Ek wat die plot lewe met erns aanpak (gie gie gie) kan nie mieliepap kook nie. Ek weet, ek weet. Ek was ook onder die indruk elke afrikaanse meisie word met die resep gebore.
Blog Archive
Die Happy Birthdays!
My besige,
bekkige,
windgat,
klouterkind,
kortgat,
blou oog,
blondekop,
terroris
word 3 jaar oud!
Baie geluk Tristan
!
Haas moordenaar
Ek het gedaal tot haas moordenaar. Jip.
En laat ek julle een ding vertel, 'n hasie is moeilik om te vermoor. Jy kan nie sy nek omdraai nie. Want dit werk nie!
Aangename kennis
My naam is Dennis, skies, ek bedoel Sumanda.
Ek het baie kinders, 'n goeie man en 'n hok vol hase en eende. En die hele spul van ons bly in die bosveld :).