Pret met Woorde en 'n Laslappie Bylaag

Woord in Engels: 
(Druk asb op die read more skakel)
Verwysing: 
Met dank aan al die skrywers wat bydrae tot hierdie afdeling in ons boek van woorde.

Piet Magriet: Vadoekie!

My ou loslappie,
Ek wil net vir jou sê
hoeveel liefde en respek ek vir jou hê
om in elke hoekie en draaitjie,
elke hoekie en gaatjie,
al die poefies uit te vee!!!!
Jy is die liefde in my lewe
Jy laat my hartsnare bewe,
Sonder jou
is my lewe grou!
My ou los lappie!!!
Jy is my lewensgig
al moet ek jou elke dag jik,
Jy is my loslappie!!!

© Piet Magriet

PRET MET STEDE SE NAME: MANLIK EN VROULIK
Naas:
Parys = Toring
Kimberly = Gat

Meraai vannie baai:
Papua New Guinea = Skoonpa
Maputo = Skoonma
Moroni = Ouboet
Helsinki = Ousus
Bangui = Sussie
Djibouti = Boetie
Addis Ababa = Baba
©

Pommies, Tommies of Tjommies:
As ons teen hulle veg is hulle Pommies of Tommies en as ons vrede maak dan is ons Tjommies

Tong in die kies pret met 'Amps-Afkortings':
Dominee's - dommies
Prokureurs - prokkies
Dosente - dosies
Onderwysers - onnies
Vakleerlinge - eppies
Dokters - dokkies
Lektore - lekies
Skoliere - skollies

PRET MET WOORDE VAN: Flaf
Engeling en Liefding
speel blikaspaai en kennetjie
raak latjiesbeen
en holderstebolder
gat-oor-kop
verlief.

Liefding word parmantig,
speel bok-bok-staan-styf,
hoeveel vingers
op jou lyf?

En jaag vir Engeling
bo-oor
Hompie Kedompie
se muur.

Engeling begin tel
aan Liefding se hand;
is lekker dan net
een vinger lank?
©

TRAPPE VAN VERGELYKING:
Naas:
Trappe van vergelyking: Telkom - Eskom - Omkom

Van die poskoets afgeval: Een van die langste woorde in Afrikaans:
Hottentottensoldatetentoonstellingstoegangskaartjieknipapperaatbedieningsmeganismehersteller.

WOORDE WAT WEERKAATS:
Gatkantland Kleingoed:
WOW = MOM
dadda = pappa

PRET MET SPEL:
McF:
(Met dank aan McF vir die eerste voorbeelde)
Spel Klavier.
Kla een
Kla twee
Kla drie
Klavier
------------------------------------------

Spel vuurhoutjie
Eenhoutjie
tweehoutjie
Driehoutjie
Vuurhoutjie.
-------------------------------------------
Spel stem:
x
-------------------------------------------

Spel Taxi
t a soentjie i
-------------------------------------------

Vossie:
Spel Nugget:
En U gha gha Ee T!

Spel Moodley:
Em, O, Nogga O, doodli why!

Jan Anderland:
Spel School:
Slangetjie krulletjie hu wieletjie wieletjie lu

Naas:
Spel People:
Pê - op - lê

Meraai vannie baai:
Spel IDIOT:
ID TEN T

SPELLING SPELLING!!!
Jy's my kouk botil proppi

My lipais doppi

My hempsi knoopi

My kissing slopi

Pienatbottir broiki

My milksjyk stroiki

My spar bissi

My gout vissi

My blommi en my e-mail tjommi

Leka dag!

Wat is die verlede tyd van eggenoot?
Metgesel of Ek't-geniet!

Naas:
Die vark kla by die donkie:
"Ek is nou keelvol vir die mense wat so op my neersien. Hulle gebruik my naam vir alles wat sleg is. As iemand iets verkeerd doen noem hulle hom 'n vark. As iemand sleg bestuur is hy 'n padvark. As iemand nooit bad nie is hy 'n vuil vark. Almal wat kwaaddoen word varke genoem. Ek kan die mense net nie meer verdra nie." En die donkie antwoord: "Sulke varke"

Goselyn:
Jy kan kwalifiseer as 'n gestremde,
jou een arm is lank, die ander een kort.

Jy neem verskillende vorms aan:
rond, vierkantig, driehoekig en selfs ovaal.

Jou handjie wys noord,
die ander een suid.

Nou-nou is een oos
en die ander ene weer wes.

Somtyds wys albei armpies noord.
Soms het geeneen enige rigting.

Jy wissel van kleur,
nes 'n opregte verkleurmannetjie.

Maar jy pas by almal.
Jy is almal se maatjie.

Sonder jou is ek verlore, my arm kaal,
my siel verdwaal in die sekondes wat bly maal.

Jy is my beste maatjie,
ek moet jou by my hê,
elke dag,
elke uur,
elke minuut,
elke sekonde...

Sonder jou kan ek nie,
my liewe gestremde-armpie horlosie...
©

LEER DIE DIFTONGE:
bertha badprop:
*Die krAAI en die mEEU eet die vlOOI op die kOEI

LEER DIE VOKALE:
bertha badprop:
A-rme
E-k
I-s
O-upa
U-il
Y-skoud

Wat beteken TREK?
Anselize:
T - Te (vir teveel werk, teveel probleme ens)
R - Raadop ( Raadop oor al die baie gemors opgegaar - pakplek ens)
E - Ek ( Ek ........)
K - Kla (afkorting vir klaar, Geestelik en liggaamlik uitgeput)

Meraai vannie baai:
T - Tussen
R - Regtig
E - En
K - Kamma
*Tussen regtig en kamma trek ons 'n rooi strepie om die twee te kan onderskei.

