Praglyne uit die forum gerwe

Annie

Ek glo jy sal eendag weer sien dat die mosaiek
van bymekaargeskraapte glasstukkies
die mooiste lig weerkaats.

~~~~~~

Naas
soms is ons te lief en te naby

Ek dink ons staan soms te naby
aan ander se probleme omdat
ons liefhet en nie daarvan hou
dat hulle seerkry nie.

Dit is egter belangrik dat ons moet onthou
dat ons nie ander se probleme
moet hanteer nie.

Hulle
moet
dit
self
doen.

Ons kan slegs hulle seerkry
verminder deur ondersteuning
en hulp aan te bied en dit te gee
indien daarom gevra word.

~~~~~

Wat maak ek as ek weet

hierdie ligte houtjie wat ek kan slaan
is noodsaaklik en kan die verskil
tussen lewe en dood beteken.

As ek nie die ligte houtjie slaan nie
is ek later skuldig aan die dood?
Ek glo tog so.

Dis ongelukkig so
dat goeie mense
ook die slegte
moet ervaar.

Partykeer
moet
iemand
seerkry
voor
hy
leer.

~~~~~

Piet Magriet
Die pad van onsekerheid - met 'n vreeskleed - dit is 'n helse pad

Hoekom is dit makliker
om jou eie probleme te hanteer,
as wat dit is om die probleme
van jou geliefdes te hanteer?

As jy self siek is dan is dit makliker,
jy aanvaar en jy verwerk,
maar as dit iemand na aan jou is,
dan gryp die onsekerheid jou
en die vrees dryf jou
teen die mure uit.

~~~~~

Soms het die ouens om jou
groter hartseer en meer probleme

en dan help dit
om jou eie pyn
ligter te maak.

~~~~~

Die lesse geleer uit seerkry en vrees

Iemand het in die week vir my gesê:
Ons is net van een ding seker
en dit is dat ons almal
dieselfde paadjie moet stap.

Die ergste van alles is,
sodra jy klaar alles ervaar het,
al die seerkry verwerk het
al die vrese verdryf het,
dan is jou tyd verby!

As ek kon...

sou ek al hierdie ervaring
in my testament wou oordra,
dit bemaak aan iemand,
sodat dit nie verlore
moet gaan nie.

~~~~~

As ek maar net kon...

my lang neus uit ander
se sake hou en my
by my eie probleme
bepaal...

~~~~~~~~~

"Pakkies"

Dit is wanneer 'n mens weet
dat daar omgee is, ware omgee
en ook dat daar ander "pakkies" is
wat veel meer weeg as joune,

wat jy skouers optrek
en jou rug reguit maak
en daadwerklik aangaan.

'n Mens is nie net sterk vir jouself nie,
jy is sterk vir dié om jou,
dié wat omgee,
want jy gee ook om.

~~~~~~~~

Selfs
onkruid
dra
soms
die
mooiste
blommetjies

~~~~~~

Huppel trippel toegesnuffel
In almal se liefde toegewikkel
Beursie rond lyfie gesond
Soentjies op die mond
Probleme onder die grond

~~~~~~~

Trapsoetjie:
As ek kon ...

het ek almal gehelp
wat dit nodig het.

Mense probeer leer
hoe om met diere te werk

en ook mense te help
om mekaar met liefde
en respek te aanvaar.

~~~~~~~~

Te veel donkerwolke op die horison

As ek kon....
het ek nou begin weghol
net ek het al agtergekom alles hol saam.

As ek kon ...
het ek bietjie gaan wegkruip
in my geliefste berge net vir 'n paar dae.

Daar is geen krag,
geen opvangs,
niks, net rus, en vrede,
en stilte en water en wild

...ahaaa
As ek kon was ek nou daar

~~~~~~~~~~

Mel:
As ek kon ...

sou ek die vrees
vir die onbekende
versag.

Die onbekende
wat gepaard loop
met dood.

En nuwe lewe ...

En as ek kon
sou ek vir alle kindertjies
'n mooi "childhood" wou gee ...

Want die grootmenskostuum
het alreeds te veel
"wear and tear" ...

Waar kan ek my bedanking as grootmens inhandig?

~~~~~~~~

Lorraine:

Vandag mis ons
ons ouers se stille krag
en wysheid.

Geen sielkunde
kom naby aan dit nie,
veral gesien in die lig
dat hulle eenvoudige mense
sonder boekgeleerdheid was

The Gucci Handbags are the

The Gucci Handbags are the one of the most popular and luxury brand watches,although the gucci company are famous with their Gucci Handbags On Sale.Surely the gucci items are expensive ,you can just buy them from a
Gucci Outlet shop if you don't have enough money.