Die abhanga het ontstaan in die sewentiende eeu, in Indië. Dit is ‘n Marathi vorm, die amptelike taal van Maharashtra in Indië. Dit is geskryf en gesing deur digters en heiliges, (Saints) by tradisionele optogte.
Aanvanklik het dit gehandel oor geloofsake of godsdienstige toewyding, maar kontemporêre (eietydse) digters gebruik dit vry.
Abhanga is ‘n eenvoudige struktuur wat bestaan uit vier versreëls met die volgende lettergreeptelling:
6, 6, 6, 4.
Die tweede en derde versreëls rym met mekaar. a,b,b,c.
Die strofes of stanzas kan deur die digter bepaal word.
Soos met meeste gedigstrukture is daar altyd ‘n ander bron wat meer of verskillende inligting het, maar ek volstaan hierby.
Voorbeeld:
Vrees
Uit my vrese sien ek
mirasiedrogbeelde.
Dit is nié verveelde
gesigte nié.
Dit kap en grou na my
en elke helle keer
kom tornado dit weer ...
Trap my sinloos.
Lam en uitgeput lê
ek met my arms om
‘n liggaam moeg en krom.
Uitgemergel!
Sak die son se kop weg,
draai die mirasies Wes
Leer jy tog hierdie les:
Vrees bly net vrees ...
©
Meraai vannie baai
Steiltes van die lewe
As die skemer kom, dan
sluip eensaamheid suutjies
nader; skuil in gaatjies
van donker angs
My bangwees vir alleen,
ego soos refreine
wat beur teen die steilte
van die lewe
Normale denke vlug
rigtingloos - in kringe
van die bangmaakdinge
wat hoop, verwurg
En ek, net ek alleen;
aan't soek, nag na nag
in hierdie donker skag
na die uitgang ...
©
Naas
Gisters se nou.
Ek tuur oor Bloubergstrand.
Branders golwe en see.
Deinstig skyn die heimwee
deur mistigheid.
Dof deur newels flikker
moederstad se liggies
soos karoogehuggies
se vetkerse
Verlang se skoene loop
met my die berge oor
om te verdwaal nog voor
ek koers kan kry.
Verdwaal in die onthou
van jare lank geleë.
Met kinderlike tree
Waggel ek voort
Waggel ek deur gange
deinstig in tyd verdof
Rakke onthou, vol stof
Raam die mure.
Ek tuur oor Bloubergstrand
en ek leef die gisters
van gekoekte susters,
verlos in nou.
*007 is gaande oor Naas se kreatiewe 'deinstig'. Volpunte!!
~~~~~~
Naas: Habanga van Langa
Vreeslike digte vorms
soos hierdie abanga
maak my sommer bang-ja
dat die naels krimp
Ek wil eers kop uittrek
maar as daai boude swaai
en PM-pie raak kwaai
skryf ek daai ding
Met tande wat ratel
en hande wat bewe,
vrees ek vir my lewe.
Skrywe Naas, skryf
Ta Raatjie skryf so goed
Ek voel soos Habana,
bal verlaat my hanna
net voor die lyn
Ek praat lettergrepe.
Gaap soos goudvis mondoop
Vorm laat my maag loop
Skoon onderbroek
Jy is mos skrywer Naas
Habanga habanga
My oom kom uit Langa
Hy praat die taal.
©
Johanna
AKSIE EN REAKSIE
die woord so wreed, snydend!
val op bleek-wit gesig
bitter vreugde, ʼn sug
O – hart, vergeet
© Johanna van Niekerk
Trapsoetjie
Ek het vrydag probeer,
nou is die naweek oud.
Skimme van die ou goud,
skommel in my.
*Die ou goud = Abhanga*
Ylhoofdig
Ydel soeke na niks,
los my met verwyte.
Winter liefde winste,
bring droewigheid.
©

Dior Sunglasses is so
Dior Sunglasses is so beatiful that i am going to buy 3 pairs for this summer , but i find a online website who are selling Cheap Dior Sunglasses ,that will save a lot of money to buy them. and the online store is selling the Gucci Sunglasses too , many i will buy one for my wife.