♫ Woesterse Lirieke ♫

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel vir nog Woeste Lirieke
Verwysing: 
Met spesiale dank aan al die skrywers wat bydrae tot hierdie afdeling met erkenning aan die oorspronklike toonsetters.

Die volgende Woes-lirieke is geskryf na aanleiding van Mcf se versoek om 'n liedjie te skryf oor Eskom en die beurtkrag-situasie.
*LEES ALLES ASSEBLIEF MET JOU TONG IN DIE KIES!

Aspoesterjie se nuwe Volkslied:
Eskom sit ons lig af in Afrika
Mamma vat 'n kersie om lig aan te dra
pappa bring 'n torch ook
en boetie bring 'n flits
Eeeskom wat gaan aan?
Eeeskom wat gaan aan?

Waarmee gaan ons bad en waarmee gaan ons stort
Wat gaan van ons geld word
waarmee gaan ons werk
Wat gaan van ons goed word
as alarms nie meer raas nie?
Eeeskom wat gaan aan?

Eeeskom wat gaan aan?

Uit die donkerte en duister
in die middel van die dag
oor ons stede en ons dorpe
hang die swaard van Eskom krag

klink die roep vir warm liggies
en 'n stoof om kos te maak
ons sal lewe ons sal sterwe
sonder krag van Eskom af.
©

Annie:
O vra my nie my liefde nie
dit is alreeds gepos
toe eskom weer die krag afbreek
die trein land in die bos

en net toe ek daarna gaan soek
toe word ek meegedeel
ek mag nie eers 'n liggie maak
dan word dit ook gesteel

want eskom is so arrogant
die reg is syn alleen
om helder lig aan ons te gee
so druipstert gaan ek heen

maar liefde wil ek steeds nog vind
en hoor toe hier op woes
is daar 'n oorvloed afgelaai
ek kan maar net kom oes.
©

(2)
kinders moenie die krag so mors nie,
want waar gaan ons koffie drink, O
kinders moenie die krag so mors nie,
want waar gaan ons koffie drink

dit kom al lank al
dit kom al lank al
dit kom al lank al
so veertien jare al

wie het nie geluister nie
maar kenners net weggewys
wie het nie geluister nie
maar kenners net weggewys

dis nou van eskom
dis nou van eskom
hul wou nie luister
en ons moet die spit afbyt.
©

Vossie:
Daar onder in die vlei sit ‘n sparky
Hy is so moeg en so lam.
Die mense wil hom heeltyd roskam
en hardloop hy weg vir die honderdste maal
maar die krokkie by die water is gatvol
hy word te veel gepla
en as hy dit eenmaal nog doen
is hy vir Eishkom verdoem!
©

bertha badprop:
hallo donker my boesem buddie
ek het my kerse doodgeblaas
want die petrol gaan op en op
en die krag gaan af en af
en ek weet nie
meer wat om te koop
en wat om te los
so ek vry nou in die donker...
©

(2)
Onder die beurtkrag
sit ons moedeloos
onder die beurtkrag
raak ons sommer boos
onder die beurtkrag
raak ons onplesierig
onder die beurtkrag
raak die meisies kieskeurig
beurtkrag, beurtkrag...
©

(3)
Ek het beurtkrag by die werk
wou gister trou maar ook'ie krag by die kerk
die gennie se petrol raak ook op
dis nou droë brood en 'n blikkie sop

ek wil ook in 'n mansion bly
maar met geen krag is dit neusie verby
want my besigheid gaan daaronder lei

so ek vra gee my net 'n bietjie krag
sodat ek brood kan verdien elke dag
want sonde lektricity is ek broke
en sing ek terwyl ek aan woorde choke
©

SueEe:
Ooo...die eskom,
o, die eskom,
o, die eskom is 'n wonderlike ding
Hul sit af die lig,
reeds die kers uitgevind,
o die eskom is 'n wonderlike ding!

o, die eskom,
o, die eskom is 'n wonderlike ding
Hul sit aan die ligte,
steeds is niemand tuis,
o die eskom is 'n wonderlike ding!
©

Mcf:
(As jy wil saam sing: plaas a-ham agterna - met erkenning aan die oorspronlik toonsetter)
Padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei
sy nooi lyk alte fraai en reg vir die opsit by die vlei
Hy vra toe vir eksdom om hulle krag te leen
eksdom sê toe ja teen ʼn pond per uur

Padda en sy nooi sit lekker en vry
skielik word die krag deur eksdom afgesit
alles word donker rondom padda en sy nooi
maar die twee kafoefel voort sonder krag

Twee maande later toe kots sy nooi
die padda vra wat makeer
die nooi antwoord ek gaan 'n kleintjie kry
en jy is die pa van die kind

Padda gee toe vir Eksdom die skuld
Maar eksdom sê jy het met haar geslaap
ʼn kleintjie gaan jy kry en dis jou eie skuld
eksdom was hulle hande in onskuld
©

(2)
Ek smaak die lied
ek smaak die lied
dis 'n lekker lekker lied

As die krag afgaan
hoop ek sy kom na my
vir 'n lekker lekker soen.

