die skrif is aan die uur
Ek het eintlik geen idee waarom ek hierdie stuk skryf nie.
En of dit weer die winter is wat dit doen, sou ek ook nie kon sê nie. Wat ek wel al weet, is dat dit nie emosioneel geïnduseer word nie (wel, nie noodwendig nie). Dis ook hier waar ek aanvoel dat ek hierdie onderwerp lank terug al aangeraak het. En dat dit bly terugkom soos aasvoëls, of dalk soos seemeeue.
Soms is ons bloot filters vir dit wat om ons gebeur. Dinge soos die belaglike, dog nodige, prosesse wat mens politiek noem. Of die pryse wat opgaan al raak niemand regtig meer ryker nie. "Die prys wat jy moet betaal" raak meer as net deel van 'n ruiltransaksie. Jy raak vanuit jou binneste deel van die ruiltransaksie, en soms is jy self die prys wat jy moet betaal.
Daar's twee dinge wat jou ongelooflik neerslagtig kan maak: die ekonomie en politiek.
Die tweede is dan om daaroor te skryf.
En ten spyte van dit alles skryf mens nog. Jy ervaar, jy filtreer, jy skryf. Ten spyte van die algemene onregverdigheid wat ons net biddend (en skrywend) aanvaar. Jy besef dat jy so betrokke kan wees op papier...ja, op papier. Jy kan met gebalde vuis (of pen of keyboard) al die onregverdigheid aandurf om net saans te besef dat jy eitlik, wel, net geskryf het. En jy besef skielik hoe impotent woorde kan wees.
Ek bly egter skryf. Ek moet skryf, al is dit net oor onvolmaakte woorde wat my in sirkels jaag.
- Paul se blog
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer

examine homeowners insurance texas
Terrific content! Irrrve never heard about telemedicine before. It can be helpful how it works in addition to impact individuals.
examine homeowners insurance texas
property insurance organizations
Many thanks for that very beneficial information and facts you could have given united states. I'm going to book mark that for upcoming reference and relate it to be able to my friends. Much more capability to your blog site.
property insurance organizations
cheapest homeowners insurance throughout colorado
Awesome internet site with straight answers with this particular pleased to have read a number of them on your own web site.
cheapest homeowners insurance throughout colorado
luxury car
nice post