Naas: Bitterbessiebossiesverlange
Tussen bitterbessiebossies
en naloop trossies,
dwalend teen berg se hang.
Waar dassiepis groei,
waar proteas bloei.
En tortelduif sang.
Daar vind jy my wese
tussen akkedis en kese
waar my gees ronddwaal.
Onder granietklipkop
tel jy my spore op,
lees jy my hart se taal.
Nou ken jy my,
verstaan jy my,
weet jy my begeer.
My heimwee en lus,
my hunker na rus
in die Boland natuur.
Naas: Hy het opgehou ...
Diepfrons lyne
Oor betraande wang
Geen seer
Waarom water?
Verwonderd oor die ervaar:-
Vrede
Verlossing
Vryheid
Alles eindig:-
Oor
Verby
Opgehou
Geen meer:-
Vrees
Skaam
Onseker
As soos verbrande hout
Of die wiel wat draai
as…
Losgemaak van…
Vergewe… Lankal
Vergeet… Onmoontlik
Nugter lieflik, bitter min
Wingerdkanker onuithoudbaar
Vaderdankbaar
Opgehou…
KOMMENTARE:
Johanna: Naas ek lees jou gedig nou so:
Eerste strofe – Die hartseer is daar omdat jy iemand verloor.
Jy huil maar dan ontstaan die vraag, hoekom huil?
Tweede strofe – diep in jou siel maak die hartseer ʼn ander deur oop, ʼn deur waar die kamer van die siel se gewaarwording ʼn ervaring van vrede, verlossing en bevryding word.
Derde strofe: Alles het geëindig
Die skielike wete (dat die dood) letterlik daardie persoon se manier van lewe geëindig het.
Vierde strofe: Met die dood van daardie persoon, was daar nie meer die vrees wat altyd geheers het nie, geen kop wat meer in skaamte sak nie, geen onsekerheid meer oor die dag van more nie.
Vyfde strofe: As...Wat as?...as bestaan nie meer nie. As...daardie persoon nog gelewe het...dis verby...as is dood, nes ʼn wiel wat draai om ʼn as, het die (as) van daardie persoon, ook tot stilstand gekom.
Sesde strofe: die dood van die persoon het jou losgemaak en/of vrygestel.
Vergifnis vir daardie persoon is daar...lankal...hetsy deur persone of deur die Hemelse Vader, maak nie saak, hy is lankal vergewe.
Tog omdat daardie persoon ʼn deel van jou lewe was, sal jy hom nooit kan vergeet nie.
Sewende strofe: Juis omdat hy deel van jou lewe was, sal jy altyd aan hom dink:
Dink aan hoe hy was. Die sober kant van sy lewe is/was lieflik, maar baie min gedagte word hieraan gewy.
Wat wel uitstaan is die woord: wingerdkanker
As ek die woord opdeel kry ek die volgende.
Wingerd = dronkenskap en kanker = ʼn pynlike ervaring vir die wat met so persoon moet saamleef en dan laaste, die pyn-gedagte:
Vir mense wat hom lief gehad het was sy dood hartseer, maar terselfdertyd ʼn verlossing.
Nie net vir hulle nie maar ook vir hom.
Die gedig ruk mens tot stilstand en geen woorde kan hierdie pyn-gedagtes wegneem nie.
Naas:
Johanna. Jy lees die gedig reg.
Ek moet erken dat daardie nie trane van hartseer was nie. Ek voel nou nog skuldig dat dit trane van blydskap was. Trane van verlossing. Daardie skuldgevoel maak seer elke keer as ek ander se hartseer vir 'n ouer se dood sien/lees/ervaar.
Dit is ook nou die eerste keer wat ek so 'n raak ontleding van een van my skryfsels ervaar.
In my geval was "opgehou" die dood en my trane van verligting omdat die wat moes agterbly se "lyding" verby is en hulle van sy wingerdkanker ontslae is. Kom ons kyk hoe jy die gedig nou lees.
Ek moet se dat ek soms met 'n skaduwee op my tong praat en dat ek my gevoelens probeer verbloem deur ook die eerste indruk te skep wat jy dadelik afgelei het.
Welgedaan vriendin.

Dior Sunglasses is so
Dior Sunglasses is so beatiful that i am going to buy 3 pairs for this summer , but i find a online website who are selling Cheap Dior Sunglasses ,that will save a lot of money to buy them. and the online store is selling the Gucci Sunglasses too , many i will buy one for my wife.