Want 'n soen kort ek
en willa wil nie
so wat van jou
sal jy my soen onder die sekelmaan.

Ek smaak die lied
Ek smaak die lied
ag eksdom hou die krag maar af.
©

TONG IN DIE KIES: Vossie:
Ek het so pas verneem dat Eskom ook hierby 'n bydrae wil lewer:

Hello darkness my old friend ...

LIRIEKE VANUIT DIE WOESTERSE PENNE:

Sussa: Kom laat ons sing uit die F.A.K
My hart-se-punt woon in anderland
Ver in die wêreld, Kittie, Kittie, Kittie …

Sy ma vrekve'lang aan hierdie kant
My hartjie, my liefie, die son sak weg …

Sy spaar en sy spaar en sy kry nie klaar
Kom Patertjie buig jou stywe dop …

Die tyd loop uit al bak sy beskuit
Japie my skapie, ek verlang na jou …

Niks kan die twee se planne nou stuit:
Afrikaners is plesierig, dit kan jy maar glo

Maar die pond is so duur en die Rand so dun
Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet staan stil

Donkernag lank lê die ma en besin
Daar kom die wa, die vierperdewa

Miskien moet ons halfpad mekaar ontmoet
Pollie ons gaan Pêrel toe, Pollie ons gaan Pêrel toe

Dit pas ons sak en dit doen ons goed
Die trane die rol oor jou Bokkie

Ek sien jou weer, daar is geen keer!
Aanstap rooies, die pad is lank en swaar

'n Druk en 'n soen, ons kan dit mos doen!
Pollenys, Pollenys, jou lieflike ding,
dis om jou, dis om jou
wat ek so dwing.

Ek hou my lyf so vol dingetjies
en ek draai met die tannie met die sewe ringetjies!!
©

Aspoestertjie:
Ou Ta sing altyd die liedjie as hy soms huis toe slinger.

Tokkelossie maak my bang, elang, elang
Ek hardloop in die gang, elang, elang
Ek skop die pee-pot tang, elang, elang
Tokkelossiemaak my bang, elang, elang.
©

McF:
Ek is ok bang vir die tokkelossie en hardloop nie in die gang maar in die stofpaaie. Hy agter my en ek voor. Ek wen hom altyd!!!!!!!!!!want hy kan my nie vang.

Hy kan my nie vang
hy is agter ek is voor
as ek die huis haal
het ek onder hom uitgehardloop
en sluit vinnig die deur.
Tra-la-la-la
©

Hiers my dronklied vir die aand.

Dit het gebeur in die winter
ek wou 'n doppie drink.
Met 'n paar sent in my sak
loop ek na die naaste bar.

Ek vra vir 'n whiskey
die barman se
jy het nie genoeg geld vir 'n dop.
Ek gaan huil toe in 'n hoekie
want ek is so arm en alleen.

n Meisie kom na my aangestap
sy vra my wat makeer,
ek vertel haar van my armoede
toe koop sy vir my 'n dop.

Sy sê toe sy is ook alleen
en sal my saamneem na haar huis
en dan kan ek by haar woon
en vir altyd gelukkig wees.
©
Sing dit op die maat van trein na Pretoria as julle dronk is.

********************************************************

Margerit Holmes: Rok Koning daar in Parys ...

Aah
Buddy jy`s `n seun met `n groot-groot noise
speel jou kitaar, sommerso in die straat,
jy het modder op jou lyf
jy`s mamma se groot disgrace!
skop die bier kanne al oor Parys!
kom ons sing…

We will we will rock you
We will we will rock you

Buddy jy`s `n jong man, harde man
skree in die straat, gaan die wereld aanpak met kleilat en baard!
Jy het bloed op jou muis...
jy`s mamma se groot disgrace!
Waai daai bloubulbanner oral deur Parys!!

We will we will rock you
Sing dit…
We will we will rock you

Buddy jy’s reeds `n ou man `n arm man
daai kaal bolyfie
gaan maak lat ouma weer `n jersey brei…
Jy`t alweer modder op jou lyf
mamma se groot disgrace
iemand beter met my kind praat daar op Parys!

