Par(ra)mantige Bydrae: Uit die wynvaatjie

Piet Magriet: My parratjie hênsop!

Ek kan nou nie help om te lag vir die ou groen parratjie van my wat gehênsop het nie.
Shame, hy staat net hier, groot oge, potertjies in die lug en 'n dun middellyfie wat enige mens begeer!
Weet een van julle dalk hoekom het parratjie opgehou spring? Gelukkig waai PM nog haar gattertjie

Meraai vannie baai: Pardalks kwaak 'n maarskalk hier rond, vermom in sy paddamanel hênsôp hy toe jou arme parratjie PM?

bloubefoeterd: Jis eks nou skoon parranooit en ek het nie eers 'n parratjie nie!

Lorraine: ñ Mens moet maar altyd par(r)aat wees.

Piet Magriet: Ons sal nou 'n parralel moet trek hiersô! Iemand het my parratjie gepar(r)aliseer en ek wil weet wie dit is! Of dink julle hy is maar net par(r)allaks?

Eish, hy moenounie sy paramilitêrestreke hier kom uithaal nie. Ek sit 007 op hom!

Nou sal hierdie parratjie in 'n nuwe paradigma moet werk. Hy sal sy parallaksgeite nou moet los. As hy in hierdie paradoksale paradys wil aanbly sal hy sy paragoge moet oopmaak en sy parasjuut netjies opvou en sy spronge ken.

Ek wonder... hy het seker parotitis onderhewig gehad en toe sit dit om in kalbassies en toe raak dit te swaar vir die arme ding, toe bly hy maar hang aan 'n tak. Dit lyk darem asof hy nou weer gesond is! Dit lyk my Lennon's se "paragorie" het gewerk!

Outop moet nou begin gewoond raak aan die geproes en gegiggel! Seg vir hom hy moet kom saam parodie dan kan ons weer 'n slag vir sy gesegdegoed lag!

En daar hendsop Outop se parratjie ook! Iemand het jou parratjie geparaliseer Outop! Eina!

En, ek is jammer om te sê,
my paddatjie bly hang!
Ek weet nie wat die wetter wil hê nie,
maar hy maak my nie bang nie!
Of is dit omdat ek nie wil bly hang nie?
Voertsek padda!
Voert!
Sie!
Sa!

Outop se woorde soos aangedra deur Meraai:
PM se groenblobsie is nou paranormaal, issie meer koorsig nie en die probleem het gekom toe hy so bly hang ... sy paragrawe was opgehang in die tuingereedskapkamertjie deur die paratroepe wat toe gaan paragrafeer op 'n gesteente ergens in die forumwoud: hier is parratjie se laaste rusplekkie!

Skrik daai parra hom/haar oor sy skeet en blops weer ewe ordentlik en haal die tuingereedskap uit en skoffel al die onkruidskete weg sodat die huppeltjie weer normaal is!!

Piet Magriet antwoord Outop:
Dalk het hy net geskrik vir parapleeg word! Het gedreig ek stuur hom Frankryk toe! Ons skink maar 'n paradop op sy nuwe energie! Dalk raak hy paradrankbaar!

PARRAMANTIGE WOORDE:

paradrankbaar
paradop
parapleeg
paranormaal
paragrawe
paratroepe
paragrafeer
parodie
parotitis
paragorie
paradigma
parallaksgeite
paragoge
parasjuut
paramilitêrestreke
parranooit
paddamanel
par(r)aat
parralel

Do you know if the Louis

Do you know if the Louis Vuitton Outlet Store is real one ?Do their items come from louis vuitton company ? I never have a louis vuitton product because they are so expensive ,but i want to have one now ,cuz the items from Louis Vuitton Outlet are so cheap that i can afford it.