
Bekend as die spookdorp. Jaarliks word die verlate , diamant delwers dorpie deur letterlik duisende oorsese toeriste besoek. Baie interessant, heelwat om te sien, kan jou beslis die heeldag besig hou. Die hele dorpie is vir my soos 'n ope lug museum. As jy so gelukkig was so ek, kan jy ook een van die spoke ervaar wat daar doenig is in die opgekapte huis , wat vroëer jare aan die mynbestuurder behoort het. Dis my tweede besoek aan die dorpie 10 jaar later en weer het ek so 'n ervaring gehad.