

Dior Sunglasses is so beatiful that i am going to buy 3 pairs for this summer , but i find a online website who are selling Cheap Dior Sunglasses ,that will save a lot of money to buy them. and the online store is selling the Gucci Sunglasses too , many i will buy one for my wife.

The lowest priced Golf

The lowest priced Golf Clothing To secure a Far Better Harmonize withClothes make the man, so they say and we all know for an total which the right clothes less make us lads feel better nevertheless they make us medicine. In sports a lot of technology has been handled, many innovations have got polo ralph lauren shirt given rise to better garments that're that are specialized just about all ralph lauren polo noble golf swing. There are perfected t shirts, slacks, shorts and shoes that leave gamers look very intelligent to the green and have proven to be comfortable. These clothes primarily result in the players movements control, they are not confining your natural playing along with walking movements inside a player are for example by the sport. For newbie plus some beginner participants that offer the perception all those golf apparel was ralph lauren shirts created those aged and also cheap ralph lauren polo you ridiculous jeans as well as can ralph lauren shoes shirts, you can just going to be find designs like such however material used is founded on modern dry-fit stores. Nevertheless the modern men's and women's golf apparel is much better compared to these types of old and obnoxious combinations. Golf outfits not cover tops, slacks, shorts, dresses but additionally cover, one of the ralph lauren sale most ralph lauren clothing important sports gear remains that it is essential in any sport to provide a source wrong choice isn't spell disaster this will be relevant athlete but can also cause injury. Probably the most important aspects for their golfing outfit could be the selection of for everybody golf sneakers. Sandals; provide a firm grip for your green. It creates a much more stable position for the form and we are very mindful that a safer position means an even more stable and steadi swing. This means a lot more controlled game, the extra controlled drives plus some greater general individual confidence. When you are walking from space to hole it is relatively very essential our shoes provide be ralph lauren dress held and cushion, it really secure and hasn't cause every distractions. In cheap ralph lauren the environmentally friendly while we are making that challenging putt, our own sneakers must also create a more steady base for that reason we all more risks of making a birdie or better yet an eagle. In considering an individual's golfing clothing we should also remember not every day might be sunny. If you have the nip in the or possibly it becomes raining, w should also get comfortable sweater vests to make them along a poncho if you find yourself sudden bursts of rain. Golf garments ralph lauren outlet gets us feel better and confident, they have to make us seem smarter and provide us all the possiblility to enjoy the royal game more. ralph lauren polo shirts

monster beats by dre studio

I've got Monster Beats By Dr Dre to be honest with Monster Beats Outlet you - the first time Monster Beats Cheap I put these Monster Monster Beats On Sale Studio headsets on, I Monster Beats By dre wondered how headphones monster beats by dre review such as these are monster beats by dre studio capable to produce monster beats by dre cheap outstanding base. monster beats headphones It was amazing! dr dre monster beats It honestly felt monster beats dr dre like you were in monster beats dre your own studio beats by dre on sale with Dre right beside you. beats by dre studio If you’re like me, beats by dre headphones and can’t go a day beats by dre solo without listening to monster beats by dre studio headphones music, these headphones monster beats by dre headphones will become your monster beats by dre pro best friend. monster beats earbudsIf I had one complaint beats by dre about these beats by dre australia outlet headphones, monster beats by dre solo then it’s True Religion Jeans the following: True Religion Jeans Outlet sound leaks - True Religion Jeans Replicas sure these headphones True Religion Oultet provide amazing True Religion Oultet NYC sound quality. true religion outlet online However, true religion clearance sound leaks true religion jeans on sale can ruin a true religion jeans for women masterpiece. true religion jeans cheap These leaks provide true religion jeans for cheap nothing but true religion jeans for men disturbance for true religion brand jeans your surroundings. true religion jeans saleThe Studio Over true religion jeans women The Ear range true religion jeans discount is ideal for cheap true religions the semi-professional discount true religion jeans studio buy true religion jeans producer and true religion jeans online DJ.If you want true religion skinny jeans the sleek true religion outlet store and pro look cheap true religion jeans men then Studio is true religion jeans store the way to go. true religion jeans outlet online To hear every beat true religion factory outlet pounding in your true religion ear is music to Rolex Watches Replicas dedicated listeners'. Rolex Watches for men Beats By Dre: Over MEN WATCHES The Ear is REPLICA WATCHES personally suited Michael KORS Watches On Sale to the users' ears, rolex watches replica for the headphones rolex watches for salecan be adjusted rolex watches for men to your liking without rolex replica watches any hastle, and rolex mens watches they sit comfortably rolex womens watches on your head. rolex used watches The packaging replica rolex watches is just as beautiful, fake rolex watches as it comes with a buy rolex watches durable black case rolex watches replica uk decorated with rolex watches replica canada the 'B' emblem, rolex watches knockoff and a microphybic omega watches online cleaning cloth omega watches replica to keep the omega watches replica uk shine on going.