Jy kan jou teks redigeer deur van die knoppies gebruik te maak.

Woes blog gebruik basiese HTML kodes om die teks te redigeer. As jy bietjie meer wil leer hoe dit werk, volg die skakel:
"Basic HTML"
(Nie alle HTML merkers ("tags") word hier gebruik nie).
Kliek op die
knoppie en jy sal 'n kort beskrywing kry van all die knoppies:

Voorbeeld 1: Hoe om teks in vetdruk te plaas.
- Skryf wat jy in vetdruk wil plaas:
- Verlig jou teks:
- Kliek op Vetdruk
knoppie. Dit sal die nodige HTML merkers rondom jou teks sit: - Kliek op die Voorskou
knoppie om te sien hoe dit lyk. Kliek weer die Voorskou
knoppie op terug te keer na jou redigeer blad.



Jy kan ook eers die knoppie druk en dan jou teks op die regte plek tussen die HTML merkers intik.
Jy kan nou all die ander knoppies ook so gebruik.
Voorbeeld 2: Hoe om prentjie te laai.
- Kliek op die Prentjie
knoppie. - Kliek op "Browse". 'n Nuwe skerm maak oop waar jy jou eie blog prentjies kan redigeer.
- Kliek weer op "Browse" en selekteer die prentjie wat jy wil oplaai vanaf jou hardeskyf. Die prentjie sal outomaties skaal na die regte grotes na dit op gelaai het so jy hoef nie die prentjie vooraf te skaal nie. Kliek dan op "Upload File" en wag totdat prentjie klaar gelaai het. As jy die prentjie se grote verder wil skaal (bv. kleiner maak), kan jy die grote onder aan intik en dan "Resize Image" kliek. Dit is opsioneel.
- Kliek op die prentjie en jy is weer terug by die vorige skerm met jou prentjie informasie ingevul.
- Kliek op "OK". Die HTML kode vir jou prent is dan in jou redigeer ligaam.
- Kliek weer op Voorskou
knoppie en jy sal sien hoe jou prent inpas.





Ervare HTML gebruikers sal vinnig kort paaie agterkom om hulle teks beter te redigeer.
Meer knoppies en HTML kode sal nog bygelas word met tyd.