*Oppas vir suurpruim nursies in Unisa se gange ... hulle mag jou dalk aansteek as jy nie ver genoeg staan nie.
... Blinkgestrykde pienk pastel-uniformpie met koper-oorgeblaasde blikgoetertjies op haar skouer. Haar pikante rooierig-gekleurde kapsel herinner aan die soort van affêre wat waaraan mense vir maande lank op hulle kredietkaarte se begrotings aan afbetaal. Net sodat hulle hul suur en siniese binnekant met 'n vals kosmetiese dop kan verskuil. Eers het ons gedink sy het 'n suurlemoen vir ontbyt gehad. Dit blyk toe dat haar vorige aandete ook iets suurs moes wees, want soveel van 'n suuropbou rondom 'n kringspier het ons lanklaas ervaar. Dan is die ou glimlaggie ook nog onderstebo.
Eers dink ons toe mos nursie het darem 'n opvoeding en sou eers groet voordat sy praat. Maar die gal braak. Dit loop in strome uit haar PH-ongebalanseerde binnekant. Vra irrelevante vragies wat op duidelike onkunde oor ons spesialisasieveld dui. Uiteindelik blyk dit toe mos dat sy bedreig voel omdat sy dit nodig ag om 'n selfbeeldprobleem agter 'n agterstevoor identiteitskaartjie en 'n paar stukkies blik op die skouer te probeer wegsteek. Nursie doen toe selfs by sekuriteit-hoofkantoor navraag oor die ongewenste lewensvreugde wat ons durf uitstraal in haar onmiddellike omgewing. Tydens die hele gesprek is daar 'n ou vriend, 'n sekuriteitsbeampte wat ons goed ken ook in die geselskap. Sal maar nie sê wat hy in Tswana vir my oor nursie gesê het nie. Sy sal dalk daarna nooit weer haar suur gesiggie in die gange van Unisa durf wys as sy weet wat haar kollegas haar in Tswana noem nie.
Rasionaal agter die stukkie: as jy sien die dag het vir jou 'n oormaat vreugde en geleentheid in stoor, neem dit, maak die heel beste daarvan en deel dit met almal om jou. Jy het dit gratis en verniet gekry en daar is geen rede om dit te snoep nie. As iemand jou dus, selfs aggressief, daarop wil aanvat, is al wat jy kan doen maar net om die suurpruim jammer te kry, want hulle het self gekies om nie hulle pakkie vreugde en geleenthede vir vandag te neem nie.
En aan die nursie: Ek is nogal gereeld by Unisa. My hoedanigheid daar maak nie nou saak nie, want jy sal dit in elk geval bevraagteken. Jy sal moet begin gewoond raak aan spontaneïteit en dankbaarheid ...
Stof
