Lofprysing – No date '94

Die lewe is wonderlike, die lewe is goed
Baie dankie vir daai wonderlike bloed

Ek het 'n vreugde in my wat ek nie kan beskryf
Die liefde vir Hom en haar omvou my lyf

7 Minute – No date '94

Ek staan nou in die voetspore van eerste lig, Dit sal nou nou dag wees. Ek weet die magtige strale van die son sal dan sy lewengewende krag op my laat neerdaal.

Commitment – 16 April 1995

Ek verlang na diepe water strome
Na die helder kleure van wondersoete drome
Na die gedruis van wind deur bloekom blare
Na die sagte gevoel van 'n vrou se hare

Midder dag – 15 April 1994

Met 'n dag soos vandag is ek bitter moeg
Alles wat ek doen, voel ek hoe oom Klaas Vakie terg
Ek kan nie eers die tyd voel, dit staan voor soos 'n berg
En dit is warm
Die eksames le voor

Herfs – 15 April 1996

As ek net kan sing van liefde by die rivier
Hoe so baie misverstande, gebou het van bakstene, 'n soliede muur
Tussen ons.

Kan ons die tyd oorkry, weer van stof begin

Babalela - 05 Augustus 2011

Wat is daar in die kas?
Is dit ietsie wat my wil betas?
Ietsie wat wil vat aan my bas?

Nee dit is 'n guerillasoldaat!
Pasop ou maat sy is vrek paraat.
Met 'n AK aan haar sy

Lente en herfs - 05 Augustus 2011

Hierdie dig is vir erenstiges van gees
Die wat altyd sienies wil wees
Die winter is amber verby
En lente is naby
Verheug jou in die lente dae
Sing, dans en moet niks jou laat plae

Druppeltjie - 05 Augustus 2011

Daar hang jy in jou maagdelike skoonheid
So fyn, so teer, so mooi gebalanseer
Met die sprankel van bos se son in sy volheid
Is jy iets wat nasies begeer

HARTSEER VERLORE TYD – 19 Oktober 2011

Lees ek die ander dag 'n storie van mense
Mense wat krag het sonder grense
Mense wat nie kan wag
Mensie wat ewig soek na meer mag

Die storie laat my met bewondering aanskou

Bos-Befonk - 05 Augustus 2011

Eendag lank gelede
Was daar 'n soldaat met gebede
Het hy vir nagte in die lang gras gele
Wag vir 'n Ter om te se HE.

Dae gaan verby, word selfs weke
Ons soldaat voel verstoot, vergete

PASOP

Jy kan maar skreeu op my
Jy sal nooit my liefde kry
Ek sal jou uit my huis uit stry
Al bring jy weer blomme vir my

Want jy is nie 'n yster nie
Jy't geen grein van staal