Praglyne van Joe (Johann Mulder)

Heimwee
Iewers hier binne my, in die donker plooie van my siel,
is daar ‘n verlange wat hunker na ‘n plek ver van my!
‘n Plek ver van hier, onder sterre so mooi,
waar die daeraad die aarde in ‘n vlamrooi skynsel tooi!
Waar kameeldoringbome en gras die landskap verfraai,
ja, daar waar die polsende ritme van Afrika draal!

Wat is dan mooier as 'n dag wat oor die landskap breek?
En verklik waar die dou sy lêplek in die grasse wegsteek!
Waar die wild rustig wei, pronk en baljaar,
dis die plek waarna my siel nou so ontsettend verlang!
Die stilte, die oopte, die sorgloosheid van aldaar,
dis Afrika se skoonheid op sy beste, voorwaar!

Dit bring die heimwee en herinneringe terug na my siel,
hier in die vreemde waar ek my nou bevind!
Net môre sal ek 'n terugkeer plan moet bedink,
en my heimwee vleuels gee soos ‘n visarend op jag!
Eers laag oor die waters, dan weer hoog in die lug!

Dan sal ek weet waarna my siel so oneindig na smag!
Ek sal terugkeer na waar ek weer vryelik asem kan haal!
Om te beleef die geboorte van ‘n nuwe Afrika dag!
'n Dagbreek so rooi, soos kole wat gloei,
en die donker verteer soos die dag aangroei!

En as God dan sy lig oor my donker siel laat spoel,
Ja, dan sal ek weet... ek het uiteindelik tuis gekom !

Joe. ©

Die foto
Die sonnetjie hier is maar flou
en die dae is nou koud en grou.
Maar my hart klop nog warm vir jou,
my geliefde daar in Suid Afrika ver,
waar die son warm skyn
deur gordyne so fyn!

Wie sal weet hoe die verlange vreet?
Dit pluis jou siel tot die laaste draad uit!
Jy beleef weer dae van lank geleë
Beelde vervaag soms met tyd,
maar in jou siel weet jy verseker,
dat jul Liefde vir mekaar,
afstand en tyd kan weerstaan!

Die tegnologie bring ‘n foto na my
'n Foto so duidelik,
ek voel ek kan aan haar vat!
Van 'n Ma en Pa met 'n dogter so mooi!
Dis mos my geliefde vrou,
Ja, duisend maal ja!!

Dankie Heer,
vir 'n vrou soos sy!
Dankie dat ek haar
as my deel kon kry!
Dankie ook Heer ,
dat ek die kans nou het,
om te kan sorg en te voorsien
aan iemand soos sy!

Wil U....

in U grote Wysheid, Heer,

ons weer eendag herenig,

vir ewig…

My Liewe HEER!
Joe ©

Coach Shoes are very pupular

Coach Shoes are very pupular in USA,but it is a little expensive,if you would like to buy the cheap coach shoes,you had better go to the Coach Purses Outlet who sell the coach items with low price ,you can also choose other coach items in the Coach Outlet Stores.