Piet Magriet
Ek is nou nie snaaks nie,
maar ek is bly as hulle hemel toe gaan,
ek wil nou regtig nie saam met hulle om dieselfde vuur sit nie!
~~~
*TGG VAN Johanna - GESKEP MET Gerhard Ebersöhn SE WOORDE )
Hierdie is ook 'n pragtige voorbeeld van ons herhaalde titel gedigstruktuur! Welgedaan Johanna!
SE GAT MAN!
Ateïste, katolieke en protestante
wat so sonder onderskeiding
onvergelykbaar onkreukelbaar
staan onder ongekende,
onwêreldse omstandighede
wat almal gelyk getref het.
HIERDIE katastrofe
is ʼn skerpe herinnering
in hierdie wêreld, so vol heldemoed
en geestelike kragtige mense.
Skandalige vertoon, lamsakkig
lafhartig en die ergste van alles
SKYNHEILIG EN HOFVAARDIG
MOET EK my skaam oor my
vloekwoord? terwyl menslike
feses soos diamanthalssnoere
van die gekunstelde gemeng
oor almal se koppe meulstroom
en hulle in hulle witbeddens
vol hoerery gevang en verswelg het?
TERWYL
sogenaamde
goeie Christine
vuiler en walgliker
TSUNAMIES van
hoogheiligheid BRAAK?
SE GAT MAN!!
© (toevallige gevinde gedig)
Gerhard Ebersöhn (WOESFORUM GODSDIENS AFDELING)
*Om meer te lees oor die TGG (toevallig gevinde gedigte) volg asb hierdie skakel:
http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=2109.0
~~~
Hier is 007 se TGG-0-skop-verskuilde-titel-two-times-nice-vers van onse Piet Magriet
Ek wil nou nie uit my beurt praat nie,
want ek het nie die ondervinding nie,
maar deesdae is alles Inglish!
Die ousie hy kom soek hom die werk,
hy praat hom net die Inglish,
maar hy verstaan hom die fokkolie wat djy sê vir hom nie!
Jy kyk hom by die oog as djy saam met hom praat
maar djy kan sien die ligte hy is aan
maar daar is niemand by die kaia huis nie.
Dan praat djy hom die Sotho of die Zulu,
maar natuurlik is djou Sotho of djou Zulu nie so goed nie
en dan hy verstaan hom nog die minder as die fokkolie.
MAAR dan!
Uit pure frustrasie,
djy praat hom die Afrikaans,
"and God is your witness"
die ligte hy slaat vir djou blind!
Nou djy denk so by jouse selwers,
shame, as daai kjend se ma nou vir hom
van die kleintyd af die Inglish geleer het,
dan broer, dan, kon djulle altwie
iets iewers reg gekry het!
*Hierdie gedig bevat 4 gedigstrukture in een :)
~~~
EN HIER IS NOG 'N PAAR 0-SKOPVERSE UIT DIE FORUMGANGE
Naas
My oorle oupa het altyd gesê:
"n Dronk leeu het die skoot hoog deur."
Maar miskien het dit iets te doene gehad
met die Transvaalse rugbyspan op 'n verloor Saterdag.
~~~
werelde weg
daar is dinge soms
wat die gekleede oog
nie kan sien....
Michelize
Woordverslaafde
insomniak-maniak
malmens.
Maar wat, so gemaak
en so gelaat staan!
~~~
Trapsoetjie
Dinge kom en gaan.
Binne bly die storm
aan die brand.
....en hier sit ek weer
met my rooirok voor jou deur.
Niemand is tuis, het almal verhuis?
Hier is dan (veronderstel) om so baie lede te wees, wa's julle?
Die girls van sandy baai
is al te fraai
net jammer hulle mans
is baie kwaai
toe moes ek die hasepad kies
onder groot lawaai
WOESTERSE 0-SKOPLYNE
Piet Magriet
Ek weet hierdie 0 is 'n gat, is hierdie O 'n asgat? Ons is 'n klomp "0-skoppers".
*Sepiesterre, sokkies en skobbejakke - dink jy hierdie het iets met onse Joost te doen?
♪♪ Staan poppie staan en laat jou gedagtes gaan... ♪♪
Hoekom is daar selde of ooit iets wat Meraai van die Baai te sê het? Jy moet lat ek jou vang jy jou werk half doen!
Dis nou so maklik soos wieps innie bad!
Hannes sê altyd hy is Diana Dors se broer. Dondêrs Dors.
... sit daardie bottel neer liefie, jy gooi al weer met bottels!
Raaitjie gaan vir jou 'n koukbotteldoppie bring. Nee, ek dink sy moet vir jou 'n kurkproppie bring!
"Sien jy nou hoe goed dit is as jy maar net jou bek toe hou as jou man gesuip is?”
Die onheil ry my so omdat ek te stupid is om ander te wantrou
Die dag as ek my Wheatbix rook moet jy weet daar is groot fout!
My ou Fordjie is nog steeds op die afdraende pad met 'n stink spoed
Trapsoetjie
Toe word hy dors, los 'n man met 'n dors.
Een, twee, drie, blok myself. Koewee.... kom maar uit die krake. Ek byt nie.
Ek is in die bollie by die werk, altyd, dis net die diepte wat verskil oor ek ongeskik is en nie weet hoe om met mense te praat nie.
Kyk as dit brommer tyd was, het ek 'n bek vol gehad.
Hier is dit 'n onderliggende don-der-storm wat wag om te bars, maar ek is reg vir hom!
... asem in en asem uit. Doen dit weer, sonder jou haelgeweer.
Groot Broer hou ons dop. As hy sien ons slaap, ruk hy die mat onder ons uit en is ons weer wakker....
... daar is nou nie 5 verdiepings nie, maar daai sand kan soms moeilik trap veral na 'n lekker rooi tap.
Eish wat het geword van Naas se broek?
Hiert jou Geelgat.
My tokkel tickle my toeter.... And then there is life.
Moenie vir Hasie glo nie, hy het 'n mooi bals stem.
Bring jy jou kitaar saam? Ek weet jy bring jou stem saam.
Naas
Ek sal seker iets ernstig ok moet skrywe. Netnou vat almal my vir 'n naaswors.
Ek kan brul soos 'n bloubul wie se span al weer verloor het.
Hoe moet ek nou voel? Ek het ook 'n binniste en nie 'n krop soos 'n duif nie.
... dink ek gaan ook van nou af aandring om Halaal te eet want ek gee vir varke skool. Hoe kan ek hulle nog eet ook?
O vrek! Ek hoop nie jy't 'n streep weg voor ek kom kuier nie.
Ek kan nie orrel speel nie maar ek is baie goed met radio speel.
Julle sal my moet verskoon as ek nie daar by die blou Pieterjie sing nie. Ek sien nie nou kans vir CD Kontrakte en sulke goeterse nie.
Jou bure het my darem genader om te hoor wanneer ons weer daar by julle sing. Hulle wil glo reelings tref vir die naweek.
Sien uit na my trippie Sodom en Cremora toe.
My instink se vir my ek moenie hier kommentaar lewer nie.
Hier gaan ek my uithou. Ek dink nie my blommetjies G-string is hier veilig nie.
Jy behoort darem teen die tyd te weet ek kan nie in vormpies gedruk word nie.
Februarie 2011 is nou amptelik "Noodlot nail vir Naas" maand.

Coach Shoes are very pupular
Coach Shoes are very pupular in USA,but it is a little expensive,if you would like to buy the cheap coach shoes,you had better go to the Coach Purses Outlet who sell the coach items with low price ,you can also choose other coach items in the Coach Outlet Stores.