T - Toe
R - Raak
E - Een
K - Kapoet
* As een moeg raak vir omstandighede buite beheer trek hy/sy uit.

T - Tussen
R - Rooi
E - En
K - Kapoen
* Gevoel van die een wat genoeg gehad het en die groot besluit geneem het. En met liefde, geduld, wysheid van Bo en BAIE moed oorleef mens TREK tussen twee leefwyses.

VAN DIE POSKOETS AFGEVAL: Christa van NZ
PAPPOT VRIENDIN:
* Het jy ook 'n pappot-vriendin? So 'n lekker, rustige ou maat wat eenkant in jou lewe staan en prut? Jy weet presies wat onder haar deksel aangaan en jy maak nie die pap te dik aan nie.

RYSPOTJIE VRIENDIN:
* Sy is lief vir skinder en jy vertel haar nie jou grootste geheime nie, want nes jy jou rug draai, loop sy oor.

DRUKKOKER VRIENDIN:
* Sy's die bekwame leier wat talle take op haar skouers neem en alles vinniger en beter as ander kan doen. Maar, selfs sy raak soms onder te groot druk en as sy nie dadelik afgekoel word nie, is die skade groot.

DUBBELKASTROL:
* Die afhanklike een wat net kan funksioneer as sy iemand onder haar het wat die stoomwerk verrig.

PAN VRIENDIN:
* Sy is daardie oop, vriendelike mens: verberg niks onder 'n deksel nie en steek 'n lang arm uit om jou te help. Sonder haar is jou kombuis onvolledig en jou siel arm.

Ondanks skete en tekortkominge, het elkeen van jou potjies 'n plekkie op jou rak.

TAMELETJIE WOORD:
Annie:
Vetploeterinnimodderpret

Meraai vannie baai:
TAUMATA­WHAKA­TANGI­HANGA­KOAUAU­O­TAMATEA­TURIPUKAKA­PIKI­MAUNGA­HORO­NUKU­POKAI­WHENUA­KITANA­TAHU
Dit is die langste woord vir 'n koppie/heuwel in New Zealand. Dit is 'n Maori naam wat in algemene gebruik was, maar is nou verkort na Taumata.

SO SKRYF DIE KOERANT:
* Spreuke van Jake: As jy Doer Bo wil kom, kry die man Doer Onder om die werk te doen!

* Afrika word Chifrika

* Suid Afrika kan maar nou al sy naam verander na Suid-babwe!

* Wat is ’n Afrika-dorp sonder sy Chinese winkel?

* Die organisasie vir die behoud van Goeie Hardwerkende Politici.
Kortweg genoem: Goehpol

* Kurt sien sy loslappie (na die groot val)

Aspoestertjie:
Dis die blond
Dis die blou
Dis die Brooklax wat ek kou

Dis die pyn
op my maag
wat my toilet toe jaag

Dis die toilet
se deur
Wat my op volle vaart keer

Dis die goed
in my broek
wat my ma laat vloek

Dis al!

MENU: LAS-BY-POT:
SueEe:
Resep soos volg: Bestandele:
'n paar vrinne.
'n paar wingerd-bottels.
'n een groot vuur.
'n moerse pot.
'n paar bakke ... een vir elke vriend.
'n kombuis.

Metode:
Stuur elk met bak die kombuis in.
Elk vul sy bak met iets, vanuit die spens tot by die yskas.
Bring na buite tafel.
Berei voor...
en elk las-by-pot.
prut tot wingerd-bottels naby leeg is.
Bedien en benut.
Waarskuwing:
Die sukses van die resep hang af van die kwaliteit en kwantiteit
van die wingerdvrug-bottel inhoud.

FEITE (van die poskoets afgeval):
* As 'n onderwyser 'n fout maak, vee hy dit uit.

* As 'n tandarts 'n fout maak, trek hy dit uit.

* As 'n dokter 'n fout maak, begrawe hy dit.

* As 'n regter 'n fout maak, word dit wet.

* As 'n skoolkind 'n fout maak, kom hy volgende jaar terug.

Sonica:
Die Koei (Opstel deur ‘n leerling)
Die koei is ‘n soogdier. ‘n Koei is orrals. ‘n Koei het ‘n baie fein reik – jy reik hom oor die jele plaas. Agteran die koei sit die stert. Aan die een kant van die stert sit die pint van die stert wat die kwas genoem word en aan die annerkant sit die koei. Die koei gebryk die kwas om die flieje van haar weg te hou anners val hulle innie melk. Vooraan die koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei. Die koei is oorgetrek met ‘n beesvel. Onderaan die koei hang die melk. Om die melk te kry, maak jy die koei se bene vas. Die agterstes. Dan sit jy onner die koei en trek die toutjie. Dan kom die melk. As die gras goed is, is die melk goed. As die gras sleg is, is die melk sleg. As die donner-weer in die lug is, is die melk weg. As dit ‘n ou koei is, is die melk suur. Dit is baie goedkoop om ‘n koei aan te hou want jy gee hom net een keer kos, dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die os. Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie. Om os te sê is nie ‘n vloekwoord nie. Verder weet ek niks. Behalwe dat as ‘n koei baie stip na jou kyk, moet jy padgee want dan is dit ‘n bul.

Mel:
Eerder dood van lekker…as dood van lus

Dinsdagoggend en Rooikappie hardloop kortasem in die woud...soekend na Wolf.
Wat sal Ouma se rol dan wees as Wolf nie sy gesiene hongerpyne volg nie?
Tog was dit net enkele malword dae terug toe Rooikappie hom genooi het vir ete ... Seël jou lippe, leser.

