F

Frivool & Freneties

Woord in Engels: 
Druk asb op die read more skakel
Verwysing: 
*Met spesiale dank aan PM vir die 'inlig' oor hierdie woorde :)

frivool - ligsinnig
freneties - woes

Dus, ons is 'n klomp frivole wat in die frenetiese forumgange rondsluip!

Flippemagomgat (Uitdrukking)

Verwysing: 
Met dank aan Naas.

Flippemagomgat!! Da mis ek nou uit!

Flopdosser

Verwysing: 
(Naas)

Flopdosser: As ek so na die nuwe mansmodes kyk is almal nou flopdossers.

Flenter-woorde-kiekies

Verwysing: 
(SueEe)

Flenter-woorde-kiekies is SueEe se pragtige beskrywing vir woorde wat beelde skep.
*Skryf is die mag van gedagtes om beelde te skep wat weer herskep kan word ... oor en oor."

Fladderliefde

Verwysing: 
(Mel)

Fladderliefde is die eerste gevoel van 'verliefdheid' in die kleuterjare.

Foelie (Beskrywende Proeswoord)

Verwysing: 
(Piet Magriet)

'n Ma is foelie - Foelie die pyn van "self" nie, foelie die moeg voor alles nie klaar is nie, foelie die sommer net baie dinge wat 'n ma nie foelie, en sy gladly wrap alles toe in haar liefde

Fopdosser

Verwysing: 
(Anselize)

Fopdosser - Dit is die manne van die nag wat hul opdos soos mooie dames en dan die manne wat opsoek na 'n gelukkie is, nader.

Fratsman/vrou

Verwysing: 
(SueEe)

Fratsman/vrou – Ongeluksvoël

Floppompie (Proeswoord)

Verwysing: 
(Naas)

Floppompie - 'n Floppompie is 'n mislukte F-op.

Fopspeen!

Verwysing: 
(Ara)

O fopspeen! Uitdrukking wat Ara gebruik in die plek van 'n swetswoord.

Forumtrosie

Verwysing: 
(Meraai vannie baai)

As die skrywers in die forum 'n denkbeeldige boeretrosie skink en geniet is dit 'n forumtrosie.

Fên

Verwysing: 
(Aspoesterjie)

'n Fên is die proes-sinoniem in Afrikaans vir die Engelse eweknie - 'fan'

Fantabilooslik

Verwysing: 
(Naas)

Fantabilooslik is die oortreffende trap vir die mooiste mooi! En ook 'n plaasvervanger vir die woord 'stunning' in die volksmond.

Flaterwater

Verwysing: 
(McF en vriende)

'n Afrikaanse woord vir Tippex

Flopoppie

Woord in Engels: 
Mess up. F-up
Verwysing: 
(Naas)

Vervang die F-woord wanneer iets lelik verkeerd gaan.
Die verkiesing in Zimbabwe was 'n groot flopoppie.