Piet Magriet: Ek lees die HAT en kom hierop af wat heel interessant is. Uit die aard van die saak is dit afkomstig uit die Nederlands.
Hebbe en houe:
1) Iemand se besittings, alles wat hy het.
2) Gesegde: Hebbe is hebbe maar kryge is die kuns - dit is maklik om te hou wat jy het, maar moeilik om dit te verwerf.
Hier is nog een: Ydelheid der ydelhede.
Dit is 'n voorbeeld van hebraïsme
hebraïsme - enige verskynsel wat in navolging van 'n Hebreeuse voorbeeld in 'n ander taal gevorm is en vreemd aan die aard en idioom van die betrokke taal is.
