Hy het g'n bors nie - Hy kan niks vir hom hou nie.
Vlieëspeeksel - Baie fyn reën.
Ek het vandag nie kans gekry om my mond af te vee nie - Ek het min geëet. (Dit word dikwels gebruik om aan te dui: ‘Jou gasvryheid is maar karig’.)
Die mure het teenmekaar geval - Die magtiges het twis gehad.
Hond van die wind - Niksnutter, onverantwoordelike persoon. (Vgl. die Duits Windhund, bv. by Fritz Reuter.)
Die krap sit aan die rots vas - Jy het jouself in die moeilikheid vasgedraai.
Die regsaak het hom weggegooi - Hy het verloor.
Die hemel het hom gevat - Hy is deur die blits getref.
Ek wil jou in die oor byt - Ek wil jou iets toefluister.
Ek het ag tande - Ek is nie van gister nie.
Ek het oë - d.w.s. seer oë.
My speeksel het opgedroog - Ek was baie verbaas.
Mag jy mooi voete hê - Goeie reis en voorspoed.
Hy het kos geëet en dit het hom geëet - Hy is dronk.
Jy steur die ape as hulle gaan drink - Jy steek jou neus onnodig in ander mense se sake.
Hulle sit hulle monde bymekaar - Hulle beraadslaag.
Sit jou hart neer - Wag geduldig.
Die ‘ek-weet’-mense -Dokters, waarsêers. (Dit is al duidelik genoeg. Maar daarby kom nog dat by die BaSotho die dokter veronderstel word te weet waarvoor die mense by hom kom voordat hulle dit nog gesê het.)
Hulle neem van mekaar wat tussen die tande is - Hulle eet uit mekaar se mond, is intieme vriende.
Hy gee homself nie asem nie - Hy is altyd aan werk.
Ons bring nie vir mekaar (geskenke) nie -Ons is nie vriende nie.
Dit is nie eers dat ek dors is nie - Ek is so dors dat ‘dors’ nie 'n woord is om my dors te beskrywe nie.
Naar die grond te gaan met lag -Skaterlag.
Dis sy pa as hy uit die slaap kom - Hy lyk baie na sy pa, maar tog nie heeltemal nie, net soos 'n mens as hy pas uit die slaap kom ook nie heeltemal homself is nie.
Daar het 'n bees geval - Daar is 'n ongeluk gebeur.
Dinge wat na die mans toe gaan - Moeilike sake (wat dus deur die mans bespreek moet word in raadsitting).
Die kind van-staan-op-met-die-hart-van-gister - iemand wat altyd dieselfde bly (dit word altyd in 'n goeie sin gebruik).
Hy het geleun teen 'n miershoop sonder miere - Hy het valse hoop gekoester.
Hy word maar net deur 'n luis gebyt - Hy het maar net baie klein laste te dra.
Ek sal dit doen as die hoenders tande kry - ad kalendas Graecas.
Die buffeljagter, hulle (die buffels) kom met hom tuis - Hy het 'n strik vir homself gespan en daarin geval.
Iemand wat vrugtepitte sluk vertrou sy keel - Moenie aanneem om 'n ding uit te voer as jy nie seker is dat jy die ding kan doen nie.
Die wat (vandag) in die huis slaap, slaap môre buitekant - Vandag ek, môre jy.
'n Olifant word nie neergedruk deur sy eie tande nie - Waar 'n mens aan gewoon is, is vir hom nie lastig nie.
Dit is slakkehorinkies, wat uit die mond uitkom - Dit is niks as grootpraat nie.
Jy het opgestaan met jou gesig na die agterkant van die hut - Jy het met die verkeerde been uit die bed gestap.
Die baas se stommeling laat nie lag nie - 'n baas lag nie oor die domhede van sy eie kneg nie.
Die tong maak sy baas dood - Die Zunge hat ja kein Bein, schlägt aber manchmal den Rücken ein.
Sal die maan vir die son kom uitlag en sê: ‘Jy is wit?’ -Die pot verwyt die ketel dat hy swart is.
Leer jy die bobbejaan klim? - vgl. ‘Teach your grandmother to suck eggs.’
Die mier het die olifant op 'n boodskap uitgestuur - Die klein man gee vir die groot man bevele.
Ek sal sê dat dit kwaggas is as ek hulle kleure gesien het - Ek loop nie oor een nag se ys nie.
Daar sterf 'n mens en daar bly 'n mens agter - Niemand is onmisbaar nie.
Ek is tussen die horings van die buffel - Ek is in 'n tweestryd met myselwe.
Die naald met twee punte steek die karos en die naaier - As jy 'n wapen gebruik teen 'n ander sorg dat dit nie een is waaran jy jouself ook sny nie.
Veelwywery is gekook saam met 'n klip, die klip het saf geword en veelwywery het gebly soos dit was. - Kommentaar oorbodig!
Wolke is nie reent nie, maar rook is darem vuur - Sommige getuienis is nie geloofwaardig nie, maar ander is dit wèl.
Die dorp is in die vrouekwartier - vgl. ‘The hand that rocks the cradle rules the world.’
God gaan naar die kant van die kaptein toe - Die gode is op die hand van die sterke.
Hy maak seker van die beeswagter as die leeu al aangeval het - Demp die put as die kalf verdrink is.
Bulle deel nie met mekaar dieselfde kraal nie - Daar kannie twee base op een plek wees nie.
Wat verby is is verby, 'n stommeling is hy wat dit agterna gaan - Gedane sake het geen keer.
Leeus leen nie vir mekaar hulle tande nie - Elkeen sôre maar net vir homself.
Die waterput wat nog vóór is is nie te vertroue nie - vgl. ‘Don't count your chickens before they are hatched.’
Bron: Die nuwe brandwag 1929

Dior Sunglasses is so
Dior Sunglasses is so beatiful that i am going to buy 3 pairs for this summer , but i find a online website who are selling Cheap Dior Sunglasses ,that will save a lot of money to buy them. and the online store is selling the Gucci Sunglasses too , many i will buy one for my wife.