Praglyne van Lorraine

WINTER GEDAGTES VAN LORRAINE: Nadat ek my sommetjies gemaak het, kom ek agter dat die winter my meer ruk as Kersfees. Kersfees hou tenminste net een of twee dae aan. Jy kom weg met kouevleis en slaaie.

Die res van die tyd swem die kinders gratis in die see. Die ergste wat kan gebeur is om te begroot vir sonbrandmiddels.

Die winter daarenteen hou nooit op nie, altans so voel dit vir my, my beursie, my bankbalans en my bankbestuurder.

Boonop is dit vrek ongemaklik. Asof jy nie oorduks geёet is nie, lyk jy soos ‘n sleggestopte stuk wors van al die warm klere wat jy aanhet.

As die winterkoue in jou murgpype inkruip, het ek genoeg warm kos nodig. Sop, kerries, bredies, pastas en ander heerlike geregte.

‘n Vrug vir nagereg doen niks vir my nie en sal ek my pot lensiesop verruil vir ouma se gebakte sagopoeding met vla

Jy betaal die kinders om naweke by die huis te bly, want dan hoef jy nie koue in die middel van die nag aan te durf om hulle te gaan optel by maats of kuierplek nie.

DVD’s kos jou geld, maar dit is een manier om almal onder ‘n kombers stil te hou. Wintersportbeserings by skole kos geld.

Die winter is duurrrrr!! Gelukkig het dit (ook maar net-net) sy goeie punte:

"Om lepel te lê in die winter is die lekkerste ding om te doen op die koue aarde!!"

*Lippetaal:
Toe praat uitgedeel was, het ek beslis my bondeltjie gevat en gesorg dat ek voor in die ry staan. Maar moenie my hande vashou nie, dan is ek stom.

Iewers het ek ‘n aanhaling gelees wat daarop neerkom dat ‘n goeie leier nie iemand is wat voorsê nie, maar wat deur sy (self)doen die voorbeeld stel. Dit het my sommer weer aan die dink gesit en laat besef dat ek self lief is vir lippetaal praat en soms suinig is met die lyftaal

Ons sal so maklik vir iemand met wie dit swaar gaan, sê “Ek voel so jammer vir jou. Ek dink aan jou en ek bid vir jou!” En nog voor ek om die draai is, het ek alweer vergeet, nie net van die bid nie, maar van die persoon wat swaarkry.

Ons kla kliphard oor die regering wat nie vir arm mense sorg nie, maar as iemand vra vir ‘n stukkie brood, draai ons die gesig.

Is buurman of buurvrou is siek, sal ons sommer so saam met ‘n familielid laat weet ons stuur groete en beterskap. Verder sorg ons dat ons nie naby hulle kom met ‘n blom, ‘n boek of sommer net ‘n bietjie liefde in ons hart nie.

Ons spoel bek uit oor dieremishandeling, maar ons kyk anderpad en doen niks daaraan as jy weet die man oorkant die straat mishandel sy vrou, of sy kinders nie.

Ons skryf briewe in koerante oor die regering wat geldmors, maar ons gooi elke dag kos weg wat sleg geraak het in die yskas.

Ons betoog vir kinders se regte maar saans sit en kyk ons DVD’s saam met hulle wat ouderdomsbeperkings het.

Ons kla oor die jeug van vandag se verval maar kom Sondag, dan laai ons die kinders by Sondagskool af en begin solank die braaivleisvuur en skuif ons reg op ons stoel met ‘n glasie wyn of ‘n bottel bier.

Iets groots is met ons samelewing verkeerd. Die wêreld en sy dinge het ons stomp gemaak vir wat regtig rondom ons gebeur.

Dalk het dit nou tyd geword dat ons minder praat en meer doen, minder lippetaal gebruik en eerder ons hande uitsteek en dinge begin doen

Oomblik van waarheid:
Sê ek vir myself vanoggend toe ek in die spieël kyk, "Erken nou maar, jy is oor die muur!" Dis nou wel 'n lae muurtjie want met al my kranke en skete en pyne het ek in elkgeval nie hoër aspirasies nie.

'n Hyskraan wat 24/7 buite my agterdeur staan, is àl hoe ek oor hoë goed gaan kom.

Die enigste spiere in my lyf wat soepel is, is my armspiere. Want hulle moet instaan vir my laerug wat nie meer sy samewerking wil gee nie. Ou sport(s)beserings : swangerskappe, meubels rondskuif, swaar goed optel, spykerhakskoene dra en heeldag gebukkend by 'n basaartafel staan en duisende pannekoeke oprol vir die skoolsports.

Verder weier my knieë om te buig en daar is geen unie om my teen stakende ledemate te beskerm nie.

Voorheen het lyne (lees plooie) hul verskyning saggies en teer op my gesig gelaat.

Deesdae lewer die verskaffer dit af met 'n voordeurklokkie wat tot in my oordromme gil en met 'n "hier is jou pakkie met 2 plooie" - gratis en verniet. Sonder dat ek vra daarvoor.

Kortarmpie sindroom: Wat is die simptome?
Klere op die vloer, boeke bo-op in plaas van binne die boekrak, bekers en glase op die koffietafels, koerante langs die stoele en CD’s en videospeletjies die wêreld vol. Klink dit bekend?

Ek het altyd eers gedink my mense het ‘n gehoorprobleem, maar toe kom ek tot die slotsom dat dit by die buiging van die arm is waar die probleem lê. Ek vermoed dit het iets te doen met ‘n spier of sening wat vashaak sodra die beweging eenmaal gedoen is. Met die terugslag tree daar dan ‘n tipe tydelike rigor mortis in wat die arm dan weerhou om dieselfde funksie in trurat te verrig.

Die arm wil of kan nét nie lank genoeg rek om die hemp of broek terug te hang in die kas nie, nog minder kan die arm die boek op sy regte plek terugsit en veel minder die koffiebeker binne die wasbak sit. Selfs net op die wasbak sou al my vertroue in my medemens herstel het.

Op die mark is daar deesdae allerhande pilletjies beskikbaar vir al wat ‘n probleem is – vir goed wat te veel werk tot pille vir dinge wat glad nie meer wil werk nie. Ek is geskok dat niemand nog navorsing oor die kortarmpie-sindroom begin doen het nie.

Ek is oortuig dat as ‘n kuur ontdek sou word wat hierdie probleem (en ek dink daar is potensiële pasiënte in elke huis) kan oplos, sal dit selfs groter opskudding veroorsaak as Professor Chris Barnard met sy hartoorplantings. Dalk kan ons Minister van Gesondheid dalk met iets vorendag kom.

Coach Shoes are very pupular

Coach Shoes are very pupular in USA,but it is a little expensive,if you would like to buy the cheap coach shoes,you had better go to the Coach Purses Outlet who sell the coach items with low price ,you can also choose other coach items in the Coach Outlet Stores.