Ek dink ek hou van haar!!!

Wonder bo wonder. Ek het jou ontmoet... Nee, ek ken jou eintlik al vir jare. Ek dink jy is nogal 'n vrek nyc persoon. Soms gaan mens deur tawwe tye, dan het jy net daai persoon wat jou verstaan, daai persoon wat dieselfde musiek smaak het, daai persoon wat saam met jou op die gras kan lê en net na die sterre kyk.

Ek is lief vir jou, ek wil nie verlief op jou wees nie, dit vervuil 'n goeie vriendskap. Ek mis jou geselskap in 'n kwessie van minute. Jy is soos daardie stemmetjie wat 'n persoon nodig het om op die pad te kom. Alhoewel ek ver van die pad af is, hou jy my darem bietjie doel gerig die laaste tyd, jy sorg dat ek nie sanik oor die verlede nie, en jy sit 'n blerrie damn breë glimlag op my gesig.

Ek weet nie hoe om jou te beskruif nie...

Jy is daai girl wat in die middel van die club dans, hare skud in die flikkerinde ligte, op en af hop en gil van joy.
Jy is daai girl wat laaik van dans, sosiaal samet jou naby vriendinne,
Jy is daai girl wat nie omgee oor social standing nie, daai girl wat almal opreg behandel en lag vir 'n grap, maak nie saak hoe simpel die verteller is nie.
Jy is daai girl wat mens soms rede kan gee om weer musiek te begin luister, daai girl waarvoor jy sal smile.
Jy is daai girl wat onmenslik baie energie het, wat glo in dans in die reën, wat jou arms wyd verspreid is terwyl jy in die rondte draai onder die wolkbreek.
Jy is daai girl wat beter as 'n roos van self is, meer helder as 'n daisy, die girl wat se glimlag 'n blou maandag kan oorwin.
maar bo dit als, is jy die meisie wat haar potlood kou...

Dalk val ek vir jou eendag, dalk nie, maar vanaand wil ek net met jou klets tot die son opkom, in die reën baljaar, en koekies bak in die modder.

Jy is jy, dis genoeg vir my, as dit nie te veel is nie... mwah...Minette Olivier!!!

thanks!

I have here my latest website just like your. very informative and you will love to read it's a simple toughs and very informative to. bridge builder and prefabricated bridges can support you in passing to my bridge.