Michelize: Herinneringe uit kleintyd Ai, ons het so bevoorreg grootgeword!
My vroegste herinnering is toe Chappies 'n 1/2 sent gekos het en ons 'n Chomp vir 5c kon koop en pakkies chips vir 7c. Toe ek begin oplet het na die goed - hier in die hoërskool rond - het my ma 'n maand se kruideniersware (2 boordensvol trollies) vir onder R300 gekoop. En dan was dit 'n fortuin! Wat koop mens nou vir R300?! Goeie 'ou' dae!
NOG PRAGTIGE HERINNERINGE UIT MICHELIZE SE KINDERDAE:
1.) Sondae middae se etes. Dan kies ek die plaat wat gespeel word. Conniff & Butterfield, of Ink Spots, of “In a dim Café” se strelende vioolklanke…
2.) Soet rooibostee in die sonnetjie op die stoep. Partykeer het ek dit skelmpies in my boetie se bababottel gegooi en dan op my bed gaan lê en gespeel ek’s ‘n baba!
3.) Kleilat gooi by die rivier in die bloekombos naby ons huis. Of paddavissies vang, of baklei met die ‘rooinekke’ wat aan die oorkant van die rivier gebly het!
4.) Speel ek’s ‘n prinses in die einste bloekombos. Die dik blare tapyt onder my voete, die reuk van die bome, die geritsel/gesuis van die wind in die blare, en die gekwetter van die voëls wanneer hulle vyf uur saans kom roost in die boomtoppe… en dan beter ons snol om betyds by die huis te wees!
5.) Toktokkie speel. Tot laat saans in die strate met die buurkinders, en die motte om die straatligte.
6.) Krap in Pa se laai vir sente (en half sente!!) en dan vêr stap tot by die Checkers sentrum om by die CNA ‘n soft toy te koop, of ‘n tjoklit. (Maggies, ek’s seker dit was omtrent 7 km wat ons gestap het!) En dan abba ek my boetie as hy moeg raak.
7.) Vroeg opstaan vir vakansies. Pa wat die kar pak soos ‘n wafferse legkaart, en deur die slaap toegewoel te word in bersies op die agtersitplek vir die vêr ry…
8.) Inry! En op ‘n kombers lê voor die motor in ons pajamas. En stap na die kiosk om smarties te koop. En die fliek se klankbaan oor al die receivertjies.
9.) Sterre kyk saam Pa oppie kombers saans. Dan sing ons Betlehem Ster, o wonder lig… Of wolkvorms saam Ma bedags.
10.) Liewe Heksie plate luister. Of ‘The Sound of Music’ en ‘The King and I’ en ‘Mary Poppins” en AL die woorde te kan saamsing.
11.) Siembamba oppie radio.
12.) Die eerste keer toe ons ‘n TV gesien het! WOW! Haha! Haas Das! Ter wille van Oorlewing! Later Sebastian en Meisie van Avignon en Emil!
13.) Sing. Saans na ete. In die kar oppad skool toe. Oppad met vakansies. Ma en Pa innie kombuis. “Somewhwere the sun is shining. Somewhere the songbird’s singing…”; “My Bonnie and me, and the baby makes three… we’re happy in my blue heaven. I see a smiling face, a fire place, a cosy room… A little nest that’s nestled where the roses bloom…”
Liewe aarde, daar is te veel wonderlike herinneringe. Toe kon ons nog onbevange speel en nooit vir een oomblik bang wees vir onnoembare onheile nie…
DIE VOLGENDE BYDRAE IS 'N KOSBARE WOORDSKAT VAN MICHELIZE SE PA:
Witkat: Onthou julle nog ons kleintyd, toe Pretoria nog Pretoria was?
Die Capitol Teater in die middestad en die Saterdagoggend ”morning shows” waar ons as kinders in láng toue gestaan en wag het vir die kaartjieskantoor om oop te maak, pakke “comics” in die arms vir uitruil onder mekaar.
Die Opera House waar jy heeldag kon fliek (dieselfde prent het oor en oor gedraai) en jou toegangskaartjie die prys van ’n “float” ingesluit het.
Die Dieretuin doer onder in Boomstraat waar jy die hele Saterdag vir (was dit ’n sikspens) kon deurbring, na die diere kyk, op die ponies en donkies ry en vir ‘n sjieling die heerlikste worsrolletjie by die restaurant kon koop.
Sentraal swembad in Schoemanstraat waar ons Somersaterdae kon swem en baljaar en jy jou fiets buite aan ’n paal kon vasketting en hy nog daar sal wees huistoegaantyd…
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Piet Magriet: Wat ek kan onthou is dat witbrood wat vir 'n sixpence (5 cent) verkoop is, skielik op gegaan het na 7c toe. Vandaar het pryse net gestoomroller en het nog nooit brieke gehad nie.
In 1974 het ons vir 'n drieslaapkamerhuis, met 'n swembad, R15.00 per maand betaal vir water en ligte!
Vir R15.00 per maand kon ons 'n hele maand se kruideniersware gekoop het. Alles ingesluit. Maar dan moet ek bysê, Hannes het net R240.00 per maand (bruto) verdien. Hoogs gekwalifiseerd!
Ons huis het R73.00 per maand gekos! Gehuur natuurlik! Maar dit was die "ou dae". Ons eerste huisie het 'n hele R20.000.00 gekos! Vandag vra die kinders hoekom het ons nie sommer tien gekoop nie! Ha-haa, ons het gebars om net daardie een ou huisie te betaal. En dit was 'n huisie wat niemand wou hê nie, want die gras het in die hoeke gegroei en die plafonne het op die stoep gelê!
*PM onthou ook die volgende uit haar kinderdae toe haar ouers nog die 'vis en chips' winkel gehad het:
Dit was 'n "smart" plek. Hulle het "regte egte vis en chips" papier gehad. Dit het in sulke groot rolle gekom en dan moes sy dit in verskillende groottes sny. Onthou ek nog, so 'n lang lem gebruik en ek kon my verkyk en verlustig in die giiiirrrrts geluide wat dit gemaak het.
Wanneer sy die vis gebraai het, het die "deeg druppeltjies" bo op die olie gedryf. Sy het dit afgeskep en "fish crumbs" genoem. Die vis is nooit tot teen die graat afgesny nie. Daardie "grate" het sy in dieselfde meelmengsel gedoop en dit gebak. Die mynwerkers het al vyfuur in die oggend verby gekom en dit was hulle gunsteling gereg. "Fishbones and crumps".
Dit was in 1960. Ek was nog net 9 jaar oud. As ek reg kan onthou het daar twee groot dinge gebeur. Die eerste VW beatletjies het SA toe gekom en in Feb '61 het die rand en sente hul verskyning gemaak.

The Hermes Handbags are so
The Hermes Handbags are so expensive that only the boss of company and stars can afford ,and the hermes store are only located in the biggest and fashion city,we are not easy to get a
Hermes Birkin Bags even you have the enough money if you are from the small city.But the Hermes Birkin Online shop offer very cheap hermes items to anywhere worldwide, it is amazing.