Blog Archive

ʼn Kosmiese perspektief van die Aarde, mens- en Afrikanerwees.

Liewe mens en mede-Afrikaner, ons het nou meer as ooit nodig om ons gevoel van identiteit te verhoog van mens- en Afrikanerwees na Goddelike Medeskeppers en Kosmiese Inwoners.

WIE PRAAT NOU? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

Trieng, trieng, trieng ...
Ek tel die gehoorstuk op en sê halfhartig: “Hallo...?”
ʼn Onbekende, maar tog ook bekende stem antwoord: “Hallo, is dit jy?”
Ek: “Ekskuus, wie soek jy? Ek vermoed jy het by die verkeerde persoon uitgekom, want ek weet nie wie jy is nie.”
Stem: “Liewe Medeskepper, ek is dieselfde stem wat telkens in die woestyn van jou lewe roep.”
Ek: “Wie is jy? Wíé praat nou?”
Stem: “Dis die Lewe wat praat...”