X

X'sie-stelsel

Verwysing: 
(SueEe)

X'sie-stelsel – sinoniem vir stem (Engels: vote): Woordverklaring – Kruisie wat getrek word tydens munisipale verkiesings of algemene verkiesings

Xenofobie

Verwysing: 
(Bart)

Xenofobie - "ducktail" gedrag

XlaX

Verwysing: 
(SueEe)

XlaX! - soos in daai Xhosa click van die tong. Of nader aan ons stamellinge, KoiSan.
Ons almal doen dit in "is jy nou mal" uitdrukking... meestal sommer vir onsself...by onsself.

X's

Verwysing: 
(Meraai vannie baai)

X's is die maat wat nie meer aan jou sy is nie. Ons noem dan liewer nie name nie. Net my X's!
En die meervoud kry net 'n nommertjie by.

X-Sa'ners

Verwysing: 
(Meraai vannie baai)

Suid Afrikaners in die buiteland.