H

Hettie-het-blommetjies

Woord in Engels: 
*Druk asb op die read more skakel
Verwysing: 
Met spesiale dank aan Naas vir die skep van hierdie kreatiewe sinoniem!

Naas: madeliefies: het-hettie-blommetjies. Sy het, sy hettie, sy het, sy hettie, sy het my lieeeeef!

Annie: hettie-het-daisies

Help-my-sukkel (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Help-my-sukkel is 'n verwysing na koffie.

Hottentotsrys (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Hottentotsrys - verwysing na eiers of larwes van miere.

Hekseketel (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Hekseketel is die uitdrukking wat verwys na 'n verwarde/onrustige toestand.

Hartebloed (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Hartebloed - om te beskryf wanneer 'n persoon die beste waartoe hy of sy in staat is, gelewer het.

Hopper (Proeswoord)

Verwysing: 
(Goselynn)

Hopper - Bouncer van 'n kroeg.

Hik-hik-koeldrank (Proeswoord)

Verwysing: 
(SueEe)

Hik-hik-koeldrank: Drank

Huppelweg

Verwysing: 
(SueEe)

Huppelweg – Pad na geluk gevind

Hekbarbaar

Verwysing: 
(SueEe)

Hekbarbaar – in Engels (gate crashing) In Afrikaans (ongenooide gas)

Honkie-dorie (Proeswoord)

Verwysing: 
(Sandkorrel)

Honkie-dorie (klopdisselboom, goed, wel.) Als gaan honkie-dorie vandag dankie.

Heldonker (Intensiewe vorm)

Verwysing: 
(Piet Magriet)

Baie donker – heldonker

HOP- huise (Proeswoord)

Verwysing: 
(Bart)

HOP-huise (Hou Op Praat huise) So vierkantige huis wat met groot bakstene gebou worre met ‘n sinkdak, ‘n deur voor en agter en met ‘n badkamer en water en krag vir die bulps in Bart se eie woord

Hanne-meule

Verwysing: 
(SueEe)

Hannemeule is 'n ander woord vir 'Fan' (Soos hande meules want hulle klap nie, hulle waai mos op ritme in die wind)

Houtstooffees

Verwysing: 
(Annie)

Houtstooffees is 'n tong in die kies makietie waar jy van die beste perske-flaterwater kan gaan proe by die dorpie Tonteldoos so effe Noord van Belfast!

Herinnerit

Verwysing: 
(Jo'e-Lo)

Toe Linnie die annerdag deur my geboortevallei gery het, het ek vir haar laat weet: Dankie vir die 'herinnerit' (Jo'e-Lo)