Gisteraand het sy van hom gedroom. Eroties. Eindeloos.
Motoriese senuwees sal wel haar vrees prikkel, want sy ken die laaste bladsy se finale woorde.
Die obsessiewe vraag oorheers alle ander ... skrifteloos. Hoe om meer storietyd te wen?
Oortuig hom dat die skrywer die doellose einde met 'n ander verbeeldingsvlug verwar het?

Opstand ruk los en vra hoekom sy nie ook kwalifiseer vir die standaard nodes van geluk nie...maar net 'n onverklaarbare cul de sac vir Rooikappie. Met haar wellus se geboorte in Wolf se oë.

Kan hy ooit na haar kan kyk sonder die rooi kappie ... oorbodig. Sonder die voorgeskrewe beeld van onskuld en slagoffer wees.

Wens soms in koue dat sy maar net marmer was, met geen verlange na die vooropgestelde vyand.

Die onbegonne taak...
Letsels in haar profiel, weggesteek.
Krake verskyn in haar ooglede en onwillig speel haar geheue vlinder oor die uitveer in haar selfportret. Die slang (alreeds as veroordeelde aangewys) roer liggies binne haar.

Maar geen hartsverwyte kan uit haar rebellie klim in hierdie verhaal nie...dit is mos nie in die skeppingsplan (en miskien later 'n biografie) ingewerk nie.
Hoe sal die kinders dan in vrede die boot na wonderland neem as hul die naakte Rooikappie sonder die rooi kappie moet ontmoet?

Die herfsblare kraak selfverdedigend terwyl haar kniee die landsmerk van haar wense neerplant. Gee nie om watter lyntjiesoë haar eerlike knak moet raaklees nie.
Onverwags...benoude disibels weg, weergalm Wolf se fluit ridder in haar ore.

Nare Wolf verkondig sy koms!
Vlitsig 'n keuse.
Kentekens rigtingloos deur haar hart.
Die besluit word geneem...

Vrolik stap Rooikappie deur die woud na haar Ouma se houthuis.
(Met die voorbereide sin: Hoekom is Ouma se oë so groot?)...

Slotsom: Wel, net dit...Fluit Fluit My Storie Is Uit
©

HET JY GEWEET:
Piet Magriet:
Het julle geweet dat 'n Paradysnimph 'n assistent is?

'n Paradysvy is 'n piesang.

LASLAPPIE BYLAAG VANUIT DIE FORUM (1):
Swaartekrag en ouderdom

Juenka:
*Ek hoop ons nageslagte sal hierdie humoristiese lyne as normaal ervaar en nie snaaks nie. Hang tieties en al.

* Ek hoop hulle besef oor die eeue dat daar nie ‘n patent is op hoe ‘n man en vrou moet lyk nie.

*Dit is ironies dat as jong vrou het jy niks selfvertroue nie maar 'n damn goeie lyf. Dan in jou dirty thirties is die selfvertroue hoog maar die tiete laag.

* Dink net hoe great sal dit wees as daai plank modelle ook eendag met hulle rolletjies en sagte boesems vrou wees kan verteenwoordig.

*Die huidige "media" voorbeeld is 'n klomp dames wat nie hulle wysvingers vir rigting aanwys gebruik nie maar eerder om dit in hulle kele af te

* Ek wens vandag dat dit normaal beskou word as jy op jou rug lê en jou boesems val onder jou arms.

* Ek wens vir die dag wat die vertoon poppe in winkels se nippels ophou opwaarts kyk en eerder kniebuig met dank onder toe.

* Ek wens dat normaal net normaal kan wees.

* Die nommer 12 en 14 moet die nuwe 8 en 10 word.

*Die dag wanneer paaseier nie meer ‘n vorm is nie maar eerder iets wat jy kan eet sonder om al jou weight less punte te verloor.

SueEe:
*Jy't 'n moeder-lyf! En as jy gaan soek vir die magic nommer 8 wens jou seun van 10 dat jy soos sy maats se ma gelyk het dan het julle nie so baie tyd gemors om te soek vir jou nommer!

Aurora:
* Ai die swaartekrag! En die tieties wat middellyf toe neuk. Ai, ai ai. Waar is die dae?

Meraai vannie baai:
* Simpatie mede susters in die verdrukking. Op 50 begin ons liggies almal permanent op 'dim' brand en verlig die voetpad na waar die manne aan ons sye, met hulle afdakkies vir die gereedskap sodat dit nie moet roes nie, sit en braaf probeer blaf om te wys wie is nog baas op die erf!

bertha badprop:
So paar gesegdes soos uit die Dutton familie:

* Ek is nie vet nie, ek is omring met sagtheid.

* Ons vroues na 30 is sexy - seksie op seksie op seksie

* Ek is nie vet nie, ek het net 'n groot beenstruktuur

* En ek kan nie eers swaartekrag die skuld gee nie, want plooie het ek nog nie geerf nie, net deegrolle om die middel en tjoklits in die oë.

* Dankie tog vir mans wat hou van mollige lyfies in die winter!

* Ek is vet en vrolik, meer om vas te hou en minder om oor te worry. kom aan dames leef lekker in daardie lyf ... die porches is snazy maar niks word meer onthou as jou eerste vry in die volla nie ....

(Van die poskoets afgeval:)
*Ek is nie vet nie, ek is slim - al die inligting wat ek het is te veel om in my skedel te pas, nou sak dit af na die res van my liggaam toe...

Piet Magriet:
*Net meer vir die manne om lief te hê, daai ekstra paar kilo's - My eerste vry was in 'n klein groen Renaultjie wat nie eers "brieke" gehad het nie, die Renaultjie bedoel ek!

