Ou Bullie...

Gedog dit gaan baie snaaks wees,
Jou lekker staan en terg my ou niks horning bees,
Ek, klein dogertjie van elf, jy ‘n rooi bruin reus,
Klein maar getrain, niks gevrees,
O lekker gekry, niks kon my keur,
Maar jy, hoe kort tog jou humeur.

Ewe skielik val die kop, die poot kap,
Geweet nou moet ek spring, of ek word geklap,
Ses voet hakkies draad bo oor gevlieg,
Gedog dis my laaste dag, ek moet bieg.
Maar veilig geval, en lekker gekry,
Jy kon my nie kry, nie eers nastenby.

Later die middag probeer vrede maak,
Maar nee wat, ou Bullie nou ‘n draak,
Trek weg en storm met ‘n spoed,
Moes vinnig klim of verloor al my bloed,
Hier sit ons nou, ek en my sus,
Bullie staan onder ons, kou lekker en rus.

In die boom gesit en hoop,
Gebid dat hy tog net moet loop,
Maar nee, vasgepen, ‘n stuk lood,
Hier bo sit ek met ‘n baie groot nood,
Op ‘n dun takkie sit ek maar en wag,
Pappa op die land se wal sit en lag,
Vir ons hier bo in die boom,
Vyf ure …ag nooit gedroom.

Agge nee, ek kan nie meer,
My hele lyf al stok styf en seer,
Loop nou, gaan tog net weg,
My kop is seer, ek voel sommer sleg,

Daar kom my pa, my hero vir die dag,
Raas met Bullie, klap hande met ‘n groot slag,
Bullie lyk benoud, laat ook nie op hom wag,
Pa kom nader, nou weet ek dis nag,
Toe, eers kom die preek, en later lekker lag.