drome op treine tussen stasies

O hemel ek hou daarvan om te dagdroom. Dis vir my darem 'n plek waar my maligheid aanvaar word.

So dit gebeur met my, ek sit op die Intercape heelwaarskynlik op pad huis toe. Ek verlaat my gemaksone om 'n onbekende gemaksone te betree. Ek weet ek gaan huis toe, maar jitte, die skoolsiek gevoel kom altyd op by my. So nou sit ek in die bus, dankbaar vir 'n venster sitplek.

Snaaks genoeg, daai naar gevoel verdwyn wanneer ek my dagdroom begin. Ek kyk reguit by die venster uit in een of ander onmoontlikheid vas wat my sommer geheel en al opgewonde maak. Ek onthou die spesifieke dagdroom soos gister, want dit voel nie so onmoontlik nie.

Stel dit so, ek was met die begin bietjie romanties georiënteerd. Vas gekyk in die idee van 'n vry in die reën, wat gely het na een van daai storte wat nie 'n kop het nie, net gaatjies orals in die dak. 'n vertrek as 'n stort. 'n Stort is meer vergeleikbaar met pornografie as romanse... wat my nogal aan die dink gesit het.. Skep 'n effek vir kamers. 'n kamer sonder meubels, en gemaklik is. 'n Projektor kamer, 360 grade van werklikheid?

So vir my ag uur tog is ek heeltyd aan die roei met die idee. Na die eerste vier ure se "brainstorm" was al my planne nog realisties, maar hier by uur ag was my planne so onmoontlik, dat als in my kop net moontlik lyk.

So dis my droomwêreld, tussen stasies. Mag die onmoontlikke altyd as die moontlikke gesien word, want die dag wat die moontlikke genoeg vir my is, is ek maar net nog een ekstra "zombie".