T

Tjoekelade koek

In die woestjoekie kry die beskuldigdes 'n stuk tjoekelade koek as hulle vrygelaat word na die boetevers deur die jurie goedgekeur is.

Tandsluiter

Verwysing: 
* Woord het sy ontstaan gekry by die forum tydens 'n gesprek oor steke op werelde weg se hand wat lyk soos 'n ritsluiter

Piet Magriet: Die idee wat ek van 'n ritsluiter het is nou weer 'n "rytjie tanne" wat mooi inmekaar inpas om te sluit.

Tweetoon (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Tweetoon is ook die beskrywende naam vir 'n volstruis.

Troe (Ou woord nie meer bekend in omgangstaal)

Verwysing: 
(McF)

Troe – ek is betroubaar.

Traanwisselaar

Verwysing: 
(SueEe)

Traanwisselaar – sensitiewe persoon wat maklik huil.

Tameletjietaai (Intensiewe vorm)

Verwysing: 
(Piet Magriet)

Baie taai – tameletjietaai

Truratboodskap

Verwysing: 
(Annie)

Truratboodskap - Die boodskap wat jy ontvang het om te vertel die epos/aanhegsel het nie deurgegaan nie weens verkeerde adres ens.

Tinteltong

Verwysing: 
(Rina Greeff)

Tinteltong : ʼn lekker of amusante vertelstyl/ verteltrant;
bv. Met sy tinteltong het hy die mense ure lank vermaak.

Toiingrig (Uitdrukking nie meer in gewone omgangstaal bekend)

Verwysing: 
(McF)

Toiingrig – voel maar arm.

Tarragoppies

Verwysing: 
(Danie)

Tarragoppies: Wanaangepasdes bv. Ons dink hierdie oulike verhaaltjies uit om ons kinders aan die slaap te lees of vertel, en vra dan hoekom hulle later uitdraai as wanaangepasde tarragoppies.

Telefobie

Verwysing: 
(Bart)

Telefoon lyne wat so gereeld af is - telefobie

Tjaaim

Verwysing: 
Ou Woorde wat bekend was vanaf 1918 tot en met 1962 (Met dank aan McF)

Tjaaim – Die horlosie tjaaim kwart-voor-drie

Tamteer

Verwysing: 
Ou Woorde wat bekend was vanaf 1918 tot en met 1962 (Met dank aan McF)

Tamteer – om iemand op ʼn uitlokkende manier, te tart.

Homoniem vir: Tupperware

Verwysing: 
(Willem Woes)

Tupperware van 'n vrou is daardie ingeboude opgevulde outjies - prostese borsies!

Tappet Idioot

Verwysing: 
(Willem Woes)

Tappet Idioot - 'n Studente mannetjie met sy groen Golf wat dink die volume van sy radio is ‘n indikasie van die grootte van sy manlikheid. Wat mags op die wiele sit en hulle karre name gee nie.