We will we will rock you
Sing dit
We will we will rock you
almal saam
We will we will rock you
We will we will rock you
weer `n keer

Uittreksel - Op toer saam met Frederik Kwik van die Koningin

Tong in die kies vertaal van "We will rock you" Queen
©

Margerit Holmes: As Ek weer kom, as Ek weer kom ...

Word wakker, word wakker, die trompet het gebasuin en geblaas,

die Bruidegom is oppad ….

`n Geskarrel, `n geskarrel,

wag net `n wyle, nog `n wyle, laat ons net ons lampe vul…

wag net `n wyle, nog `n wyle, ek wil net gou iets gaan doen…

My hond het nie kos nie, my kar se petrol is klaar,

my huisie by die see het nie `n oppasser nie,

my, my, my….

Word wakker, word wakker, die trompet het gebasuin en geblaas,

die tyd is nou, die tyd is nou,

Vergeet van alles en kom weg saam met My…

Ek het alles betaal, die rit en die honeymoon,

alles reg vir Ons bruilofsmaal,

Luister weer, ja luister weer, die trouklokke het gelui …

Ek kry jou nie tuis nie, jy is nie tuis nie? Ek het geklop en weer geklop…

My hart is geskeur,

My hart is stukkend, My hart is stukkend,

waar is My geliefde dan nou???

As jy net geweet het, as jy net geweet het,

die tyd was nou….
©

SueEè:
Januarie gedenk (1-7)

01
Dit was ‘n storm
wat die reën totaal verwoes
en agter gelaat
is die stilstaande water
wat weer elders op gaan dam

02
Hoe het die besef
skielik voor my deur kom lê?
Wild en omgekrap
en verlangeloos alleen
so die stilte gekoester

03
As die son gaan lê
uit moegheid die maan opstuur
sal die sterre juig
die aarde sal omwentel
môre weer die son ontwaak

04
Tydloos wakker word
jou geraas is gans te hard
stille gebede
sluit my ore stewig toe
doof gehoor en blind gesien

05
‘n Nuwe begin
‘n verlossings belofte
aan jou eie self
die mooiste droom is verwek
gister egter, het gebaat

06
Indien die liefde
verlange sou word, dan het
hoop ook saam vergaan
die soeke na vervanging
sal vir ewig so bly draal

07
Ervaar ‘n oomblik
regte waarheid een maal in
jou lewe om ten
volle te verstaan dat mens
so ewig soekende bly

Vanuit my "Elke dag Denke dagboek"
©

Emex: Kitaarles

Sal jy my nog kan leer
Met my krom vingers
Wat verstok het van kalk
Om moontlik nog, dalk
Die kitaar te kan speel?

Ek ken geen note
En het geen melodie
Maar die woorde in my siel
Wat ek vir jou wil sing
Het net ritme binne my wese

Dan kan ek speel en sing
Van liefde wat ek jou wil bring
As jy tog net die onvas klanke
Sal vergeet en reg laat lyk
En verby die krom hande kyk
©

Ya'acov: Stuur groete aan die Weskus
(Hierdie is 'n samevoeging van drie aparte gedeeltes: 'n Gedig van Ya'acov
vir die koorleier, op die wysie van "Stuur groete aan Mannetjies Roux")

My vrou se Singer is 'n ou masjien
Sy trap die ding dat jy fraiings sien~
En sy neul oor my reuk~ van dieselien
My vrou is gaaf~ omdat ek haar dien

Ons bly tog lekker op ons Weskus plaas
die weer is goed, maar die geld so skaars~
dis die daisies en die kreef~ wat ons nog hier hou
al het my buurman al~reeds gevou

Ag stuur ons tog 'n bietjie geld
die skuld is groot en ek's 'n~ held
my bankbestuur moet my verduur
elke dag maak hul seker dat ek is nog hier

My vrou se Singer is nou ingepak
waar gaan ons bly, waar~ gaan ons plak~
en ons ry om te bly~ wat~ gaan ons kry
my oom bly in Milnavair, dis tog so ver

Sy erf is donker, eina ysterhark
die brakke blaf vir die ystervark~
dis die hompe en die plompe in die pad wat pla
maar niemand luister nie, al het hy~ gekla

Ag stuur ons tog 'n bietjie geld
die skuld is groot en ek's 'n~ held
my bankbestuur moet my verduur
elke dag maak hul seker dat ek is nog hier

Ons buurt is stil~ want die bouers werk
dis toe, die pad, tot~ by die kerk~
maar die honde en die kinders die~ raas nog steeds
ek's amper oud~, maar~ kla alreeds

Ag stuur ons tog 'n bietjie geld
die skuld is groot en ek's 'n~ held
my bankbestuur moet my verduur
elke dag maak hul seker dat ek is nog hier

Ag stuur my tog 'n bietjie werk
Ek kan min doen, ek ken my~ perk
Dis lekker hier, ek is gestuur
Om te sê ook jy~ kan saam kom werk.

