saaN:
* Maak soos 'n haas en vul die plaas
* My koppie raas mos partykeer soos 'n sokkerhoring.
* Julle laat my nou sommer toon innie sand voel en ek het net vanoggend 'n nuwe lagie dulux op my toondeksels gerol.
* Ek lig my kedotjie in erkinning vir grootsheid.
* Op my ouderdom vlieg die tyd mos in 'n Jet.
* Gaan nou katel toe slinger
* Ek haal my vrou se valstande uit voor ons gaan slaap.
* Peacefull sleep is goeie beskerming teen mislikkekiete.
Juenka:
* saaN jy is darem nog die skerpste potlood.
* Dit is kroeg praaitjies daai. Jy sal maar tussen die bene lyne moet lees.
saaN:
Klaar begin met die veriel ans
Gee maar net 'n withaas kans
Ek sal een skryf
Al vat dit die vet van my lyf
al raak meer as my vingers styf
veriel ans kom
Julle dink verniet ek is so dom
my vingers is nie so poepkrom
ek skryf veriel
Gaan haal hom daar diep uit my siel
Dans oor hom soos 'n hotnosriel
al skryf ek saans.
viralai ancien gekondenseer
Gaweline:
* Woes is hy inderdaad, maar nie wildewragtag woes nie.
* Om 'n vraag met 'n vraag te antwoord is deel van my "trade".
* Ok ma lekka stupid!
Piet Magriet:
* O hallie ha!!! Ek is soooo gelukkig, my enkels hang nog in my pantoffels!
* As jy vir my laat weet het dit gaan soooo sleg, het ek 'n plan gemaak om vir jou jou eie stel valstanne te kry!
* Ouderdom is niks, dit kan 'n mens nog oorsien, maar gespletenheid is regtig 'n nare ding!
* Ek lag so, die snot en trane kleef aan die skerm
* Slaat my dood maar ek noem jou nie op daai naam nie. Not 'n sokkie!
* Kom laat die ouma van al wat 'n kleinkind is nou vir jou die hele waarheid vertel.
* Jy verdien dit! Dit is nie sommer net jam ommie bekkie nie!
* Jy is so flink soos 'n swaeltjie!
* Mooi man, ons kap it flou!
* Dit gaan baie beter, my twak het bietjie droog geword.
* Is jy nog so kalm soos 'n daggawalm?
* Sodom en Gamorra, hier kom ons.
* Muskiete byt hier dat dit bars, ek belowe jou, hulle skiet raak, nie mis nie.
* My dom ken geen perke nie!
* My Frans is so na as Grieks as wat Zulu aan Sweeds is.
* Sy weet mos nie wanneer haar karretjie ratte wissel nie!
* Julle weet mos ek verstaan gou as jy lank verduidelik.
* Ek wens jy kan my ogies sien blink! Ek moet nou net versistis is anders kry ek dronkverdriet!
* PM hou net nie van twis en korswil nie, gatskeer is uiters goed, dan moet die ander party net nie dink dit is 'n stywe stok in 'n krom derm nie.
* Sarkasme is die eerste tekens van 'n verrotte brein.
* Daar is 'n dun lyn tussen humor en vulger.
* Niks koek en tee en Hollandse katte nie! Net Afrikaanse katte en verdwaalde GPS'se.
* Ons wekkers leef op voëlsaad en hulle het ons nog nooit een oggend in die steek gelaat nie.
Ya.acov:
* Dit is enige vrou se droom om geweeg te word en te lig bevind te word.
* Ek sien ESKOM kla hul twak is nat so hulle gaan miskien weer die mense na kerse en aanstekers laat gryp.
* Naas Botha is 'n Skopper maar nie 'n spinnerskopper nie
* Vriende is sowaar goud werd. Maar, as die vriende vriende is tot daar silwer in die hare is, DAN is dit soveel meer spesiaal.
* Dis darem ook nie ons skuld as die Vaalpense meer dae nodig het om dieselfde hoeveelheid in die kop te kry nie :-)
Fransi:
*Koebaai is nie altyd vaarwel nie, of hoe?
vanniekerkjohanna: PM viralai Ya’acov
PM wou Ya’acov viralai
deur haar onderwerp
in Ya’acov se bed te plaas.
Skuus Ya’acov; seg sy
ek leer swaar
Nee is reg PM; seg hy
wys jou net - ons twee
pas nie in dieselfde bed.

It is a big different of the
It is a big different of the price about louis vuitton product between the
Louis Vuitton Online Store and exclusive agency, so many female used to buy louis vuitton handbags from Louis Vuitton Online, especially they can buy the very cheap louis vuitton items from Louis Vuitton Outlet Online,this help them to save a lot of money to buy more handbags.