Lepinotus Patruelis: Skeppingsdoel van diere

Luis is soms hartseer. Daardie tye, wanneer hulle wat met die mond seg hulle ken hom graag, en boonop biologies aan hom verbonde is, 'n ander verhaal aan ander vertel, sodra hulle dink luis hoor nie.

Luis is huiwerig om die term "familie" in hierdie konteks te gebruik. Want ware familie, is nie noodwendig biologies nie.

Dan is daar ook diere. Waar genegenote dikwels knorrig is as 'n luis na middernag sy hartjie wil uitstort, is die teef, die Hamsters en die rotte maar net te gewillig. As luis hulle benader, is hulle daar. Stry onder mekaar vir sy aandag. En dis juis hierdie stryd onder mekaar oor wie eerste aandag by luis kry, wat dit laat besef hierdie diertjies is onvoorwaardelik bly om dit te sien. Hulle verstaan dalk nie die woorde nie. Hulle gesels nie in luis- of mensetaal terug nie. Maar hulle verstaan emosie. As luis 'n traantjie stort, sal die knaagdiertjie in sy hand of op sy lessenaar, dit opmerk en diertjiemanier, 'n drukkie teruggee. As Luis na 'n suksesvolle aand nie die geleentheid het om die vreugde met genegenote te deel nie, kom Teef sy teleurstelling agter, en knus haar styf teen hom.

Diere word nie gebore met vooroordele nie. Hulle leer, net soos mense, vooroordeel later aan. Maar diere is altyd bereid om medeskepsels 'n tweede, derde, sewentigste... kans te gee. Hulle is altyd bereid om opgelei en "makgemaak" te word. En hulle is dag en nag daar, om diegene wie se seer te gering geag word deur mense, daardie onvoorwaardelike knuffie te gee wat genesing kan bring.

The Gucci Handbags are the

The Gucci Handbags are the one of the most popular and luxury brand watches,although the gucci company are famous with their Gucci Handbags On Sale.Surely the gucci items are expensive ,you can just buy them from a
Gucci Outlet shop if you don't have enough money.