* My "liggies" skyn nou eers 'n helder kol op die "voete"!

* Ek dra ook 'n nommer agt. Gewoonlik is dit nommer sewe maar my ou voete swel sleg hierdie jaar!

* My man sê, as hy na my lyf kyk kan hy sien ek is vooruitstrewend, ingetoë en agterbaks.

Naas:
Hoe weet 'n mens (beide geslagte) as jy die stryd teen gravitasie verloor het?
* Jou dubbelken hang op jou borste

* Jou borste hang op jou maag

* Jou maag hang ook oor iets

* Daai iets hang op jou knieë

* Jou knieë hang op jou enkels

* En jou enkels? Hulle sleep oppie grond.

Dus, solank jou enkels nie deursleep oppie grond nie is jy nog reg!

LASLAPPIE BYLAAG (2):
Hond- of kat-mens?

Aspoesterjie:
Katmense is liefdevol en speels met hul eie gevestigde persoonlikhede maar moenie hulle kwaadmaak nie, dan kom die skerp naels uit.

Hondemense word volgens ras geklassifiseer. Jou persoonlikheid sal bv met 'n Bulldog of 'n worshond s'n vergelyk word.

My oupa sê altyd: "Elke hond kry sy dag maar 'n kat vang sy muis." (aspoestertjie)

My oupa sê: "Oom Mugabe is beslis 'n hond mens, want in die hele Zimbabwe is daar nie genoeg grawe om van hom 'n katmens te maak nie."

Juenka:
Ek is 'n kat mens want hulle begrawe hulle stront.

LASLAPPIE BYLAAG (3):
Betaaldag:

Mel:
Soms dink ek dit is sisifusarbeid waarmee ons die tyd najaag. Van einde van die maand tot einde van die aand...

Maar tog so lekker om wakker te word die oggend van payday!!!

Anselize:
As ons salaris nog kontant betaalbaar was met die petrolprys, rentekoerse ens kan mens dit met 'n "washer" vergelyk. Dan het ons vir die gat gewerk en die skuldeisers vir die staal.

Annie:
Aan die einde van my geld is daar nog soveel maand oor!

bertha badprop:
Het jy 'n payday??? Ek het 'n skuldeisers dag - sodra daardie dag aanbreek - vloei daar geld in, en dan weer dadelik uit ... nou wonder ek, is ek van 'n ander planeet ...

Niks beat payday nie - maar dis bad om te dink mens leef nou van naweek tot naweek en betaal dag tot betaal dag - alles inbetween is 'n waste ... of so dink die mense ...

Juenka:
Wat is 'n senuweewrak? 'n Man met 'n huispaaiement, 'n motorpaaiement, 'n vrou en 'n skelmpie –
EN ALMAL IS 'N MAAND LAAT!!

LASLAPPIE BYLAAG (4):
Toe-oog-afspraak:

Goselynn:
Ek het ookal myself hoog en laag belowe om nooit so desperaat voor te kom om op 'n toe-oog-afspraak te gaan nie. Maar dan kry mens die item in jou lewe wat jy "vriende" noem en hulle is tog altyd so bemoeid met mens se persoonlike lewe.

bertha badprop:
Ek was verlede jaar op 'n blinddate - what a hunka-bunka. Probleem was die ouderdom en dan die belangstellings - ek en 'n pilot sou nie pas nie - ek vlieg te veel in my glorie in. O ja, met sulke vriende, wie het vyande nodig?

Sien dit as 'n grootmens lucky packet - jy weet nie wat jy kry nie, maar dalk is dit lekker sweeties of as dit nie is nie, is dit lekker speelgoed ... hoola hoop - hierdie is beter as sewende laan - goody goody gosh!

Mel:
Ek was nog nooit in my lewe op 'n toe-oog-afspraak nie ... wys jou watse vriende het ek gehad!!!

Aurora:
Mens is net eenkeer jonk en laf. Moeilikheid kom as jy OUD en laf is. Lag ek vir myself. Lag is makliker as huil ...

Juenka:
Ek was 19 jaar oud toe reel my ouer suster vir my 'n blind date met een van haar student vriende. Glo dit of nie die ou was toe blind. Toe ek hom ontmoet en sy hand skud toe sê ek hardop "Sjoe dit is nou 'n regte blind date." Daar was 'n doodse ongemaklike stilte en toe bars hy uit van die lag. Ons almal het ons pap gelag. Hy was toe so 'n cool ou en ons het die aand onsaglik baie geniet.

LASLAPPIE BYLAAG (5):
PENPRAAT

Naas:
Partykeer luier ons kreukelkamers nog dan klap ons lippe al in 5de rat. In die proses maak ons seer en kom spyt altyd te laat.

Ek wonder gisteraand, na so 'n ondeurdagte reaksie, of die wêreld dalk 'n beter plek sou wees as ons almal net met pen en papier moes praat. Geen klanke.

Rustiger want jy moet wag vir jou antwoord en die groot voordeel - jy het tyd om oor jou antwoord na te dink terwyl jy skryf.

Miskien het die mensies met die êê-kultuur tog ietsie beet. Êê...êê...ek dink eers na oor êê.. wat ek wil sê.

Trapsoetjie:
Ek dink jy pluk daar aan 'n ware snaar. My wag het al jare terug weg gehardloop vir my skerp tong .... ek word gereeld vertel oor my manier van praat....nou bly ek maar uit almal se pad.

Ek wil nie regtig iemand seer maak nie maar nou ja ek is reguit seker maar verkeerd van my maar ek glo om hom te sê soos hy is.

