Swart Wolf
1 In my diepste binne worstel
2 die donker wolf
3 wat beur,
4 skeur,
5 emosies verlind
6 onversadigbaar honger.
7 Wat net stil- stil sonder kommer
8 versadig, selfvoldane arrogansie verwonder.
9 Dan is sy weg.
10 Alles is weer reg.
11 Tot later weer,
12 het ek al geleer.