E

Ellendeseer

Verwysing: 
Met dank aan Outop (Jan Anderland) vir die skep van die woord en die kommentare rondom die woord, daarby

Outop: Ellendeseer: As die smartvraat fantaseer oor ellende.

Engele-te-perd (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Engele-te-perd: 'n Nagereg (oesters gebraai in omhulsel van sout en varkspek)

Eikeblaar (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Eikeblaar: papiergeld/note.

Eva-kraam

Verwysing: 
Met dank aan Mel

Eva-kraam. Mel se pragtige uitdrukking om geboorte te gee sonder enige pynmiddels toegedien. 'n Natuurlik geboorte proses.

Eurofraan

Verwysing: 
(Chenel Pieterse-Boyle)

Eurofraan – Europese Afrikaner

Eenvoetsokkie

Verwysing: 
(Danie)

Eenvoetsokkie is die kous wat altyd sonder maat is na 'n bondel wasgoed.

Elektofobie

Verwysing: 
(Bart)

Krag wat so afgaan - elektofobie

Egoli Taal

Verwysing: 
(Bart)

Engels en Afrikaans saam gebruik in die werksituasie - die goue middeweg - Egoli Taal.

Eenkantmens

Verwysing: 
(Annie)

Eenkantmens - Toetentaal alleenlopend as enkeling maar nie eensaam nie!

Engeltjie-pieps

Verwysing: 
(Meraai vannie baai)

Wanneer iemand sy/haar drankie regtig geniet.