As jy na 'n paar jare weer terugstap in die huis waarin jy grootgeword het, is dit soms vreemd hoe alles nog dieselfde lyk van ver af. Die gedeeltes roes op die agterwerf se heinings, die groot wit hekke wat begin verf afdop, die skilderye teen die mure wat nie regtig volgens 'n tema hang nie... Alles soos jy dit gelos het, en tog, is alles nuut, asof ek nog nooit van te vore hier was nie. Die ouderdom wat in alles 'n vaste vestiging kom maak het, vanaf die meubels tot in my ma se gesig. Die banke kraak as jy op dit neerval, die kat wat maar ekstra lank vat om haar ou lyf gemaklik op te krul, my pa se hare, wat sommer baie meer wit vertoon as die ou bekende silwer-swart. Ek besef met skok, dat niks ooit dieselfde sal of kan bly nie, dat alles ouer raak, en dat dit wat jy nou het, jy met alles in jou hart moet liefhê en wardeer...
die frustrasie van terug kom huistoe...
- swerkat71 se blog
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer