Forum Dagboek (2): Geskaaides Gedagtes en Gesegdes

Naas:
Lusern vergaan maar goeie mense bly staan.

Ek moet sê dat ek soms met 'n skaduwee op my tong praat en dat ek my gevoelens probeer verbloem

Ek skryf net vormgedigte as ek hardlywig is en geen ander inspirasie het nie.

Gaan na die miere Luiaard, en word wys. As jy nie te lui is om te gaan nie sal jy te lui wees om terug te kom.

Ons kan die verlede sien, maar moet blindelings die toekoms in

Daar is maniere en maniere. 'n Gebrek aan maniere dui gewoonlik op die vlak van beskawing in die gemeenskap.

Ek wonder weer oor Virgin Active. Kan nie verstaan hoe 'n aktiewe Virgin nog een kan wees nie.

Hulle sê, elke keer wanneer 'n "virgin" oor kerkplein stap, dan lig oom Paul sy hoed vir haar.

As ek te veel drink (wan)gedra my vriende hulle gewoonlik want hulle laat val my altyd op pad huis toe.

Piet Magriet
'n tuin sonder 'n boom ... is soos 'n voël sonder 'n nes!

'n Mens kan die dolle stilte steek met 'n dolk

Oud maar nog lank nie koud nie! (Snow on the mountain top and fire in the valley!)

Haar voorgee is nou op 6. Sy klop die manne "six love".

Eish! Solank my snor net nie langer as Hannes s'n is nie!

Hoekom laat WW my nou dink aan sewevingerblaartjies?

Gee vir my 11 uit tien. Een afgetrek vir foute!

Ek tel al my sente. Die spaarvarkie se stertjie hang al op die grond!

Hulle sê die lewe begin wanneer 'n mens geen verantwoordelikheid het meer nie.

Dan vra hulle my hoekom drink ek, dan vertel ek hulle, dan drink hulle saam!

Lyk my dit is nog 'n "sonde" wat nie vir 'n mens opgeskryf word nie, jy kry jou straf sommer dadelik

Solank jou tokkel en jou toeter nog werk is alles reg!

Wat tickle jou tokkel?

Flip, my alie het al my pantie vol gate gevreet!

Ek "kata" maar met die stoflap en mop.

Ek is te swaar vir ligte oefeninge en te lig vir "swaar" oefeninge.

Ek drink net een glasie wyn. Dan is ek 'n ander mens, en daai ou kan suip!

Tien vingers en al is ek so alleen soos ek en myself!

Johanna:
Hulle sê mos ouderdom is wanneer jou bene harder kraak as jou stem.

Takt is die vermoë om jou mond toe te maak voor iemand anders dit vir jou doen