Gesegdes

Muise versus Hamsters: 'n Rassekwessie (Lepinotus Patruelis)

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel om die hele bydrae en kommentare te kan lees.
Verwysing: 
*Met spesiale dank aan Luis vir sy toestemming lankal verleen om sy wyshede weg te dra en uit te stal in ons boekie van woorde.

Lepinotus Patruelis: Luis sit anderdag so en speel met 'n maatjie se rekenaar.

Sprak en Sprou (Piet Magriet)

Verwysing: 
*Met dank aan PM vir toestemming verleen om haar ABC te skaai en kom uitstal in ons woordvertoonkas!

Hierdie uitdrukking van PM verskaf my altyd groot vreugde en elke keer as ek dit raaklees glimlag ek wyd! "Sy sal seker nou-nou hier kom sprak en sprou vir ons!"

Ou Gesegdes en Spreekwoorde (vertaal vanuit ons ander landstale)

Verwysing: 
*Druk asb op die read more skakel om die hele bydrae te lees.

Hy het g'n bors nie - Hy kan niks vir hom hou nie.

Vlieëspeeksel - Baie fyn reën.

Forum Dagboek (2): Geskaaides Gedagtes en Gesegdes

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel
Verwysing: 
*Met dank vir toestemming verleen aan die woorddief dat ek julle woorde mag oes en kom bewaar vir die nageslag! Ek loop net 'n draai, en met my terugkoms is daar weer ietsie te skaai. Soms rym en pronk dit in stywe strukture; en soms verskyn dit in glansblaai-vrye-verse; selfs in gewone geselssies. Saki maki; daar is altyd 'n pikante woorddis tussen die lyne en humorsinne van ons skrywersmaters.

Naas:
Lusern vergaan maar goeie mense bly staan.

Ek moet sê dat ek soms met 'n skaduwee op my tong praat en dat ek my gevoelens probeer verbloem

Forum Dagboek (1): Geskaaide Gedagtes en Gesegdes

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel
Verwysing: 
*Met spesiale dank vir toestemming dat 007 julle dagboeklyne hier mag uitstal en bewaar vir die nageslag

Naas
*Waar daar donnerweer is sal die bliksems slaan!

*Gedag ek is deur die mis, nou kom ek agter ek sit vas daarin

*101* Logiese Boerderye

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel om die hele bydrae asook die grappie van Naas en meegaande kommentare te lees :)
Verwysing: 
*Met dank aan al die skrywers vir hulle bydrae's (soos PM skryf: om te dink dit het alles by 'n eier begin!)

Piet Magriet Dit is logies! As jy 'n eier het, is dit nie te sê dat jy 'n hoender het nie? Of het jy? Nee ek glo nie!

Dawid en die wortels

Woord in Engels: 
*Druk asb op die read more skakel
Verwysing: 
Woesterse gesegdes oor Dawid se begraafde wortels

Piet Magriet
Raai raai riepa .. Waar het Dawid die wortels gegrawe? Kan iemand my sê? Ek is lus vir wortels

Woesterse humor tussen lyne

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel
Verwysing: 
*Met dank aan al die slagoffers wat van hulle lyne en verse beroof is. 007 Pleit skuldig op al die aanklagte

Gaweline: oeee ek was gisteraand uitgedraai soos 'n zol

Lorraine: Oink! Nou is ek weer so gelukkig soos 'n vark in Ploemfotein!

Skindernuus-gesegdes uit die forumgange

Woord in Engels: 
Druk asb. op die read more skakel
Verwysing: 
*Spesiale dank vir toestemming verleen om julle skindernuus-gesegdes te mag gaps en kom bewaar!

Wonder julle ook soms wat vang onse Luisie so tussen die gesoek na skilfers alles aan? 007 het sy ABC spore gevolg op die woordbesem:

Lepinotus Patruelis:

Gesegdes van: Michelize

Woord in Engels: 
Druk asb. op die read more skakel
Verwysing: 
*Met dank aan Michelize vir toestemming verleen om jou gesegdes uit te mag stal

* my vingers is leliewit waar dit by tuinmaak kom. Nie eens 'n groen spataar nie!

* En eish is my trademark! Eish en baaaie water so tussendeur!

In die woordmandjie (2)

Woord in Engels: 
*Druk asb op die read more skakel.
Verwysing: 
007 Bedank ieder en elk vir toestemming verleen om julle humoristiese gesegdes/verse te gaps en hier te kom uitstal

saaN:
* Maak soos 'n haas en vul die plaas

* My koppie raas mos partykeer soos 'n sokkerhoring.

Grootbek voordoener

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel.
Verwysing: 
*Op versoek van Lepinotus Patruelis word hierdie uitdrukking van Gerhard Ebersöhn bewaar vir klein luisies :)

In Desember 2010 is daar in die forumgang by die geestelike afdeling, 'n sinoniem gebore vir hierdie geykte uitdrukking: jy gee my 'n kramp/pyn: 'Grootbek voordoener'

In die woordmandjie (1)

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel.
Verwysing: 
*007 Bedank ieder en elk vir toestemming verleen om julle humoristiese gesegdes te gaps en hier te kom uitstal

Ya.acov:
*Ek lees ook nou my naam hier iewers en krap in my geheue, maar die 512k is vol

*Ai as ek net 'n "Google search" op die kranium kan koppel :-)

Rare uitdrukkings en Gesegdes

Verwysing: 
*Spesiale dank aan Piet Magriet vir die eerste bydrae in hierdie afdeling van ons woordskatte.

Piet Magriet: Ek lees die HAT en kom hierop af wat heel interessant is. Uit die aard van die saak is dit afkomstig uit die Nederlands.

Bybelse Uitdrukkings

Verwysing: 
*Op versoek van Piet Magriet is hierdie uitstalrakkie in ons boek van woorde nou geskep.

Piet Magriet:
2 Konings 5 vers 25 Vanwaar Gehasi? En hy antwoord: u dienaar het nêrens heen gegaan nie.