Sela.
©
---------------------------------------------------------------

Amanda Kaltwasser: Draadstoel Droom - Liedjie

Ek is op die dorp
my geniet hie is kort
moet deur die malspul stry
om goed gedoen te kry

en ek dink aan die plaas
en die windpomp wat raas
as die wind begin te blaas
en aan die voor daarvoor
wat gaan droogbly tot iemand boor
en aan die yl mieliekoppe
en die halfklaar trokke

maar later die middag
onder die ou koelteboom
sit ek op my draadstoel
soos in 'n droom
en ek sing saam met my fm op die klip
terwyl ek so stadig aan my wyntjie sluk
ver weg van die malspul op die dorp
ver weg van die malspul op die dorp

en die windpomp raas mooi
as die wind hom so looi
en die voor daarvoor
lok as dit reën 'n paddakoor
en die yl mieliekoppe
hoef nie op die halfklaar trokke
na die malspul op die dorp te gaan
dit kan so bly staan
©

Amanda Kaltwasser:
Jou footprints pas oor myne - Liedjie vir Kwagga

Jy deel ja-ja jou kombers met my
ek slaap ja, ja-ja teenaan jou sy
die past se ou dinge is in gister geblik
sommige mense ry op ‘n vurk

Die son se strale maak van ‘n spinnerak ‘n leer
dis nooit vaal in my life want jy is my kleur
ja-ja, o ja
jy is my kleur

Jou footprints pas oor myne
ons trap ‘n ry spore oor die duine
jou vingers is deur myne gevleg
soos Dawid en sy pel is ons twee geheg

Jy deel ja-ja jou seep met my
nog steeds laat jy my vlinders kry
jou oë praat ‘n never ending taal
ons menswees is in mekaar gebaal

Die son se strale maak van ‘n spinnerak ‘n leer
dis nooit vaal in my life want jy is my kleur
ja-ja, o ja
jy is my kleur
©

Amanda Kaltwasser: Swart Mamba - Liedjie

Ek hou van die son se hitte op my vel
my skoen se sole wat die bokmis optel
die fyn sand wat afval tussen my tone
en die skape wat stry vir plek
onder die koeltebome

o ek mis die groot oop vlaktes
die beeste en die huisie in die village
met die kaktus
die hardehout-vure
en stories oor wilde diere.....

as 'n swart mamba jou byt
moet jy weet jou tyd is nou uit
sit dan klippies op jou oë
want die aasvoëls is vinnig daar bo

ek hou van jakkalse wat skree in 'n groep
'n nuwe boklam wat dors na sy ma roep
takkrale wat staan soos forte op die land
'n wit uil op die dak se rand
reëndruppels soms op die sand

o ek mis die groot oop vlaktes
die beeste en die huisie in die village
met die kaktus
die hardehout-vure
en stories oor wilde diere.....

as 'n swart mamba jou byt
moet jy weet jou tyd is nou uit
sit dan klippies op jou oë
want die aasvoëls is vinnig daar bo.
©

Amanda Kaltwasser:
Labolla -Afrikaanse Rap liedjie vir Kwagga.

Die koerantuitknipsels
van die terte
bokant die lendelam tafel in die hoek
word nat
en ek weet die water kook
binne is my kamer vol rook
salig met my kaal voete
op die vloer
staar ek voor my uit
terwyl ek my koffie roer
kyk na die rye
eenerse huise
wat nes myne lyk
ja elkeen van hulle
wat nes myne lyk
ook dink ek aan vanmore
by die koeka-shop
jy was daar
gewag vir die bus
om te stop
en ek droom
van my eie plaas
en van jou by die shop
so aanhou van jou
by die shop
so aanhou van jou
by die shop
so aanhou van jou
by die shop!

en....my oë dwaal na die vet koei in die driveway
en ek wonder wanneer gaan sy kraam
so staan ek en labolla – money beraam

ek werk ja
flippen hard
kloof jou aarde oop
sodat jy dit wat ek plant
later kan verkoop

ek werk ja
flippen hard
maak my merk ja
werk ja
werk ja

en....my oë dwaal na die vet koei in die driveway
en ek wonder wanneer gaan sy kraam
so staan ek en labolla – money beraam

langs die sinkmuur
is 'n halwe hoender
besig om te prut
dit kook stadig
terwyl ek op die stoep sit
my lang bene
is uitgestrek voor my
ek weet ek gaan nie
vir te lank hier bly
ja ek weet ek gaan nie
vir te lank hier bly
ook dink ek aan vanmore
by die koeka-shop
jy was daar
gewag vir die bus
om te stop
en ek droom
van my eie plaas
en van jou
by die shop
so aanou van jou
by die shop
so aanhou van jou
by die shop
so aanhou van jou
by die shop!

