Wat is dit om vrou te wees?

Moeder, blom, pleister.

Vloedvrou, voedvrou, warmte.

Knus: heupe, borste.

Bloed. Pyn. Passie.

Gebondenheid, veiligheid, besorgdheid.

Konsternasie

Jy verveel my,
jy kan nou maar gerus stop.

Jy beheer my,
maar net in jou kop.

Jy frustreer my,
hou tog net op.

My gister is jou vandag.
Sien jy nie die konsternasie nie.

Wie is ek?

Afrikaans is my taal.
Dit is wie ek is.
Ek is `n Afrikaner.
Dit is wie en wat ek is.