Ek is lief vir jou, ek wil nie verlief op jou wees nie, dit vervuil 'n goeie vriendskap. Ek mis jou geselskap in 'n kwessie van minute. Jy is soos daardie stemmetjie wat 'n persoon nodig het om op die pad te kom. Alhoewel ek ver van die pad af is, hou jy my darem bietjie doel gerig die laaste tyd, jy sorg dat ek nie sanik oor die verlede nie, en jy sit 'n blerrie damn breë glimlag op my gesig.
Blog Archive
Ek dink ek hou van haar!!!
Ingestuur deur Pestatio on Vry, 20/01/2012 - 22:05.Wonder bo wonder. Ek het jou ontmoet... Nee, ek ken jou eintlik al vir jare. Ek dink jy is nogal 'n vrek nyc persoon. Soms gaan mens deur tawwe tye, dan het jy net daai persoon wat jou verstaan, daai persoon wat dieselfde musiek smaak het, daai persoon wat saam met jou op die gras kan lê en net na die sterre kyk.
My vandag
Ingestuur deur Pestatio on Maan, 06/12/2010 - 18:33.Kyk waar sit ek nou. Ek voel soos ’n fokop. Nie noodwendig meer so vreeslik nie, maar ek het nou al van hom vergeet. Ek is oor dit dink ek. Net so nou en dan wat dit my vreet soos ’n luislang wat my heel insluk. Dit voel soms of ek net kan val, wil val, wil verdrink. Mense dink ek is nog nie oor my pa se selfmoord nie. Dalk is ek nie, dis ’n storie in my lewe wat nie moes eindig nie. Dit kon nie eindig nie. Ek was ’n jong seun met ’n blink belowende toekoms.
Brief uit die verlede
Ingestuur deur Pestatio on Maan, 06/12/2010 - 14:11.Soos wat my oë hier aan die brand is van verlange wil ek my woorde in goud op ‘n rooi parchment skryf… Of dit sal mooi lyk maak nie saak nie, want al jou woorde sink met goue ink by my hart in.
Mense sal dink x dom,
ek kan nie help my mond hang oop nie…
almal dink seker x vrek erg lomp..
basicly met jou in my gedagtes verdwyn die pad voor my.
“JY is al weer op ‘n ander wêreld” gil mense op my al van frustrasie
hulle kan maar lekker in hulle moer in vlieg
Ek is mos op ‘n ander wêreld,
My Loftus
Ingestuur deur Pestatio on Maan, 06/12/2010 - 12:43.Lat dit gaan, dis al wat ons kan doen. Ek weet ek moes meer doen. Wat kon ek doen in die situasie. Ek onthou nog, die laaste wat ek hom gesien het, was toe ek af gevlieg het Pretoria toe om ’n rugby game op Loftus te gaan ondersteun. Dit was vrek hoof gewees. Ek het langs my pa gesit doer hoog bo en gekyk hoe het Habana die drieë ingeryg. Hy het vir my ’n Blou Bul vlag gekoop voor die wedstryd...
net nog so gedig.
Ingestuur deur Pestatio on Vry, 03/12/2010 - 12:07.Ek wil skree ek is lief vir jou,
Wat maak dit saak,
Môre is ’n ander dag,
Ek wil meer van jou hê,
Meer as te veel soek ek,
Dis nie van belang,
Wat maak dit saak,
Môre is ’n ander dag,
Ek wil meer van jou hê,
Meer as te veel soek ek,
Dis nie van belang,
Die (4been)Glorie
Ingestuur deur Pestatio on Don, 09/09/2010 - 15:58.Koning Mesafe jou turk,
ek glimlag vir jou,
jou dogter, my vrou,
wil jou dood wurg.
ek glimlag vir jou,
jou dogter, my vrou,
wil jou dood wurg.
Dis die beste brief wat ek al ooit ontvang het.
Ingestuur deur Pestatio on Son, 05/09/2010 - 18:21.Maak toe jou oë
sluit al die ander geluide uit
luister na my stem en net na my stem
sluit al die ander geluide uit
luister na my stem en net na my stem
Ek wil nie 'n dUIWEL wees nie
Ingestuur deur Pestatio on Son, 05/09/2010 - 00:06.Die storie lyk so, ek het vertroue gehad in die een wat roomys op haarself gemors het wanneer ek naby was. Dalk was ek te gemaklik met die idee dat dit onmoontlik sal wees dat sy vir my verneuk, of haar vorige ou verneuk met my, ek is nog nie seker wat is die beste manier om daarna te kyk nie, net dat afstand dinge verander.
09/01
Ingestuur deur Pestatio on Woens, 01/09/2010 - 02:21.Draaie en raaisels kan gebruik word om baie goed net mooier te sê, of om nie so direk te sê dat dit sommer blatant is nie. Vroeër vanaand het ek die fout gemaak om te sê dat ek wens ek het net ’n woordeskat van 5 woorde...
drome op treine tussen stasies
Ingestuur deur Pestatio on Maan, 23/08/2010 - 23:01.O hemel ek hou daarvan om te dagdroom. Dis vir my darem 'n plek waar my maligheid aanvaar word.
wow, ek is darem ondankbaar
Ingestuur deur Pestatio on Maan, 23/08/2010 - 01:04.Dit tref my nou eers. Ek kan nie glo ek was al ooit so blind nie. 'n Ou wat getrek was met dagga het vir my gesê dat ons almal is flippen spoiled... Soms dink ons ons het 'n onregverdige lewe, maar daar is altyd 'n iemand wat rerag "struggle".
Titelloos
Ingestuur deur Pestatio on Son, 22/08/2010 - 12:56.So, daar was die meisie in my lewe gewees, een wat almal gehaat het, en niemand rerigwaar verby die beeldskoonheid kon sien nie. Sy was mooi, maar het almal afgeskrik met 'n guur wat pyn op ander kan vorseer.
Musiek , my medisyne
Ingestuur deur Pestatio on Sat, 07/08/2010 - 01:24.So ek kom lê elke aand hier langs my musieklyste, en so soek ek antworde vir my ongeruimde dag..
Tyd....
Ingestuur deur Pestatio on Vry, 06/08/2010 - 00:21.dis als teoreties.
Om terug in tyd te wil gaan moet jy 'n sekere afstand in 'n negatiewe hoeveelheid sekondes vaar.
Oulik, oulik is 'n woord ontwerp om 'n ou se 'bubble' te bars
Ingestuur deur Pestatio on Woens, 04/08/2010 - 23:21.haai jinne, jy's ...OULIK!!
So, dit gebeur soms wat jy dink jy doen dit wat reg is in jou oë en jy kry 'n oulik terug as waardering, ek twyfel of die dames saam met my sal stem, maar vir die ouens, sodra daar gesê word dis oulik van jou, beteken dit in kort dit wat jy gedoen het is spesiaal, maar sy sal dit nooit vir jou terug doen nie.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
- Read more
Dinge wat ek haat! deel 1 van baie
Ingestuur deur Pestatio on Woens, 04/08/2010 - 21:50.Soms wonder ek hoekom daar goed is wat ek so haat
As mense na my kyk sal 'n mens dink ek vat die lewe rustig en dat daar nie veel is wat my kan pla nie, dalk maar net oordat ek nie opstaan vir my gevoelens nie, maar dit beteken nie ek hou my opinie terug nie.