maar sometime gaan daai kalfie skop!

en....my oë dwaal na die vet koei in die driveway
en ek wonder wanneer gaan sy kraam
so staan ek en labolla – money beraam

ek droom van my eie plaas
van jou by die shop
ja ek droom
van my eie plaas
en van jou.

Anle Smit: Sterwensuur

die gesig
verhelder
die voete
staan op
die vingerpunte
vind my
jou bloed
kry lewe
ek haal
asem
my brein
dink
hoe dit
was
jou gesig
verstrak
jou voete
loop weg
jou vingers
los
jou bloed
word koud
ek gaan
dood
©

Anle Smit: Wraakgodin:

jy maalkolk in my kop
tornado wat nie stop
die wraakgodin swaai die septer

rukwinde gooi my onderstebo
dit verwoes my sommerso
die wraakgodin swaai die septer

tuimel
tol
tref
verniel
tuimel
tol
tref
my siel

gedagtes hael my stukkend-seer
ek kan dit nie meer verduur
die wraakgodin swaai die septer

blitse rammel in my lyf af
le langs my liefdesgraf
die wraakgodin swaai die septer...
©

McF:
*Geskep as prentjieverhaal en nou uitgestal as Woeste Lirieke ook :)

Die lieflike ballerina.

Nina lieflike ballerina
jy is die koninging
van al die ballerinas.

Nina pretty ballerina....PLAGIAAT!...ek haat plagiaat!

Verdomp! meisie dans! Lig jou kop! Skop op jou voete! en dans, dans. Breek die ketting van Nina die pretty ballerina. Omhels die wêreld met jou dans en word dié danseres.
Dans meisie dans...dans die seeweë se heimwee...

Dans meisie dans...

Ek skryf ( jy dans ) ek skryf (jy dans) ek breek die ketting wat my gedagtes boei...
Lieflike dansende ballerina...ek het jou uit my gedagtes geskryf...Dankie tog!
©

*Prentjieverhale:
http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=2025.msg25803#new

Ipek:
Lied vir Afrika in twee stemme

Sing 'n lied van Afrika Sing van rooi en oker
van eensame vure Sing van die offerdiere
van nagte sonder ure Sing van die warm wintersvure
van ou verhale en geheime Sing van goud en koper
van kruie en medisyne Sing van ouderdom en pyne
van hartseer en weemoed Sing van trane en verdriet
van vreugfe en geluk Sing met die fluit van riet
van geboorte en goeie reen Sing van die vaders se seen
van groen velde, ryk oetse Sing van die lewende reen

maar saggies oor die pes Sing treurig, jonges kwyn
van oues wat verdwyn Sing oor die swaar wat almal dra
van stomheid en verslae' Sing oor 'n soen offer
van ramme en jong diere Sing oor warm bloed
van hoop en moed Sing ja sing van hoop en moed
©

Freek struwig:
Kinderspyse - 'n liedjie

My ou kleintjie, Knoppie Kop,
eet jou vleis en boontjies op,
ook jou rysies en pampoen,
dan kry jy 'n lekker soen!

Refrein:
Vir tjips en vir pizzas en pastas my kind,
is daar geen enkele voordeel te vind!
Daarom sê ek dit uitdruklik vir jou,
om liewer aan vrugte en neute te kou!

Mieliepap maak Kindjie slim,
laat jou ogies pragtig glim.
Vis en eiers is ook goed
om 'n magie mee te voed.

Groot en sterk wil Kindjie word,
glad nie maer en ook nie kort,
dan moet jy jou wortels eet,
ook nog kool en lekker beet.

Die spinasie kan jy laat -
dalk doen dit jou baie kwaad!
Eet jou poeding my klein kind,
jy kan nêrens beter vind!

Ook die lekker uit jou oor,
deur jou oupatjie getoor,
sal vir kindjie heilsaam wees -
eet kan jy dit sonder vrees!!!
©

Lepinotus Patruelis
Bytjie blaas en ons moet sing
Wouter, kan jy jou mening bring
Mense julle moet nou roep
Anders kom Kabouter nooit

Wouter!
Wouter Kabouter!

(dalk soek hy net gou sy bril...)
©