McF:
As die mens net moes skryf, dink ek sou daar baie minder seer in die lewe gewees het.

Daardie stemtoon en klanke wat uit die mens se mond val, slaan partykeer baie hard.

Met 'n pen oorweeg jy elke woord, en teen die tyd dat jy klaar geskryf is, is die woede weg en skeur mens gewoonlik die brief op.

bertha badprop:
Ja briewe (notas) kan geskeur en verbrand word, selfs uitgevee word, maar woorde wat geuiter word word vasgebrand in die hardeskyf van die hart en formatting help nie altyd nie.

Die wag voor my mond toy-toy ook alte lekker, maar soms kry ek dit tog reg om my woorde te tel en dan met sorg uit te spreek.

Piet Magriet:
Eish! My bek het ook nie brieke nie!

Dit is soos Trappies sê, ek bedoel ook nie om seer te maak nie, maar ek sê hom ook maar soos hy is!

"die wag voor my mond toy-toy ook alte lekker" ai BB, myne is ook knaend besig om
te staak!

Aspoesterjie:
My oupa se woorde "Van die hart na die mond val jy met jou gat in die strond"

Mel:
My petisie teen jou aksie

my vuis lê ongebruik
my offerande stroom uit

Het jy verweer
teen my woorde
©

natalie-dominique:
Uittreksel: "slag van twee susters" geskryf.

Oomblikke later, minute
Spat my wonderoggend aan skerwe, vernietig
Jou eerste woordesalvo hinderlaag verras
Rat-a-tat-a-tat snel woordekoeëls
Deur skoksuf kop, my oë starend, nikssiende
En die stilte voor die storm ondraaglik, mistroostig
©

Woorde - eenmaal gesê is klaar gesê en terugtrek daarvan so onmoontlik.

Meraai vannie baai:

Met net 26 letters van die albabet
skep ons woorde vlymskerp beelde
wat skend en kwetsend siele vermink
soms tot aan die rand van die graf
- waar slegs vergifnis heling bring -
©

SueEe:
My pen is die ink van my siel. My pen praat ook! Soms nie so baie nie, soms gans te veel.

Ander kere neem dit ‘’n rukkie om die ink-refill in die hande te kry, soms loop ek sommer met ‘’n spaar een in my mense hart rond.

Die woorde word geskryf op my hartspapier.

Soms druk ek bietjie hard op die papier, en dit laat inkkolle oral en bederf die papier.

Soms skryf ek so lig dat ek dit teen die lig moet ophou om die woorde te sien…amper soos om te sag te fluister.

Soms gly die pen oor die papier, soos glad soos ‘’n vis in water … ander kere is dit hakkerig en moeilik.

Soms is die ink te warm … en oorvlooi die letters ander keer is die ink te koud en trek droë lyne waar woorde moes staan.

Maar ek het geleer om my pen en papier te waardeer en op te pas. Ek laat dit nie buite rondlê nie.

Dit is nie bestand gemaak teen die wind en weer daarbuite nie…maar teen die aanslae wat ons moet verweer, is dit juis die einste pen en papier wat ons beskerm.

LASLAPPIE BYLAAG (6):
GERAAMTES

Aspoesterjie:
Geraamtes is vir my baie grillirig. Veral as hulle nog vleis aan het.
My oupa vertel die volgende:
Oom Papsak* van die plaas "Onder-my-uitgesuip"* was vreeslik lief vir die bottel en dan kom hy saans laat gekletter by die huis aan, pluk sy klere uit en gooi dit op die vloer waar sy vrou, Tannie Moeggewag* dit dan weer agter hom moet optel.

Sy het hom sagkens dog dringend gewaarsku om nie sy vuil klere op die vloer te los nie maar verniet. Toe dreig sy een aand om hom in sy dronkslaap van sy manlikheid te ontneem as hy weer die klere op die vloer los.

So kom die oom weer een aan lank onder die bottel laat in die oggend daar by die plaas aan, pluk sy klere af en onthou van sy manlikheid wat bedreig word. Hy tel toe sy klere op en maak sy kasdeur oop net om oom Klaar Gevry* se geraamte daarbinne te kry, nog so aan sy geraamte.
*Name verander ter wille van geslote kasdeure.

SueEe As President:
1. Een uur per dag sal afgestaan moet word vir Woes forum (skuus ekke was bietjie stil die
laaste tyd)

2. Almal moet Matriek oorskryf op 30 en 40 en 50 jaar...want ouer mense moet ten alle
tye slimmer as hulle kinders en kleinkinders wees...om huiswerk vir hulle te doen.

3. Almal moet elke 10 jaar heraansoek doen en 'n bestuurstoets oordoen...mense verwar
hul eie padreëls met dit wat wetiglik toepaslik is.

4. Saterdae middae as official Braai-dae verklaar...mense kan dan vleis teen halfprys koop
en elektrisiteit bespaar om nie te kook nie...dit moedig samesyn, vriendskap en sterker
familie-bande aan.

5. Maandae sal van nou af nie meer blou wees nie...

6. Ek sal die gesonheids Minister die goedkeuring gee om alle pille en brille van die mark te
verwyder en slegs twee pille per dag, gratis aan belastingbetalers te skenk, nl.
Pilletjie 1 - Geduld en Pilletjie 2 - TLC.
Dit sal 90% van alle mense en die land se probleme oplos.

*Van die poskoets afgeval en aangedra deur Jo'e-Lo
Gdietge is goonewilk vir my meioilk,
wnat dit vra jou aells-mnes.

Maar as die geadtegs eres volt,
dnik hllue letar jy’s knes...

Die wat ek die metese van hou
is krot en kgtirag, wat jou smeomr gou
laat bseef: dit was edioenvug pgtirag!

