Praglyne

Lorraine en die Oorgangsjare

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel
Verwysing: 
Met spesiale dank aan ons eie Mevrou Varkie vir toestemming verleen om haar humoristiese lyne te oes en bewaar in die vertoonkassie van woorde.

Lorraine Brand: Dis nou één woordjie wat nou regtig saam met die woord apartheid uit ons woordeboeke en woordeskat kan verdwyn.

Praglyne van Diamantjie en 'n dief: Brief aan my dogter.

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel (brief geplaas soos dit gestuur is vanaf DD se sel)
Verwysing: 
*Met spesiale dank aan DD vir die groot voorreg om hierdie kosbare woorde te bewaar in ons boekie van woorde.

Diamantjie en 'n dief: Ek en my dogter sit so rukkie terug een middag in n restaurant en eet middagete.

Loslappie (praglyne van Lorraine)

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel.
Verwysing: 
*Met spesiale dank vir toestemming verleen om jou praglyne ook hier te bewaar en uit te stal Mevrou Varkie!

Die meeste mense vra waar ek aan idees vir my skryfgoed kom. Die mens is my grootste bron van idees. Soms gebeur dit blitsig. Soos Saterdag.

"Die Forum" soos beskryf deur Piet Magriet

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel
Verwysing: 
*Met dank vir toestemming verleen om jou woorde te mag uitstal en bewaar PM!

Piet Magriet
Ek sien die forum so:
Soms rustig
soms aan die slaap
soms bedrywig
soms vuurwarm
maar altyd vriendelik en ontvanklik
vol liefde
vol omgee
vol woorde

Praglyne van Joe (Johann Mulder)

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel.
Verwysing: 
*Met spesiale dank aan Joe vir toestemming verleen om sy praglyne ook hier in ons boekie van woorde, te kan bewaar en uitstal.

Heimwee
Iewers hier binne my, in die donker plooie van my siel,
is daar ‘n verlange wat hunker na ‘n plek ver van my!
‘n Plek ver van hier, onder sterre so mooi,

Praglyne van Lorraine

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel.
Verwysing: 
*Met spesiale dank aan Lorraine vir toestemming verleen dat haar praglyne ook hier bewaar en uitgestal kan word!

WINTER GEDAGTES VAN LORRAINE: Nadat ek my sommetjies gemaak het, kom ek agter dat die winter my meer ruk as Kersfees. Kersfees hou tenminste net een of twee dae aan.

Gekroonde lyne: Adéle van der Berg

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel
Verwysing: 
*Met spesiale dank aan Annie vir toestemming verleen om haar praglyne ook hier uit te stal!

‘n Huis vir ons Heer! Woordgedagtes 40
Die stilte in die
mooi ou sandsteengebou-
‘n Huis vir ons Heer!
gee aan my en jou
‘n uur van aanbidding;
stilraak tussen

Gekroonde lyne: Naas

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel om te lees wat ons skrywersmaters in Naas se pragtige gedigte 'sien'
Verwysing: 
*Soms ruk woorde ons in ons spore tot stilstand - hierdie woorde van Naas span die kroon vir 007.

Naas: Bitterbessiebossiesverlange
Tussen bitterbessiebossies
en naloop trossies,
dwalend teen berg se hang.
Waar dassiepis groei,
waar proteas bloei.

Forumdagboek (2) Mymeringe uit vervloë dae

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel
Verwysing: 
*Met dank aan Michelize vir die leen van haar pragtige uitdrukking wat nou dien as titel vir hierdie stukkies onthou uit gister

Michelize: Herinneringe uit kleintyd Ai, ons het so bevoorreg grootgeword!

Lepinotus Patruelis: Skeppingsdoel van diere

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel
Verwysing: 
Luisie skryf: Lewe in die huis, al is dit net knaagdiertjies agter glas, maak tog dat die lewe soveel meer kleur het.

Luis is soms hartseer.

Praglyne uit die forum gerwe

Verwysing: 
*Met groot dank vir die leen van julle lyne en die voorreg om hulle in versvorm te kon skommel. PM se huppelversie is net so geleen en uitgestal.
Annie

Ek glo jy sal eendag weer sien dat die mosaiek
van bymekaargeskraapte glasstukkies
die mooiste lig weerkaats.

~~~~~~

Beeldende woorde: Naas se gedig oor die sikloon Yasi

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel
Verwysing: 
*Met spesiale dank aan Naas vir hierdie pragtige geskiedkundige gedig (Meraai se witoogmonster)

Naas: In die oog

Stadig kruip die eenoog monster
Oor onverskansde aarde
In stilte kyk die oog
Hoe verwoesting om hom spoed

Mense kan net toekyk

Stof se beeldende griffels

Verwysing: 
*met spesiale dank aan Stof ons eie forumluisie vir die leen van sy praglyne

*Oppas vir suurpruim nursies in Unisa se gange ... hulle mag jou dalk aansteek as jy nie ver genoeg staan nie.

'n Aanbevelingsbrief

Verwysing: 
*met spesiale dank aan Piet Magriet

U het geskakel en gevra vir ‘n aanbevelingsbrief vir die kontrakteur wat by my werk verrig het, wat u wil aanstel om opknappings werk by u te doen.

Agterstevoor identiteit

Verwysing: 
*Met dank ons ons forum Luis vir die pragbydrae!

Lepinotus Patruelis: Eendag lank lank gelede was daar mense op aarde. Hulle het name gehad.