Ek is seker al te gou op die klimaks van my brief, aan jou, maar ek gee net nie om wanneer daar ’n klimaks is of nie, wanneer jy meer moet smile of die trane jou vreeslike mooi bruin oë moet maak glinster nie. Met net 5 woorde in my woordeskat sou ek sê:”Ek is lief vir jou.”.....
Ek is nimmermeer die uitstaande ou nie, ek wil hom nie wees nie, ek wil net normaal wees en eg, want ek sukkel, dit is glad nie jou skuld as ek vir jou daai 5 woorde op honderd ander maniere wil sê nie. Ek het jou vanaand verkeerd blameer, ek het geoor reageer. Ek het jou vanaand in ’n oomblik van pyn nogal seer gemaak, ’n tyd wanneer jy my vermoë om als so goed te verstaan, net ’n bietjie meer te gebruik het..
Ek wens ek kon voor jou staan en vir jou in jou oë kyk, net dat my oë die praatwerk doen en dat ek voel hoe jou hartklop die antwoord gee. Ek wens vir ’n twilight oomblik, ’n oomblik waar die wêreld om ons verdwyn en dat dit net ek en jy is, iewers mooi, sommer op die rugbyveld, met reën wat bo op ons neer stort sonder genade.
As dit koud is, wil ek jou warm hou. As die trane sy spore teen jou wange afmaak wil ek dit doodvee met my vingerpunte en net daar vir jou wees. Ek glo daarin dat ons kan werk, ek hoop dat ons kan werk.
Die hartseer storie van om in ’n verhouding met my te wees is dat daar altyd vreeslike hartseer en pyn betrokke is. Ek moes jou gewaarsku het en die feit dat ek nie dit gedoen het nie, ontneem my enigste reg om bietjie my humeur te verloor as die klippe beginning grof raak.
Vanaand was jy onder die indruk dis verlange en afstand wat jou so seer gemaak het, maar nee, ek wens dit was... Dalk is dit presies die rede hoekom jy tog hartseer was, maar wanneer afstand nie ’n rol gespeel het nie, was baie van my verhoudings versier met ’n wipplank van hart pyn en liefde gemeng.
Deur die manier hoe ek vanaand gereageer het, voel dit asof ek af gedaal het na die standaard tiepe mens, waarmee jy nou al mee te doen gehad het, maar glad nie jou verdien nie. Vanaand voel dit asof ek selfs ook nie eens vir jou verdien nie.
Ek dink jy moet eerder in jou Engelse opstel skryf van mnr. Kapp of sommer van Mam self, of van een of ander akteur of aktrise.
Dit het my nogal skrik gemaak vanaand toe jy sê dat ek jou vanaand in die bek geruk het, ek weet nie wat gebeur het dat ek die dinge gesê het wat gesê is nie, ek dink net dit was oordat die woordeskat van 5 woorde wat ek so na smag net ’n ander taal was vanaand.
So nou sit jy dalk in een of ander klas en lees die brief, ek hoop jy smile breër met elke woord van die vyf woorde wat uit een of ander onbekende taal kom. Daar is soveel wat ek nog met jou wil en kan deel, dat ek nie eens vir ’n oomblik kans sien om van jou te vergeet nie. So ja, ek is bietjie van ’n moaner op die wit hout voor jou oë. Ek hoop net dat jy weet dat jy in elke brief nog nie een keer meer vir my sou kon beteken het as in ’n enkelvoudige nota wat net sê ek is lief vir jou,
Ek hoop jy het vandag ’n asemrowende dag en dat elke onnie wat jou straf met huiswerk vanaand op spelde mag lê. Ek hoop die brief kom onoopgemaak by jou uit, want as dit oopgemaak by jou uitkom het die waarde van my swart ink verdwyn in die visie van een of ander woord krimineel.
Ek het die brief saam met ’n Switserse pel gestuur. Hy is ’n goeie mens, so ek vertrou hom met die stukkie goud , wat slegs 5 woorde ook lank kon gewees het.
Weereens, ek mis jou, dit gee dalk my brief ’n pynlike slot. Ek wil jou darem net los met die gedagte dat dit wat jy dink reg is, is reg solank as wat jy net vir my dit sê. Vanaand het jy gesê ons moet eerder dit los want ons maak mekaar te seer. Ek aanvaar dit. As jy jou mind verander, sal ek dit ook sonder twyfel aanvaar, solank dit wat ons ook al doen, net nie veroorsaak dat jy die September vakansie nie wil kom nie


coach outlet
coach outlet online
coach outlet
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach factory outlet
coach outlet
coach outlet store online
louis vuitton sale
louis vuitton outlet
coach factory outlet
coach factory online
coach factory outlet
coach factory outlet online
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach outlet
coach outlet store
coach outlet store online
coach bags
coach outlet store
coach outlet
coach outlet store online
hermes birkin
hermes bags
gucci uk
gucci uk sale
louis vuitton outlet
louis vuitton bags