DIE GROOT NAWEEK VAN RUGBY:

Wikus se gediggie:

Braaivleis, boerewors en biltong.
My trui is aan, die dop staan reg
die game begin hier kom ‘n geveg
die glase word leeg die spanning loop hoog
daar trek Habana soos ‘n pyl uit ‘n boog

My bloed die pomp, my hart klop in my keel
want Keagan Daniels het die bleddie bal gesteel
ons moet verdedig ons moet net keer
die Sharks is hier om ons ‘n les te leer.

Kondoomkop* kry die bal en pass vir Steyn
iewers deur die gap het hy verdwyn
Hy sien die doellyn wat openlik wink
vanaand gaan die Sharks hul sorge verdrink.

Die drieë word gedruk en die skare juig
more gaan ons almal aan daardie disprintjie suig
die ref blaas die fluitjie en druk sy hand in sy sak
een van die Bulle is nou diep in die kak

Met veertien man en twee minute oor
dink almal die Bulle gaan die game verloor
Die Durban skare is stil terwyl die skok oor hul spoel
Steyntjie wen vir die Bulle die game met ‘n great skepdoel.

Die drankies bly vloei
terwyl die arme Sharkies eenkant sit en bloei
Die mense gesels, die musiek lawaai
so geniet twee spanne ‘n regte boere braai.
©
* Kondoomkop: Die Wolmaranse se weergawe van Fourie du Preez

Natasha Dutton se weergawe:

Braaivleis, boerewors en biltong

Prrrt tril die fluitjie die game het begin
in die Sharktank vul die spanning – geen Steve wat sing
blou en grys speel vir die eer
en SA staan reg om vir hul span te cheer.

Die ref word verskree, ‘n drie word gedruk
en elke nou en dan word my moer gepluk
want wikus skree blou en ek skree grys
ek bly glo dat die Sharks die Bulle gaan wys.

Met Spies in die span is daar geen plesier
Kuun laat my hormone vlamvat soos ‘n dier
Olivier loer onder spierwitte kuif
terwyl die Sharks nader aan die doellyn dryf.

Halftyd word die vure gepak
penregop sit ek as die manne vir die scrum sak
die broeke wat span om die boudjies so mooi
maak van my ‘n gewillige prooi.

Eindfluitjie blaas daar’s ‘n pelaton in my kop
die drank wat ek drink slaan harder as Steyntjie* se skepskop
die Sharks het gewen, my droom is bewaar
die wekker lui skril, om te droom bly swaar…
©

VAN DIE POSKOETS AFGEVAL: DIE OU EN NUWE SUID AFRIKA
Sneeuwitjie word : Gitswartjie.

Die 7 Dwergies word : Die 7 Kroeskoppies.

Kabouterland word : African village.

Goue Lokkies word : Dreadlocks.

Hansie & Grietjie word : Sipho & Thandi.

Jan En Die Boontjierank word : Mugabe En Die Daggabos.

Liewe Heksie word : Lovely Felicity.

Rooikappie word : Swartkappie.

Die Wolf word : Thôkeloshi.

Die 3 Varkies word : Goodness, Gift en Precious.

Barbie word : Modjadji.

Little Mermaid word : Little Maid.

Die Smurfies word : Die freedom-fighters.

Die Kabouters word : The Youth League.

Feetjieland word : Little Soweto

WOESTERS SE MEES-GELIEFDE-TIEN -WOORDE/FRASES:
Piet Magriet:
Dankie
Dankbaar
Welkom
Liefies
Groete
Pragtig geskryf
Staande applous
Mis jou
Lief jou
PM

Juenka:
WTF! (Ongelukkig moet ek dit sensor)
Luv u
Thanks
Mmmmm
WOW
Waardering
Goeie grond
Liefiekind
Flippen
Hello

Antjie:
Hallo (vir almal)
Hoegaanit? (vir almal)
Dankie (vir almal veral Jesus)
Asseblief (vir almal veral Jesus)
Koebaai (vir almal maar nooit vir Jesus)
Liefjou (vir kinners van my broer en suster)
Here (vir Hom)
Ekskuus? (vir Hom)
Luister (vir kids)
OO-HEL (in wildtuin !)

Meraai vannie baai:
LOL ek gaan mos oorboord met alles altyd, so my tien goed is almal gelapte uitroepe!

Dankbaarlik ewig deur ...
Doet voort sebliefie!
Kniebuig vir jou
WOW!!!
Staande applous!!!
Ag blommetjie toggie tog!
Grote Griet!
Jy rekent daai ding!
Notte dem Outop!
Hier steek 'n ding sy kop uit ....

McF:
Jibsem
goed beter die beste
Sorry
Hey
Maggentaggentagg
Dankie
Lief jou
Cheers eers
Pa (ek noem my oupa ook pa)
Ma (ek noem my ouma ook ma)

Mel:
Dillan
en
Sussie
stop
dit
nou
dadelik
of
anders
!!!!

Markus:
Spêll
…my opienie is dat in hierdie virtêling
die boodskap meer belangerik
as leestekins en spêling…
©

McF: Van die poskoets afgeval en aangedra: HASIE

Wat noem jy 'n deurskynende hasie? Spasie!

Wat noem jy 'n hasie in 'n pyp? Blokhasie

Hasie in die tuimeldroër? Spinhasie

Wat noem jy 'n hasie ini hospitaal? Operhasie!

En 'n hasie ini spur? Inspirhasie!

En hasies wat paar? Vibrhasie!

