Dawid en die wortels

Piet Magriet
Raai raai riepa .. Waar het Dawid die wortels gegrawe? Kan iemand my sê? Ek is lus vir wortels

Nou laat dit my dink .... het Dawid dalk skaam gekry en toe die wortel gaan grawe of begrawe?

O hallie ha..Raai raai riepa lag ek skoon my. . . piepa af!

Wat se wortels ken ons? Geelwortels, witwortels, die wortel van alle kwaad is nie 'n boomwortel nie. Is dit Dawid se wortel?

Trapsoetjie
Ek dink nie dis meer daar nie Hy het dit gegrawe en nie begrawe nie...
Dalk moet ons vir David soek en nie sy wortel nie...

Lepinotus Patruelis
As jy wortels soek, luis het netnou net vir Oscar die hasie gesien waar hy met 'n groot sak wortels straataf swoeg.

Maar nou wonder luis saam, waar was dit oorspronklik?

Naas
Hoekom sal Dawid nou sy wortel wil begrawe? Mens gooi mos nie goed weg wat jy nog gaan nodig kry nie.

Die vraag is nie waar het Dawid die wortels gegrawe nie, maar eerder wie het die wortels daar geplant?

Na alles maai 'n mens mos nie waar 'n ander gesaai het nie anders beland jy dalk in die Parlement.
Maar het Dawid dan nie koning geword nie?

Hierdie wortel-storie is nogal nie so vlak soos 'n haas gedink het nie.

Piet Magriet
Dit is 'n "diep" ding hierdie. 'n Parlementêre-wortel, hande diep in die gate waar Koning Dawid die wortels geplant het.

Is dit die spreekwoordelike wortel van alle kwaad?

Langvingertaal. ???

Dit is nou 'n wortel van 'n ander kleur!

Lorraine
Solank Dawid net nie sy wortels voor my neus hou nie!! Ek val al lankal nie meer daar(v)oor nie! Was dit nie hoeka 'n haas wat iemand genooi het "kom eet vanaand by my, wortel en uintjies uit die vlei" nie. Of sit ek nou weer die pot met wortels mis?

*007 weet waar Dawie se worteltjies vandaan kom maar niemand wou my geleende wysheid glo nie hie hie hie ....

http://www.taaloord.co.za/taalberigte.htm

’n Ander volksfiguur wat tot dusver verborge gebly het, is die Dawid wat êrens wortels gegrawe het. Onlangs het mev. Hetta Hager van Griekwastad my aandag gevestig op ’n inskrywing in Charles Pettman se boek van 1913, Africanderisms. In dié werk bied die skrywer ’n lys “South African colloquial words and phrases and of place and other names” aan. Hy verwys na Davidjes wortel, ’n naam wat later in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal opgeneem is as dawidjieswortel (ook dawidjiewortel). Dit is ’n plantsoort wat baie giftig is vir diere, maar Leipoldt praat ook van ’n Van der Merwe wat sy vrou “met kattekruie en dawidjiesgoed vergewe het” (dawidjiesgoed is ’n ander naam vir dawidjiewortel). As jy nou vir iemand wys waar dawidjiewortel gegrawe (ook begrawe) is, dan kan dit dalk letterlik beteken dat jy hom inlig oor die gifplant, of hom waarsku dat hy met gif speel. Die vervorming van dawidjiewortel tot Dawid die wortel lyk voor die hand liggend, veral as iemand wat nie die plant ken nie die naam daarvan hoor.

‘Die volksetimologie (kan) ook verantwoordelik wees vir die spreekwoord: by dawidswortel is aan ’n persoon Dawid gedink, en deur die volksverbeelding word die denkbeeldige persoon skertsenderwyse voorgestel as ’n grawer van die wortels

The Hermes Handbags are so

The Hermes Handbags are so expensive that only the boss of company and stars can afford ,and the hermes store are only located in the biggest and fashion city,we are not easy to get a
Hermes Birkin Bags even you have the enough money if you are from the small city.But the Hermes Birkin Online shop offer very cheap hermes items to anywhere worldwide, it is amazing.