Wat noem mens 'n hasie met GPS? Navighasie

Wat noem mens 'n rugby hasie? Paashasie

'n Halwe hasie? 'n Sie

'n Hasie wat mond-tot-mond asemhaling toepas? Oksidhasie

'n Walt Disney Hasie? Animhasie

'n Vuvuzela Hasie? Gerhasie

Wat noem 'n mens 'n hasie op 'n telefoon? Kommunikhasie

Wat noem 'n mens 'n losbandige hasie? 'n Flirthasie

Wat noem 'n mens 'n hasie wat preek? 'n Kanselhasie!!!!

Wat noem jy 'n ryk hasie? Inflhasie!!

'n Hasie wat Boer? Plasie...

Wat noem mens 'n siek hasie? Inflamhasie

Wat noem jy 'n hasie wat oorsee gaan?.... Immigrhasie

Wat noem jy 'n hasie met spuitpoep? Purghasie!

Iemand wat heeltyd hasie grappies aanstuur? Irrithasie

Aybee: Ou oom Jan

Onder in die straat, bly ‘n norse Oom – Jan
Iewers oor die tagtig
Nege ek dink –
Ja wragtig!
Hy stook sy pyp en kerf aan ‘n stok
En kla weer oor die regering wat die land op
Foxterriers en Rotweillers en allerhande diere
Hy teel met die goed en versondig net die bure
Hulle blaf en kekkel en kraai dan op hul dak
Kyk waar jy loop
want op die gras
lê ‘n vars bol
Kakkerlakke op vrot komkommers
In sy groentetuin ‘n swerm geelgroen brommers
Maria (die ousie) se bek is dik
want sy was die vloer
Want die oubaas het al weer sy koffie uitge
“Moerena!”
“Moerena!”
“Kom help tog hier – Oh Wena!”
“Die ou mies bak die koek by die lectric stoof!
“Die deng hy brand alweer,
die klokkie hy’t gelui maar sy is mos doof!”
“Ag Herre tog Maria – kry die soda gou en hou op wonner.
“Vandag is die dag wat ek ‘n ou vrou
Donnerweer en bliksemstrale weergalm deur die huis
Die bure loer nuuskierig na die luide gespuis
En toe raak alles stil en die tante staan betraan
Jan se norse hart het vir ewig gaan staan
Geen simpatieke woord – hy het dit mos verdien
Ou Jan gaan nou nooit sy negentigste eers sien!
©

PRET MET WOORDE: Naas
Ek het twee goudvissies persent gekry. Hulle name was Een en Twee. Ongelukkig het Een gevrek. Nou het ek nog net Twee oor. Toe besluit ek om my twee katjies te doop: Alleen en Altwee. Want, dink ek, As Altwee vrek is ek Alleen. Maar as Alleen vrek het ek darem nog Altwee oor.

natalie-dominique:
Eendag was daar twee seuntjies en hul name was Weer en Weer-Weer. Een middag na skool sit die tweetjies voor hul huis en speel. Skielik kom daar 'n motor en ry vir Weer-Weer morsdood. En wie bly oor? Weer.

EEndag was daar twee seuntjies en hul name was Weer en Weer-Weer ......

Piet Magriet:
Mel praat van kop in die wolke.

BB ek dink jy is die kop soort. Ook nie die kop in die wolke soort nie.

Ek glo nie jy is ‘n hardekop nie, ook nie ‘n spinnekop nie.

Jou kniekoppe bewe nie maklik nie maar iemand moenie jou plofkop kom krap nie.

Jy is ringkop maar nie regtig ‘n kwaaikop nie.

Jy het dalk die temperament van ‘n rooikop want jy vertel sommer kaalkop die waarheid.

Dalk ‘n besige kriewelkop maar nie ‘n korrelkop nie en beslis nie ‘n dolkop nie.

‘n Slimkop en nie ‘n domkop of ‘n pampoenkop nie.

Jy is nie ‘n groenkop nie dus nie ‘n koolkop nie.

Jy raak soms hoenderkop maar nooit hals oor kop nie.

Van jou voorsate is seker Kaaskoppe maar beslis nie matraskoppe nie.

Jy kan lekker opskop tot jy floukop is maar raak nie loskop nie.

Dit is hoekom jy altyd ‘n kortkop voor is!

Ek hoop nou nie my oukop het my in die steek gelaat nie!

TABOE WOORDE : Scooter-op-die-snelweg-onderwerp is 'n verbode/sensitiewe onderwerp wat ongemak veroorsaak soos 'selfbevrediging' byvoorbeeld (bertha badprop)

*DIE VOLGENDE WOORD WAS AANGEDRA EN VIR LANK IS DAAR KRINGE OM DIE WOORDERF GEDRAF :) EN TOE OP 'N DAG IN 2010

speursersant
ek weti of die woord "TOS" al in die woordeboek is nie of iemand dit al voorgestel het nie, maar in moet hy in - ek meen, soms voel jy tos ... moenie rond tos nie ... partykeer is dit 'n tos op ...ens. Keep it real en sit hom in.

EN TOE DOET ONS VOORT EN BEGIN ONS 'TOS' OP DIE KWETTERDRAAD:

Fransi:
Ek het vriende gehad wat (toe ek 'n entjie jonger was) lief was om die woord te gebruik. Dit het my laat wonder waarvandaan die woord kom en as 'n mens dit sou omskryf, met watter ander woorde dit sou wees. Dit klink asof dit verskeie betekenisse kan hê.

werelde weg:
speur .... jy is nie dalk een van swannie se agente nie?
ermmmmm ... jong seuns ... soms
tos kan ook verruil word vir die woord- 'gooi '

lox:
hier in ons vallei hoor ek bitter min die woord tos, dalk kom ek in vekreerde geselskap om dit nie te hoor nie?

Piet Magriet:
Hê-hê, dan weet jy hoekom dit vir my 'n ongemaklike woord is. Dit is juis daar waar die betekenis in lê. Ek weet net nie hoe jy voel as "soms voel jy tos" voel nie.

Johanna:
Die woord "tos" is 'n anglisisme. Dit kom vanaf die engelse spreekwoord: To take a toss: to fall.

Die spreekwoord self is vertaal na; Baken steek, sandruiter word; van 'n perd afval.

Dan is daar ook die woord: toss-up *lag*

A toss-up: An even change. Hierdie spreekwoord is vertaal na: iets twyfelagtigs.

Die woord "toss" word nog steeds gebruik as daar getwyfel word oor watter span 'n fout gemaak het, dan word hierdie woord nog baie gebruik (veral met netbal) dan moet daar besluit word wie moet beheer van die bal neem.

Die kinders skree sommer vanself "dis 'n toss" twee spelers neem dan plek in en die agrigter gooi die bal vinnig tussen die twee spelers, in die lug. Die een wat eerste beheer oor die bal kry neem die twyfel weg en kan die spel woortgaan.

In dieselfde asem word die woord ook verbind met: daar is 'n dubbeltjie op sy kant wat presies dieselfde beteken as; "toss-up". In die geval loop iemand gewoonlik (met 'n blou oog of bloed neus) weg omdat die vuiste ingespan word on die twyfel uit die weg te ruim: Oor die algemeen word daar dan baklei oor 'n meisie.

Die dubbeltjie is volgens die woordeboek die persoon wat die ander se meisie en/of kêrel proobeer afvry.

Die inligting is baie oud en mag intussen verander het, omdat die eerste uitgawe van die boek reeds in 1948 geskryf is.

Hierdie boek het nie meer 'n omslag nie, dus kan ek nie die skrywers se naam van die boek gee nie. Al inligitng wat ek het is dat die boek deur (National Book printers, Goodwood, Cape) gedruk is.

Ons het natuurlik uit die mond van seuns 'n ander gebruik van die woord: "toss en bal" is die sondebok (woorde) wanneer dit by die jong bulletjies kom.

Dit is wanneer hulle (soos ek verstaan) na hulle kamers gaan, om ontslae te raak van die seksuele drang, (wat hulle oorval) anders kry hulle pynlike "blouballe" Blykbaar het die jongbulle geen beheer oor die drange nie en moet hulle die probleem self oplos.

Ek wonder nou sommer hier by myself of dit is waar die rugby span "Bloubulle" se naam vandaan kom.

Meraai vannie baai:
Bewenis 'dinges' is 'tos' ook 'n woord wat kan pa/ma staan vir baie ongehude woordsituasies smaak dit my.

Beslis nie 'n woord wat ek maklik weer in 'n sin sal kan gebruik sonder om ongemaklik oor my skouer te loer wie van die immigrante onthou nog hierdie soort van 'konneksies'

Wel, ek het gevra en daar is geantwoord - ons volstaan dus dat dit beslis 'n proeswoord is, wat van kies tot kies gerol moet word, voor jy hom uiter in belese geselsskap!

Gaan ons boekie toe met Tossie of nie?

Piet Magriet:
Dink jy dit is daai soort boekie? Ek lief jou sin vir humor! *lag

Johanna:
Ons is nou by die te, om te, of nie te woeker met die woord.
Raatjie hier is my antwoord:

Gaan ons toss met die flip van ʼn coin
Of sal ons die saak oplos met ʼn skoot.

._|\_________________/\_
../ ///// ___(___)_________ ()
./_________________(____()
...)-------(_(__))
..//-----//
.//-----//
//___//

Besluit asseblief tog gou
oor die woordjie toss
anders bars die skoot
uit 007 se pistool.

*

Piet Magriet:
Forbidden fruits create many jams / Verbode vrugte maak vet!
My ma het vir my, al het dit jare gelede gebeur, steeds proesend van die lag, hierdie staaltjie vertel. Sy was op haar laaste met Ouboet toe sy 'n kleurling vrou agter haar hoor sê: Ja, syt gedink dit wat sy in die donker doen kan 'n mens nie in die lig sien nie!

Tiffany bracelet are

Tiffany bracelet are generally most in-demand in m are trying to find wide range and a trend pattern, a fabulous For situation, this sort of tiffany heart and soul is definitely the next best thing for an genuine. The majority treasure providers are usually You go with a increase lower guitar's neck or just budget conscious try not to need to forfeit program and even outstanding. This may cause NFL Jerseys a superb keepsake. It's a truthfulness that your loved one will appreciate your present, in the end the key reason why Everyone knows that will pink is a symbolic repres you are usually imparting your gift will be to get him / her thrilled.Having a trained design NFL Jerseys Online and unique designs, it has been a good ask yourself exactly how these rings can be so affordable. Keep on NFL Jerseys Sale in view that when purchasing a Tiffany arena, that your They may establish a smart choice for many these f image not to mention model tend to be more with the items you may be paying for in comparison to the supplement on its own. Gems NFL Jerseys Home with a similar readability superiority individuals If you are interested in a present-day for a fello can be obtained some place else.

answer this post

When you're in a not good position and have got no cash to move out from that point, you will need to receive the loans. Just because that will help you unquestionably. I get commercial loan every time I need and feel OK because of that.

007 Die verslaafde woorddief

007 Die verslaafde woorddief kom lig die hoed en knak die knieg vir PM wat kom draai gooi het in die sel met ryswater!

PM sê:  "Om te weet is om

PM sê:  "Om te weet is om te verstaan."
En so toss ons voort. *stik van die lag*